courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
16 Mei 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 469
16 Mei 2018
•BURGEMEESTER EN MINISTER GEE TOEKENNINGS
Onderwysers vir hul welslae vereer •Jaomi Zeeman Plaaslike opvoeders is op Dinsdag 8 Mei deur die burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, vereer. Hoërskoolonderwysers van regoor die munisipale-area het tydens ‘n deftige dinee in die Paarl se Stadsaal toekennings vir hul goeie werk en hul leerders se uitstekende uitslae in die 2017 matriekeksamen ontvang. Die burgemeester gee elke jaar erkenning aan alle onderwysers in sy munisipale gebied wat ‘n 100% slaagsyfer in hul onderskeie vakke tydens die matriek-eindeksamen kon behaal. Met hierdie Burgemeester-toekennings vir Uitnemendheid in Opvoeding, wil hy hulde bring aan onderwysers se harde werk, maar ook plaaslike opvoeders aanmoedig om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel. Die leerders van Klein Nederburg Sekondêr, Labori Hoërskool, sowel as Gimnasium Hoërskool het vir vermaak tydens die glansryke geleentheid gesorg en die gaste met dans, sang en vioolspel trakteer. Die burgemeester het die onderwysers met hul leerders se uitstekende uitslae in die 2017 matriekeksamen gelukgewens. “Ek bring hulde aan die onderwysers vir die wonderlike werk wat hulle elke dag doen. Ten spyte van persoonlike uitdagings bly hulle by hul doelwitte en offer hulle daagliks hul tyd en vele ander dinge op om aan ons streek en land se toekoms te help bou. As munisipaliteit is ons verbind tot gehalte-onderrig en die daarstelling van die nodige hulpbronne. Ons vier vandag die werk van goeie onderwysers wat die uitdagings van die onderwys verstaan en opvoeding verskaf wat van toewyding, onselfsugtigheid en goeie leierskap getuig,” het hy gesê. Die geleentheidspreker by die dinee was Debbie Schäfer, minister van onderwys in die Wes-Kaap. Sy het by Poole aangesluit in haar lof vir die onderwysers in ons area wat help om die Wes-Kaapse onderwys op ‘n hoë standaard te hou. “Dit is ‘n voorreg om kwaliteit-onderrig en professionele onderwysers in die opvoedkundige sektor te erken. Ek bring hulde aan elke onderwyser in die Drakenstein-area wat die ekstra myl loop en verder as die minimum-vereistes van hul werk gaan - alles ter wille van die leerders in hul klas. Goeie opvoeding is een van die provinsie se grootste doelwitte en ek hoef nie aan hierdie onderwysers die betekenis van
‘n Trotse Wikus Naude ontvang Hugenote Hoërskool se toekennings namens sy onderwysers.
Bergrivier Hoërskool se skoolhoof en onderwysers wat toekennings ontvang het saam met dr. Fernholdt Galant van die WKOD.
Dr. Fernholdt Galant van die WKOD saam met Wellington Hoërskool se skoolhoof en onderwysers wat toekennings ontvang het.
opoffering te verduidelik nie. Hulle is die draers van die universele waardes wat die provinsiale regering ten opsigte van opvoeding nastreef,” het sy die onderwysers lof toegeswaai. Schäfer het ook klem gelê op die feit dat daar ‘n ommeswaai in die benadering ten opsigte van onderwys in die Wes-Kaap moet wees. “As ons leerders se houding na een van ‘I entered to learn, I will leave to serve’ kan veran-
der, sal leierskap, diens en leer die boustene van die volgende generasie word,” het Schäfer gesê. Burgemeester Poole en minister Schäfer het toekennings aan al die hoërskole in die area oorhandig wat in hul onderskeie vakke ‘n 100% slaagsyfer behaal het. Die skoolhoofde van elke skool het die toekennings namens hul onderwysers in ontvangs geneem.
NUUS • NEWS