courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
27 Junie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 475
27 Junie 2018
•MARINDA VAN WYK SKRYF WEER 'N VERHAAL
Langebaner se pen lewer nog ‘n roman Alida Buckle LANGEBAAN – Die innemende skrywer, Marinda van Wyk, se derde geskiedkundige roman, Dors, is Saterdag 23 Junie by die White Sands-restaurant bekendgestel. Dit was ‘n eerste vir die span by Bargain Books in Laguna Mall en hulle was in hul skik met die goeie opkoms. Bekende joernalis en radiopersoonlikheid, Dawie du Toit, het tydens die bekenstelling ‘n onderhoud met Marinda gevoer. Marinda het jare aan die manuskrip vir Dors geskryf, maar dit eers ná haar skoonma, ‘n afstammeling van die Dorslandtrekkers, se dood klaargemaak. “Mense onthou mos maar dinge soos wat hulle dit wíl onthou, en soms verskil dit hemelsbreed van hoe dit werklik was.” Marinda en haar man, Jan, woon al sedert 2000 in Langebaan, waar sy voltyds skryf. Jan is haar eerste leser en dra baie by tot haar boeke, vertel Marinda. As daar te veel geskiedenis en te min storie op ‘n plek is, sê hy gou dat hulle nou in diksand vassit. Dors handel oor die tweede Dorslandtrek in 1876 toe verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Marikori-
Radiopersoonlikheid Dawie du Toit en skrywer Marinda van Zyl gesels oor Dors.
omskep.
viere na Damaraland getrek het. Om daar te kom, moes hulle 'n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. “Dit is die produk van baie navorsing en is gegrond op ware gebeurtenisse,” het Marinda gesê. Marinda plaas haarself in die skoene van haar karakters as sy geskiedkundige feite in ‘n verhaal
Sy hou hoofsaaklik by historiese karakters maar skep nuwes om die spanningslyn te dra. Soos Dors se Adriana, ‘n sterk hoofkarakter wat nie stereotipies is nie en wat Marinda gebruik het om karaktergroei te toon. Marinda glo dat sy nie hoë letterkunde probeer skryf nie, want dan gaan niemand dit lees nie. Dors handel oor meer as net die dors na water. Dit gaan ook oor die dors na mag, maar ten spyte van die fel magstryd tussen die voormanne om die hoofleier van die trek te wees is Dors inherent ‘n liefdesverhaal. Marinda se navorsing dui daarop dat 40% van die trekkers en hul werkers uiteindelik omgekom het aan malaria en ander siektes. Dors is onder meer te koop by alle Bargain Books. • Marinda is in 1948 in Gobabis, Namibië, gebore en in 1971 in Windhoek met haar chemikus man, Jan, getroud. Sy het ‘n BA-graad en Onderwysdiploma aan die Potchefstroomse Universiteit behaal. In 1976 verhuis hulle na Bloemfontein en in 1984 na Vanderbijlpark. • Marinda behaal verskeie grade: Honeursgrade in Geskiedenis en Biblioteekkunde, 'n MA in Geskiedenis, M.Bibl. (cum laude) en ‘n Ph.D. in Geskiedenis. • In 1988 haal haar debuutnovelle, Die Reëndagbesluit, die kortlys van die Sarie/ATKV-novellewedstryd. Dit word in 1991 in die bundel, Bittersoet Sewe, deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer. In 2011 is sy die naaswenner in Lapa se romanwedstryd met Vrypas na Vergenoeg, wat as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer word. • In 2015 haal Amraal die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Dit word in Februarie 2016 gepubliseer. • Wilhelmina Radebe kom tuis en Amraal is op RSG voorgelees.
NUUS • NEWS