473 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

13 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•DEUR RAAD GOEDGEKEUR

Uitgawe 473

13 Junie 2018

2019: Drakenstein begroot R2.8 biljoen •Jaomi Zeeman Drakenstein Munisipaliteit se burgemeester, Conrad Poole, het die 2018/2019 begroting tydens ‘n besigheidsontbyt by Boschenmeer op Vrydag 1 Junie bekendgestel. Dit volg ‘n dag nadat die begroting op 31 Mei deur die Munisipale Raad goedgekeur is. Die munisipaliteit se eie facebookblad, wat vanaf 1 Junie in werking is, is ook tydens die geleentheid bekendgestel. Volgens burgemeester Poole is die nuwe begroting veral daarop gefokus om ‘n positiewe verskil in die armstes van armes se bestaan te maak. Hierdie pro-armes benadering wil ‘n sigbare verskil in 2018/2019 bewerkstellig. “Ons het na die gemeenskap geluister. Ons begroting is op ekonomiese groei en ontwikkeling, die sosio-ekonomiese behoeftes van die inwoners van Drakenstein, sowel as op ons finansiële volhoubaarheid gebaseer,” het burgemeester Poole gesê. Hy het die begroting van R2.854 biljoen, wat uit ‘n R2.392 biljoen operasionele begroting en ‘n R454 miljoen kapitaalbegroting bestaan, by ‘n vergadering van die Drakenstein Munisipale Raad op Donderdag 31 Mei voorgehou. Die Drakenstein Munisipaliteit is die grootste plaaslike munisipaliteit buite Kaapstad in die hele Wes-Kaap. Gebaseer op die munisipaliteit se vyf jaar Geïntegreede Ontwikkelingsplan, sluit die 2018/2019 begroting allokasies vir uitgawes in veral programme wat Publieke Werke, Water en Sanitasie, beligting in informele nedersettings, goed-ontwikkelde, geïntegreerde padnetwerke, beligting by sportfasiliteite, parke en begraafplase, toerisme en dienslewering sal aanspreek, in. “Van nou af sal ons die Publieke Werke Programme vanaf ‘n ander perspektief benader. Dit is belangrik vir ons om werksgeleenthede op ‘n regverdige, deursigtige wyse te skep en dienslewering te verbeter,” het burgemeester Poole gesê. Om hierdie rede maak die 2018/2019 Publieke Werke Program vir meer as 2000 werksgeleenthede, teen ‘n koste van R19.5 miljoen, voorsiening. Altesaam R86.7 miljoen van Drakenstein se R101.8 miljoen Menslike Nedersettingstoelae vir die nuwe finansiële jaar sal op grootskaalse en interne infrastruktuurdienste, sowel as 240 huise vir die Vlakkeland Behuisingsprojek bestee word. ‘n Addisionele R11.4 miljoen is vir die

Sakelui, munisipale raadslede en lede van die uitvoerende munisipale raad het tydens die Sake-ontbyt na die nuwe begroting geluister. verbetering en onderhoud van basiese dienste in informele nedersettings geoormerk. Om te verseker dat skoon drinkwater en sanitasie ‘n prioriteit bly, het die munisipaliteit R137.8 miljoen vir projekte wat ou waterpyplyne sal vervang, groot rioollyne sal opgradeer, ‘n 8-megaliter reservoir tot stand sal bring, sowel as die opgradering en uitbreiding van die Wellington en Paarl Rioolwater Suiweringswerke sal bewerkstellig, bewillig. Ander waterprojekte sluit boorgate en filtrasie-aanleg infrastruktuur om drinkwater aan al Drakenstein se inwoners te verseker, in. 1400 vooraf-betaalde watermeters sal ook geïnstalleer word om geldinvordering te verbeter en met geïdentifiseerde watervermorsers af te reken. “Die ekstra R20 miljoen wat ons hiervoor bewillig het, sal sorg dat ongeveer 1620 ekstra informele woonstrukture toegang tot elektrisiteit sal hê. Hierdie toekenning sal die elektrifiseringsprogram van informele strukture bespoedig en die lewenskwaliteit van mense wat in hierdie gebiede woon, verbeter. Ons is pynlik bewus van die feit dat ‘n gebrek aan elektrisiteit mense in armoede en swak omstandighede verder verarm. Dit beroof hulle van toegang tot geleenthede

soos opvoeding, vaardigheidsontwikkeling en werksgeleenthede,” het hy gesê. R55.6 miljoen is vir die opgradering en konstruksie van parke, swembaddens en sportfasiliteite opsygesit. Om Drakenstein se groeiende reputasie as ‘n toerisme-heenkome van keuse te versterk, wil die Munisipaliteit voortgaan om wêreldklasgeleenthede soos die Absa Cape Epic, die Bergrivier-kanomarathon, die Fisherman’s Friend Strong man Run, die Safari Halfmarathon en ander groot geleenthede te ondersteun. ‘n Geïntegreerde benadering tot die bekamping van misdaad sal ook in die nuwe begroting aandag geniet. ‘n “Doctor Smart Safety Network”, waar daar met omliggende munisipaliteite ten opsigte van misdaadbekamping saamgewerk gaan word, sowel as ‘n “Boppies on the beep”-program, wat sal poog om veral in Wellington ‘n meer sigbare wetstoepassing te bewerkstellig, is deel van hierdie planne. Burgemeester Poole het die visie van die nuwe begroting met ‘n aanhaling van oud-president Nelson Mandela saamgevat. Die volledige begrotingsrede kan by www. drakenstein.gov.za gelees word.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.