473 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

13 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 473

13 Junie 2018

Misverstand loop oor Die Misverstanddam naby Moorreesburg het twee weke gelede begin oorloop ná goeie reën. Daar word nóg heelwat reën van môre oor die streek voorspel. Die Voëlvlei-Bergrivier-aanvullingskema wat die Voëlvleidam se water uit die Bergrivier sal aanvul, behoort volgens die nasionale departe-

ment van waterwese in Junie 2021 water na die dam te begin voer. Die projek het reeds omgewingsgoedkeuring gekry en die departement wag nou op goedkeuring van die minister van finansies om die dringende lening vir die bespoediging van die projek te bekragtig. Naas die water wat dorpe soos Piketberg en boere uit die benede-Bergrivier

pomp, vloei die res van die water tans by Velddrif in die see. Waterwese-woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die konstruksie is geskeduleer om in Oktober 2019 te begin. Die koste van die projek word op meer as R500 miljoen geraam en sluit 'n keerwal en pompstasie by Sonkwasdrif in.

•KOSSE TE KIES EN TE KEUR OPGEDIS

Palletfees met kerk se pik en proe Alida Buckle SALDANHA – Vir baie gesinne is die NG Kerk Saldanha se jaarlikse Pik-en-proe-aand al ‘n instelling op hul kalender. Daar is nie nog ‘n plek waar jy so 'n groot verskeidenheid sal kry nie. Of jou gunsteling nou lamsbredie, hoenderpastei, afval, lewer of warm nagereg met vla is, of sjokoladekoek, lasagne, groente met witsous, om maar ‘n paar te noem, jy sal dit daar kry. Op Vrydag 2 Junie is daar weer so gemaak en nuwelinge wat met openingstyd om 18:00 opgedaag het, moes spring om by hulle gunstelinge uit te kom, want dit het gewemel van mense – almal vol adrenalien gepomp om betyds by hul geliefkoosde disse en nageregte uit te kom. “Dis amper soos om vir my eie kos te jag,” het een vrou uitasem gesê. Die kos is op lang tafels al om die kerksaal se muur uitgepak, met ‘n paar tafels in die middel waar mense kon aansit en eet.

Dit was ‘n geskarrel met die oningeligtes wat met stapels los plastiekbakkies rondhardloop en die ge-konfyte pik-en-proeërs wat met bakkies in kratte en sakke opgedaag het. En hulle het ook eetgerei onthou. Teen R6 ‘n skep was dit beslis die moeite werd. Sommiges het plaasporsies ingeskep, ander meer konserwatief ... of jy moes vir twee happies betaal. Die nageregskeppers was oor die algemeen vrygewig. En, net so skielik as wat die massa mense teen mekaar moes beur om by hul gekose dis uit te kom, so skielik was die bakke leeg en die rye weg. Almal is huis toe om aan hul feesmaal te gaan wegval, wat in baie se geval, die hele naweek aan gesmul is. Na raming is daar vanjaar meer as 3000 skeppies kos verkoop. Beslis nie ‘n gebeurtenis om volgende jaar te mis nie.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.