courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
30 Mei 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 471
30 Mei 2018
•PROJEK DEEL VAN PLAASLIKE VOEDINGSKEMA
Motorfietsryers en skool span saam •Jaomi Zeeman Die Voor-Groenberg Primêre-skool het op Saterdag 26 Mei reeds vroegoggend hul deure oopgemaak om deel van ‘n innoverende fondsinsamelingsinisiatief te wees. Hierdie skool het met Laerskool De Waveren in Ruiterwacht en ‘n tientalle motorfietsryers saamgespan om fondse vir ‘n voedingskema vir skoolkinders te ondersteun. Volgens die skoolhoof van die Laerskool De Waveren, Eduard Hattingh, moet hul skool daagliks sowat 130 kinders, wat nie kos by hul huise kry nie, by die skool van voedsel voorsien. “Die kinders kry elke dag ontbyt en ‘n gebalanseerde middagete by die skool. Ons kwalifiseer egter nie vir ‘n subsidie hiervoor nie en die skool moet eie inisiatiewe loods om hierdie diens aan ons kinders te kan lewer,” het hy verduidelik. Die Voor-Groenberg Primêre-skool het ook ‘n voedingskema waarmee hul hul leerders van kos voorsien. Vir hierdie doel het hulle ook voortdurend fondse nodig om daagliks etes aan hul leerders te verskaf. Hulle het besluit om met De Waveren saam te span en as die wegspringplek vir ‘n motorfiets-pretren te dien. “Ons verkoop heerlike koffie en eetgoed aan die motorfietsryers met hul aankoms vir die wegspring hier by ons skool. Só samel ons ook geld vir ons voedingskema in en ondersteun ons ook ‘n ander skool wat dieselfde diens aan hul leerders moet verskaf. Boonop smee ons bande met die deelnemers met hierdie inisiatief en
Kinders en nuuskieriges het hulle aan die toertjies en gebrul verwonder toe die motorfietsryers vir die pretren weggespring het. kweek bewusmaking van die nood wat daar by skole is. Ons pragtige ligging en die omgewing waarin ons skool geleë is, is ‘n bonus op hierdie
Eduard Hattingh en Doreen Fortuin, onderskeie skoolhoofde van De Waveren Laerskool en Voor-Groenberg Primêr staan voor van die die motorfietsryers wat aan die pretren deelgeneem het.
mooi oggend vir die wegspring,” het Doreen Fortuin, waarnemende skoolhoof van Voor-Groenberg Primêr gesê. Die motorfietsryers moes met hul aankoms elkeen ‘n registrasiefooi vir die pretren betaal en elke deelnemer het ook skenkings ten bate van die voedingskema saamgebring. Spesiale sakwapens waarop die voedingskema uitgebeeld word, is ook onder die motorfietsryers uitgeloot. “Dit is ‘n voorreg om deel van sulke positiewe inisiatiewe te kan wees. Opvoeding is een van die belangrikste antwoorde vir talle probleme in ons land. As ons almal kan saamwerk, soos wat vandag die geval is, om die uitdagings in die onderwys aan te spreek, kan daar positiewe oplossings en uitkomste wees,” het een van die motorfietsryers laat hoor, terwyl hy aan Voor-Groenberg Primêr se heerlike koffie en muffins gesmul het. Die motorfietsryers het, tot groot vermaak van die kinders en werkers in die omgewing, eers ‘n paar toertjies op hul ysterperde gedoen voordat hul met ‘n groot gebrul vir die pretren vertrek het.
NUUS • NEWS