c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
30 Mei 2018
16.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 471
30 Mei 2018
Hande aan ploeg geslaan Die 13de Swartland Veterane ploegdag het die afgelope naweek op Môreson buite Malmesbury plaasgevind. Volgens Ernst Coetzee van die Swartland Veterane klub, was die dag een groot sukses. “Ons is baie tevrede met die opkoms.” Meer besoekers het vanjaar se ploegdag bygewoon, voeg hy by. Die amptelike bywoningsyfer sal later vandag bekend gemaak word. Altesaam 48 trekkers het aan die dag deelgeneem en gehelp om sowat 20 ha grond om te ploeg.
•VEEDIEFSTAL RUK OP TEEN ONWETTIGHEDE
Eenheid maak skoon Oortreders in die onwettig handel van wild en in dié geval bedreigde spesies, het onlangs les opgesê danksy goeie samewerking en flink optredes deur die natuurbewaringsorganisasie, CapeNature én Malmesbury se veediefstal -en bedreigde spesie-eenheid. Vier buitelanders is in drie verskillende sake vasgetrek en op 22 Mei in die Bellville-streekshof vervolg. Op 24 November verlede jaar is Koji Ikoma van Japan in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ‘n SAPD-padblokkade buite Bitterfontein te ontduik. Ikoma het tydens die jaagtog ‘n koelsak by die venster van sy motor uitgegooi. Kort na die stof gaan lê het, was polisielede verbaas om 48 Armadillo-gordelakkedisse binne-in in die koelsak aan te tref. Lede van die CapeNature-berwaringsdiens, die biodiversiteitsmisdaadeenheid en die SAPD se veediefstaleenheid van Malmesbury het die toneel besoek en met die ondersoek begin. Ikoma het op drie klagtes skuld erken wat insluit die versameling, besit en vervoer van 48 Armadillo-gordelakkedisse (Ouroborous cataphractus). In sy pleidooi, het hy aangedui dat hy die akkedisse sou verkoop vir finansiële gewin. Ikoma
is ‘n vonnis van 13 jaar tronkstraf opgelê of beboet vir R1 miljoen. Takashi Handa van Japan is later op 29 Desember naby Nuwerus in hegtenis geneem terwyl hy besig was om Armadillo-gordelakkedise in die veld te versamel. Hy is met vyf van dié akkedisse in sy besit betrap. CapeNature en Malmesbury se veediefstaleenheid het wéér die toneel besoek en die saak ondersoek. Handa het verlede week skuld erken op klagtes wat die versameling en besit van dié akkedisspesie insluit. Hy is ses jaar tronkstraf opgelê of beboet met R300 000. In nog ‘n geval is Leo Träger en Holger Pelz, beide van Duitsland op 7 Maart naby Lutzville in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van 21 Armadillo-gordelakkedisse, twee Karoo-gordelakkedisse en drie Peers nama-akkedisse betrap is. CapeNature en die plaaslike veediefstaleenheid het weer kragte saamgespan en ingetree. Die twee Duitse oortreders het skuldig gepleit op aanklagtes van onder meer die versameling en vervoer van 21 Armadillo-gordelakkedisse, die twee Karoo-gordelakkedisse (Karusasaurus polyzonus) en die drie Peers Nama akkedisse (Namazonurus peersi) sonder die skriftelike toe-
stemming van die grondeienaars. Pelz en Träger is elk met ‘n boete van R250 000 opgelê of twee jaar tronkstraf. Deur puik samewerking tussen CapeNature-bewaringsdienste, die biodiversiteitsmisdaadeenheid en die SAPD se veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid van Malmesbury, Nuwerus en Lutzville SAPD, asook die Wes-Kaapse kantoor van georganiseerde misdaad van die nasionale vervolgingsgesag, is drie suksesvolle sake afgehandel en met swaar vonnisse opgelê deur die hof. Volgens CapeNature se uitvoerende hoof, Dr. Razeena Omar, word die uitsprake verwelkom en het op sy beurt al die betrokke partye geluk gewens. Hy meen die goeie spanwerk sal ander kriminele wat die Wes-Kaap se plante en diere wil misbruik vir eie gewin, twee keer laat dink. Die gebeure demonstreer die tipe sukses wat bereik kan word wanneer wetstoepassingsagentskappe saamwerk om suksesvolle vervolging te handhaaf, sê die bestuurder van CapeNature se biodiversiteit-misdaadeenheid, Paul Gildenhuys. “Die vonnisse stuur ‘n duidelike boodskap na kriminele waarteen streng opgetree sal word indien hulle onwettige profyt uit ons biodiversiteit wil maak.”
NUUS • NEWS