473 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 Junie 2018

25.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 473

13 Junie 2018

Misverstand loop oor Die Misverstanddam naby Moorreesburg het twee weke gelede begin oorloop ná goeie reën. Daar word nóg heelwat reën van môre oor die streek voorspel. Die Voëlvlei-Bergrivier-aanvullingskema wat die Voëlvleidam se water uit die Bergrivier sal aanvul, behoort volgens die nasionale departe-

ment van waterwese in Junie 2021 water na die dam te begin voer. Die projek het reeds omgewingsgoedkeuring gekry en die departement wag nou op goedkeuring van die minister van finansies om die dringende lening vir die bespoediging van die projek te bekragtig. Naas die water wat dorpe soos Piketberg en boere uit die benede-Bergrivier

pomp, vloei die res van die water tans by Velddrif in die see. Waterwese-woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die konstruksie is geskeduleer om in Oktober 2019 te begin. Die koste van die projek word op meer as R500 miljoen geraam en sluit 'n keerwal en pompstasie by Sonkwasdrif in.

•EINDIG SESDE IN CROSSFIT IN SPANJE

Nel bult haar spiere

•Charlotte Lesch Lize Nel, fiksheidsfundie van Malmesbury, se Suid-Afrikaanse Crossfit-span het sesde geeindig in die tweede been van die Crossfit Spele wat in Spanje, Caja Mágica, plaasgevind het. Nel, ‘n boorling van Malmesbury, beskryf die ervaring as ongelooflik en een wat sy nie sommer sal vergeet nie. “Ek het so baie geleer. Die byeenkoms was wêreldklas,” vertel sy. Nel het in 2013 ná matriek by die Universiteit van Noordwes aangesluit om kommunikasiewese te gaan studeer. Sy het daar besluit om iets omtrent haar gewig en fiksheidsvlakke te doen. Sy is aanvanklik op Potchefstroom aan dié sport bekendgestel. In Pretoria, sluit sy aan by die Crossfitklub, PBN (Power Beyond Measure) waar dinge meer kompeterend begin raak het. Wanneer sy nie oefen nie, bestuur sy haar hokkieklub, Hockey Heroes. Dit is die eerste jaar wat sy in ‘n span kwalifiseer om aan die tweede rondte, wat die streekskampioenskappe is, deel te neem. Altesaam vier spanne van Suid-Afrika het na die tweede rondte deurgedring nadat hulle as individue in die eerste aanlyn-rondte gekwalifiseer het. Haar spanlede Celeste Maritz, Brandon Jacobs en Gerhard van der Merwe, is elkeen lid van die PBN-gimnasium. Suid-Afrika val saam met die Midde-Ooste en Suid-Amerika. Dié streek staan bekend as die Miridian-streek. Die streekskampioenskappe het oor drie naweke vanaf 18 Mei tot 3 Junie reg oor die wêreld plaasgevind. Die Miridian-streekskampioenskappe het va-

Bo: Lize Nel van Malmesbury (tweede van regs) het saam met haar spanmaats 'n sesde plek �������� ompetisie in Spanje behaal. naf 1-3 Junie in Spanje plaasgevind. Slegs die top vier spanne dring uiteindelik deur na die derde en laaste rondte van die Crossfit Spele, waartydens die fiksste persoon ter wêreld aangewys word, verduidelik Nel. Sy en haar spanlede was slegs twee plekke weg van die groot kampioenskappe. Nel is

hartseer dat hulle nie deurgedring het nie, maar tog steeds baie in haar skik met ‘n sesde plek. “Dit is steeds baie goed,” voeg sy by. Ons het baie geleer uit die ervaring.” Haar doelwit is om volgende jaar minder foute te maak en beter te vaar, sodat hulle vir die laaste rondte kan kwalifiseer.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.