472 die courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

6 Junie 2018

23.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 472

6 Junie 2018

Nuwe speelpark vir kinders 'n Splinternuwe speelpark vir die jongklomp van Malmesbury is Vrydag amptelik geopen. Die ruimte in Pholapark is deel van die Swartland Munisipaliteit se RSEP-projek en deels befonds deur Sunslim van Anthony Corin, asook Lyners Ingenieurs. Bo knip burgemeester Tijmen van Essen die lint tot die park.

•MODERNE DROOM BY !KHWA TTU NADER VOLTOOIING

San-droom nou waar YZERFONTEIN - Bykans twintig jaar ná sy stigting, word een van die grootste drome van die San kultuur- en opvoedingsentrum !Khwa ttu vanjaar 'n werklikheid met 'n groot nuwe erfenissentrum wat in aanbou is. Die nuwe multimiljoenrand-projek, die enigste vir die San in die wêreld, sal in September vanjaar geopen word. Dit eko-vriendelike sentrum sal met lewende en interessante interaktiewe uitstallings die San se kultuur en geloof uitbeeld met 'n spesiale fokus op die onvertelde stories. Dit sluit 'n moderne museum en 'n ultramoderne multimedia-sentrum, die eerste van sy soort in Afrika, in. Die Switserse antropoloog Irene Staehelin het in 1999 die plaas langs die Weskuspad gekoop vir die !Khwa ttu-projek nadat sy 'n paar jaar tevore met die San-kultuur kennis gemaak het. Die behoefte vir so 'n sentrum waar die San-gemeenskap hul eie mense kon oplei om hul kultuur aan die toeriste en die wêreld te wys, is destyds deur die Werkgroep vir Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (Wimsa) raakgesien. Staehelin het voorheen kultuursentrums in Amerika besoek. Sy het intussen die Ubuntustigting in Switserland gestig om die projek te ondersteun. Dit word tans bestuur deur die !Khwa ttu niewinsgewende maatskappy in samewerking met

Ubuntu en Wimsa en die plaas behoort aan die Meerkat nie-winsgewende maatskappy. Bestuurder Michael Daiber vertel dat hulle tans sowat 18 000 besoekers jaarliks ontvang en hul volgende mikpunt is 24 000 besoekers. Hy voeg by dat die meerderheid toeriste by !Khwa ttu binnelandse besoekers is. Die nuwe moderne museum wat later vanjaar geopen word, het 'n minimalistiese styl en is só ontwerp om so min as moontlik visuele impak op die landskap te hê. Met voltooiing sal die landskap grotendeels op die dak hervestig word. Ook binne die museum is van die rotse wat oopgegrawe is, net so gelaat en sal dit by uitstallings ingesluit word. Die bestaande fasiliteite sluit 'n restaurant

en besoekersentrum (gallery, winkel en konferensiefasiliteite), gastehuise en tentakkommodasie naby die natuur in. Daar is ook San kultuurtoere, stap-, draf- en fietsroetes en heelwat wild op die plaas. !Khwa ttu is ook 'n natuurreservaat. Saam met die bestaande uitstallings bied hul ook 'n kruieteeproe asook 'n opvoedkundige kruietuin met 'n verskeidenheid inheemse plante vir menslike gebruik. Daiber vertel dat die uitstallings die storie sal vertel van die San wat nog altyd in Suidelike Afrika gewoon het en hul geskiedenis teruggespeur kan word so ver as 200 000 jaar gelede. Dit in vergelyking met die veel korter tyd van die moderne beskawings. “Die San se kultuur en leefwyse het tot 'n paar dekades gelede nooit verander nie.” Hy verwys ook na die invloed van die waardevolle werk en navorsing wat Lucy Lloyd en William Bleek in die laat 1800's aan die Kaap gedoen het om die lewensgeskiedenis van die San op te teken. “Die San is een van die armste en mees gemarginaliseerde mense in die wêreld. Nietemin het hulle merkwaardige eienskappe, vaardighede en kennis.” Die museum sal ook uitbeeld hoe die San se leefwyse, anders as dié van die moderne samelewing, volhoubaar en nie omgewingsbedreigend is nie. - (Johan Viljoen)

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.