476 dié courant weskus

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

4 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 476

4 Julie 2018

Snoek en Patat

Die jaarlikse Snoek- en Patatfees is die naweek op Goedverwacht gehou. Hier is daar heerlik gesmul aan die lekkernye wat die omgewing bied. Die blaasorkes het ook vir vermaak gesorg.

•SNEEU VAL OP BERGPIEKE SORG VIR BIBBERWEER

Skerp styging in damvlakke ná reën WESKUS – Volgens die nuuste damvlaktabel van die kantoor van Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, is al die damme en wateropvangsgebiede voller as dieselfde tyd verlede jaar. “Damvlakke in die Wes-Kaap bly steeds toeneem as gevolg van die voortgesette winterreënval. Groot damme in die provinsie het die afgelope week met meer as 5% voller geword. Die Bergrivierdam (waaruit die Weskus ook water kry) het die afgelope sewe dae 159mm reën ontvang, terwyl die Theewaterskloofdam 51mm in die tydperk gehad het.” Die gemiddelde vlak vir damme regoor die Wes-Kaap is 41,5% (2017: 23,6%). Verlede week was die vlak 36,2%. Die damme wat die Stad Kaapstad voed, is nog voller op 48,3% (2017: 24,8%). Bredell sê al die opvangsgebiede vertoon aansienlike verbetering behalwe een – die Gouritzrivieropvanggebied, wat water aan gebiede

in die sentrale Karoo. "Areas in die Karoo, die Kleinkaroo, Boesmanland en Langkloof wag nog op verligting. Op provinsiale vlak moet ons voortgaan om aan waterbeperkings te handhaaf en die vraag na water te verminder." Saldanhbaai se munisipaleraad het vroeër in Julie besluit om sekere Vlak6-waterbeperkings te handhaaf, maar ander te verlaag na Vlak 4. (Sien berig op dié courant se Facebook-blad). Bredell het die publiek gewaarsku om kennis te neem van weerberigte, insluitende verslae van uiters koue en sneeuval oor groot dele van die provinsie. "Provinsiale sowel as munisipale rampbestuursentrums sal ten volle operasioneel wees met beamptes op konstante gereedheidsgrondslag. Hierdie sentrums kan onmiddellik geaktiveer word indien nodig. Weskusser word aangeraai om hul naaste rampbestuursentrum so vinnig as moontlik te kontak indien 'n noodgeval plaasvind. Die mak-

likste nommer om te onthou om in 'n noodgeval te skakel, is 112. Hierdie nommer kan gratis van enige selfoon geroep word. "Ons doen ook 'n beroep op gemeenskappe om met plaaslike owerhede en noodreaksiepersoneel saam te werk in geval van noodgevalle." Damme se statistieke: Theewaterskloofdam - 34,1% vol hierdie week (2017: 19.2%. Verlede week: 29%) Voëlvleidam - 44,6% vol hierdie week (2017: 20.2%. Verlede week: 38%) Bergrivierdam 78% vol hierdie week (2017: 35%. Verlede week: 67%). Clanwilliamdam 67,7%. (2017: 19%. Verlede week: 57,4%) Bergrivieropvanggebied 49% voller, Breërivier-pvanggebied 40%, Gouritzrivieropvanggebied 45%, Olifantsrivier/ Doornrivieropvanggebied 82%. Die Wes-Kaap se damme staan dus gemiddeld op 46% vol.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.