courant 6 Junie 2018
dié
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 472
6 Junie 2018
•LANDSDIENSPROJEK MET 'N DOEL
Doppies, proppies en knippies vir wiele •Alida Buckle Carla Mostert (13), ‘n oud-leerder van Laerskool Vredenburg en tans in gr.8 by HTS Drostdy in Worcester, se landsdiensprojek vir die jaar is om plastiekdoppies, proppies en broodsakkieknippies bymekaar te maak. Carla hoop om genoeg doppies, proppies en knippies (bread tags) in te samel om ‘n goeie rolstoel aan die veeldoelige gestremde-eenheid by die Nasionale Instituut vir Dowes in Worcester te kan gee. “Landsdiens is al vir baie jare deel van my lewe en my hart klop vla vir mense wat nie al die voorregte het, wat ek geniet nie. Om te kan sien en te hoor; om aan sport deel te neem met ‘n gesonde liggaam – dit is voorregte,” sê Carla. Sy streef Landsdiens SA se leuse, “Dade Nie Woorde NIE” na. Carla het uitgevind dat die Instituut nie op die oomblik geld het vir ‘n rolstoel vir die sorgafdeling nie. “Hulle het ‘n rolstoel nodig om grootmense met meer as een gestremdheid, asook bejaarde dowes, te help.” Die 107 bewoners in die afdeling kan ‘n rolstoel benut in die werkswinkels, in noodsituasies
of as iemand dokter of hospitaal toe moet gaan. Die Bread Tags for Wheelchairs-projek is in 2006 in Kaapstad begin en verskaf elke maand 2-3 rolstoele aan volwassenes en kinders in Suid-Afrika. Carla benodig 200kg se broodsakknippies of 450kg plastiekproppies om genoeg geld in te samel vir een rolstoel. Die plastiek word herwin tot saailingbakke, prenterame, hangertjies en ander items. Die afsetpunte is op die oomblik op Vredenburg: Kleen Eezy en Hoërskool Vredenburg; Saldanha: It's Purified en Salon Ben. Bel Carla se ma, Trisha Mostert, by 079 684 7783.
DA wen verkiesing
Matriculants visit Port:
Transnet National Ports Authority (TNPA) at the Port of Saldanha hosted 13 matriculants from Van Cutsem Combined School in De Doorns on Thursday 31 May to allow them to experience and learn more about the career opportunities at the Port. The learners spent the morning at the Marine Services department and were addressed by Tug Master Captain Collin Pharo before going on a tour of the tug's engine room. They also visited the Vessel Traffic Services (VTS) department, where VTS Controller Ruby Saul took them through the function of a VTS Controller within Port Operations.
SALDANHA – Charleen van Nooi (54) van die DA het verlede week se tussenverkiesing in White City met ‘n meerderheid van 181 stemme gewen, maar dit is minder stemme vir die DA as in die vorige verkiesing. ANC-kandidaat Barenice ‘Barry’ Cortje (38) het 512 stemme gekry wat beteken dat Van Nooi met 52,82% wen teenoor voormalige wyksraadslid Ryan Don se 69.99% in die vorige verkiesing. Bongani Booi (47) kry 32 stemme vir die EFF en Kathleen ‘Truintjies’ Heynes (66) 75 stemme vir die Icosa (die Onafhanklike Burgerlike Organisasie vir Suid-Afrika). Net 1 320 kiesers van die 3 283 geregistreerde kiesers, sowat 40%, in White City het egter aan die tussenverkiesing in die Schutersaal langs St Andrew’s Primêr en die Berseba-kerksaal in Dolfynstraat deelgeneem. Agt stembriewe was bedorwe.
NUUS • NEWS