c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
NUUS • NEWS
27 Junie 2018
38.8%
Uitgawe 475
Bou saam met goeie nuus
27 Junie 2018
•KANKERLEIER VAN MOORREESBURG GLIMLAG
Lexi hou partytjie Sewe jaar gelede op 15 Junie is Erica en André Rhoode van Moorreesburg geseën met die geboorte van hul babadogtertjie Alexis. Alexis, beter bekend as Lexi, het vanjaar vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ‘n behoorlike verjaarsdagpartytjie buite hospitaalmure met haar maats geniet danksy die liefde en ondersteuning van die plaaslike gemeenskap. Lexi is in Februarie 2015 op die ouderdom van drie jaar en agt maande met die kanker, Neuroblastoma gediagnoseer. Lexi het vinnig gewys sy is van staal gemaak. Behandeling wat onder meer chemoterapie en bestraling by die Rooikruis Kinderhospitaal insluit, het onmiddelik begin. Teen die tyd wat Lexi vier geword het, kon die dokters drie gewasse suksesvol agter haar niere verwyder. Augustus 2016 kry kleine Lexi ‘n terugslag en behandeling is weer hervat. Dié keer was die gewas op haar brein. Dokters het geglo dat sy dit nie sal oorleef nie. Sy het almal verbaas en gewys watter veggees in haar steek, nadat die gewas gedurende Desember 2016 suksesvol verwyder is. Sy het verder behandeling tot Augustus verlede jaar ontvang. Kort voor haar sewende verjaarsdag waarna sy al so lank uitsien, keer die kanker terug. Lexi het Maandag weer met behandeling begin. Hoewel haar partytjie vir ‘n paar dae uitgestel is, is dit nie afgestel nie. Die partytjie wat verlede Dinsdag plaasgevind het, is moontlik gemaak nadat Michelle du Toit van Moorreesburg en eienaar van Fancy Mekostuum verhuring, besluit het sy wil graag iets spesiaal vir Lexi se sewende verjaarsdag doen. Du Toit het almal genader om dit moontlik te maak. “Die mense was so fantasties dat almal dadelik ingestem het om te help,” vertel sy. Irma de Jager, eienaar van De Stalle, het onder meer die lokaal gratis vir die partytjie aangebied. Yolanda van Rensburg van Considerthis, het die dekor behartig en die eetgoed en partytjiepakkies verskaf, terwyl Pennie de Klerk ook vir die dekor verantwoordelik was en Kansa Malmesbury kleursproei vir die partytjiegangers se
Soms wil sy ‘n dokter raak soos dié waarmee sy byna weekliks te doen kry en ander kere ‘n onderwyseres soos haar juffrou Belinda Smit by Laerskool Dirkie Uys wat haar skoolwerk huis toe stuur wanneer Lexi nie kan gaan nie. Volgens Erica moet Lexi een keer per week vir behandeling gaan. Die Rhoodes moet, behalwe vir brandstof, elke drie weke R6000 uit die sak gee vir haar behandeling. Hulle is baie dankbaar vir al die finansiële ondersteuning wat hulle al in die verlede gekry het. Indien enigiemand ‘n bydrae tot Lexi se behandeling wil maak, kan Erica by 071 290 5422 gebel word.
hare gegee het. Le Must Eatery het op hul beurt weer die melkskommels vir die partytjie gemaak. Erica en haar gesin is baie dankbaar teenoor almal wat tot die partytjie vir hul dogter bygedra het. Sy beskryf Lexi as ‘n brawe dogtertjie wat steeds die pret uit die lewe put en speel, ongeag haar omstandighede. Sy is mal oor poppe en alles wat daamee gepaard gaan. “Dit gaan goed met haar. "Sy is brawer as haar ma en aanvaar die volgende rondte van behandeling,” voeg sy by. Lexi het steeds groot drome vir die toekoms.
Damvlakke styg stelselmatig Die vlakke van die damme wat die Swartland en omliggende gebiede van water voorsien, het 'n groot styging getoon. Die Voëlvleidam, die hoofvoorsiener van water aan die streek, se vlak staan tans op 38.2%.
Die Theewaterskloofdam het verlede week op 27.2% gestaan, maar is tans 30.4% vol, in vergelyking met 2017 se 18.6%. Die totale persentasie van die groot damme in die Wes-Kaap, staan tans op 43%.
Verlede week dieselfde tyd het dit op 30.3% gestaan. Op dieselfde dag in 2017 het die water slegs die 18.4%-vlak gehaal. Die Bergrivier staan op 67.8% in vergelyking met 2017 se 36.5%.
SAVE
combo
deal
R5
SUPA DEALS
CHICKEN DRUMSTICKS
33
.99 p/kg SAVE
R16
69
.99 p/kg
R10
SANDWICH HAM DELI
19.50 for 3
Lik e & Sha re our
SAVE
SMOKED PORK RASHERS
MIXED VEGETABLES 500G X 3
49.99 p/kg
Face bo ok
pag e by the 1st of July & sta nd a cha nce to
w in
1 of 5 R25 0 Bri tos vouche rs! brit os meat cent reS
Prices valid at all Brito’s stores from 27 June - 1 July 2018. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. ALL STORES ARE OPEN 1 JULY EXCEPT KUILSRIVER, MONTAGUE GARDENS AND KAYMOR. www.britos.co.za