c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
4 Julie 2018
44.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 476
4 Julie 2018
Groot dele van die provinsie het die laaste paar dae snerpende koue ervaar met 'n kouefront wat goeie reëns asook swaar sneeuval op die hoogliggende berge veroorsaak het. Dit is intussen ook nog skoolvakansie en Darius, Christiaan en Clarize Nell van Malmesbury het vroeg Maandagoggend in die sneeu op die Swaarmoedpas buite Ceres gaan baljaar. Foto: Johan Viljoen
•BEPERKINGS STEEDS IN PLEK, ONDANKS REËN
Riviere vloei sterk
Inwoners van die Swartland word steeds aangemoedig om water spaarsamig te gebruik, ondanks die welkome reënval wat opgedroogde riviere binne die afgelope paar dae weer nuwe lewe ingeblaas het. ‘n Vloeiende Dieprivier het laat Sondagaand en Maandag vir groot opwinding onder inwoners gesorg toe watervlakke behoorlik gestyg het. Die watermerk het tot teen die bekende laagwaterbrug op Malmesbury gestyg. Volgens die Swartland Munisipaliteit, was die Dieprivier gedurende 2013 se winter laas in vloed. ‘n Bo-gemiddelde reënval van 514.8 mm is daardie jaar volgens die reënvaldata van die Suid-Afrikaanse Weerkantoor op Langgewens, die plaaslike departement van landbou se proefplaas tussen Malmesbury en Moorreesburg aangeteken. ‘n Gemiddelde totaal van 102.8mm reën is op Langgewens deur die weerkantoor in Junie vanjaar vir die Swartland gemeet. Dit is slegs
3.8mm meer as verlede jaar dieselfde tyd. In 2016 het Juniemaand ‘n totaal van 105mm reën opgelewer. Hoewel daar nog geen reënvaldata vir Julie vanjaar deur die weerkantoor uitgereik is nie, is daar reeds meer as 28.4 mm reën, die totale hoeveelheid wat verlede jaar Julie in die Swartland geval het, deur plaaslike inwoners se reënmeters gemeet. Op Malmesbury is daar sedert 1 Julie onder meer reeds ongeveer 43mm reënval aangeteken, terwyl sommige dele van die Swartland sowat 50 mm reën aangeteken het. Volgens die weerdiens was ‘n gemiddelde reënval per jaar op Langgewens sedert 1930 tot 2015, 404mm gewees. Volgens die Wes-Kaap se departement van omgewingsake, het die hoofdamme se vlakke gedurende die afgelope paar dae met meer as 5% gelig. Die Bergrivierdam het 159mm reën in die afgelope sewe dae ontvang, terwyl die Theewaterskloofdam 51 mm reën in dieselfde periode ontvang het.
Die departement van waterwese en sanitasie het nog geen aanduiding gegee aangaande verligting van waterbeperkings nie, sê Roelof du Toit, waarnemende munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit. “Aangesien die watervoorsieningstelsel vir die streek as 'n geheel bestuur word, is die vlak van Voëlvleidam nie alleen ’n bepalende faktor vir die verligting van waterbeperkings nie,” verduidelik Du Toit. Die vlak van die Voëlvleidam is volgens die jongste beskikbare inligting 44.6% vol, terwyl die watervoorsieningstelsel op 48.3% staan, teenoor verlede week se 36.2%. Die Voëlvleidam was verlede jaar die tyd 20.2% vol. Dit is op die stadium steeds te vroeg om te bepaal watter persentasie rakende damvlakke teen die einde van die reënvalseisoen bereik gaan word. “Daar word wel in die vooruitsig gestel dat indien verdere reënval voldoende is en namate die bronne herstel, waterbeperkings met verdrag gelig sal kan word,” voeg hy by.
NUUS • NEWS