c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
16 Mei 2018
14.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 469
16 Mei 2018
Dienspunt vir Abbotsdale Alistiar Bobbejee, uitvoerende direkteur van Tip Trans knip die lint gedurende die amptelike bekendstelling van die splinternuwe ACVV Malmesbury Dienspunt op Abbotsdale. Inwoners het nou toegang tot die verskeie maatskaplike dienste wat deur dié nie-winsgewende organisasie aangebied word. “Tip Trans is trots op die projek en ek sien uit na die resultate wat hieruit gaan kom, sê Pieter Visser van Tip trans. Die projek is moontlik gemaak deur Tip Trans, Red Hill en Doornkraal Myne, die departement van minerale hulpbronne en die Swartland Munisipaliteit.
•WESBANK EN SCHOONSPRUIT PAK MEKAAR
Tafel gedek vir rugby •Charlotte Lesch Geskiedenis speel vandag op eie bodem af wanneer Schoonspruit Sekondêr en Wesbank Sekondêr van Malmesbury se eerste rugbyspanne vir die eerste keer in 12 jaar weer teen mekaar te staan sal kom. Die eerste rugby-derby tussen dié twee spanne het in 1999 plaasgevind. Die laaste kragmeting op die rugbyveld was in 2006 gesien. Vanuit daardie agt wedstryde het Schoonspruit Sekondêr altesaam vyf wedstryde gewen, terwyl Wesbank Sekondêr twee gewen het en een gelykop gespeel is. Die laaste wedstryd se telling was 36 - 10 in Schoonspruit Sekondêr se guns. Die eerstespan van Wesbank Sekondêr sien uit om weer kragte te meet met dié span van hul teenstanders. Volgens Sherman Farao, afrigter van Wes-
bank Sekondêr, speel hulle in die sogenaamde Wuka-liga. “Die leerders wag al lank wag vir die wedstryd om plaas te vind. Dit (die kragmeting) staan nou weer op na ‘n bitter lang tyd.” Volgens hom is die leerders baie opgewonde oor hierdie wedstryd wat vanmiddag op Wesbank se sportgronde in Alfastraat plaasvind. “Ons het goed voorberei en hard geoefen. Ons is reg.” Vos de Jager, afrigter van Schoonspruit Sekondêr se eerste rugbyspan verduidelik die skole is redelik onbekend aan mekaar aangesien daar vir meer as ‘n dekade laas wedstryde teen mekaar gespeel is. “Dit bring nuwe uitdagings. Dit is egter waaroor sport gaan, om die uitdagings te oorkom,” voeg De Jager by. Die Schoonies jaag die sogenaamde "Tripple Crown". ”Ons groot wedstryde is Hoërskool Swartland,
Hoërskool Piketberg en dan Wesbank Sekondêr. Die eerste twee skole is reeds oorwin so die span is gemotiveerd vir die derde "grootte" van die jaar. “Op die dag is enigiets egter moontlik. Net die tyd sal leer,” sê ‘n opgewonde De Jager. ”Een ding is egter seker. "Die gemeenskap wag al lank vir hierdie stryd, voeg hy by. Die spankapteins, Keanen (Boere) Solomons van Schoonspruit Sekondêr en Ajay Cloete van Wesbank Sekondêr, kon nie voor druktyd bereik word nie as gevolg van hul strawwe rugbyskedules en voorbereidings vir vandag se langverwagte wedstryd. Die kapteins word elk beskryf as ywerige rugbyspelers met ‘n groot passie vir die spel. Beide spanne het die afgelope paar dae voor die groot dag alles ingesit om die beste op die veld te gee.
NUUS • NEWS