courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
4 Julie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 476
4 Julie 2018
•GROET NA 36 JAAR BY BERGRIVIER HOËRSKOOL
Geliefde onnie roep skoolbanke vaarwel •Jaomi Zeeman Sonia le Cordeur is al vir meer as drie en ‘n half dekades deel van Bergrivier Hoërskool se mooi stories en suksesverhale. Vir 36 jaar lank het sy as onderwyseres by hierdie plaaslike skool talle jongmense se lewens help vorm en hul op die pad na hul toekomsdrome begelei. Haar ryke onderwysloopbaan het egter aan die einde van die tweede kwartaal tot ‘n einde gekom toe sy uit diens van die WKOD getree het. Sonia het in 1981 saam met haar man, Michael, by Bergrivier Hoërskool begin werk en sy was die afgelope 36 jaar ononderbroke in diens van die skool. Sy het aanvanklik as ‘n naaldwerkjuffrou begin, maar later Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal van graad 8 tot 12 onderrig. Sonia het onlangs ‘n eretoekenning van die WKOD ontvang vir uitnemende prestasie toe haar matriekklas ‘n 100% slaagsyfer in Afrikaans Eerste Addisionele Taal behaal het. Bergrivier Hoërskool het tydens ‘n spoggeleentheid by die Boschenmeer Landgoed op gepaste wyse van hierdie staatmaker in hul midde afskeid geneem. Tydens die afskeid het die skoolhoof, mnr. Gordon Julies, wat ook 36 jaar gelede saam met Sonia by die skool begin het, aan haar hulde gebring. “Haar klas het altyd die beste gevaar van al die klasse. Sy het vir die 36 jaar wat sy by die skool betrokke was nie een enkele reël oortree nie,” het hy gesê.
Sonia het op haar beurt in haar afskeidstoespraak genoem dat sy die laaste tyd begin agterkom het dat die leerders vir wie sy oor die jare skoolgehou het, se kinders al by haar in die klas sit. “Dit is toe dat ek besef het dat ek miskien moet halt roep,” het sy laggend gesê. Gordon Julies, wat net soos Sonia ook ‘n oud-leerder van Paulus Joubert Sekondêre Skool is, tree die einde van die jaar af. Sonia se man, prof. Michael le Cordeur, ‘n oud-leerder en -onderwyser van Bergrivier Hoërskool, het intussen aanbeweeg en is tans in diens van die Universiteit Stellenbosch as hoof van die Departement
Miriam en Vicky stap die pad saam vir afgelope 40 jaar
Hertog van Wellington spog met splinternuwe naam
Kurrikulumstudie. Sonia en haar man het besluit om terug te ploeg in Bergrivier Hoërskool deur middel van twee pryse wat hul jaarliks aan leerders skenk, naamlik die Michael le Cordeur-prys vir Afrikaans Huistaal en die Sonia le Cordeur-prys vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Alhoewel Sonia nie meer soggens in die personeelkamer van Bergrivier Hoërskool sal aanmeld nie, beplan sy allermins om nou net te gaan stilsit. “Ek gaan beslis nie stilsit by die huis nie en beplan nog baie aktiwiteite saam met my ou skool,” sê sy.
Lotze-tweeling sorg dat Wellington dubbel-veilig bly
NUUS • NEWS