477 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

11 Julie 2018

52%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 477

Spuitvliegtuie word nou oral in die Swartland gesien waar hulle besig is om die landerye te bespuit.

11 Julie 2018

Foto: Johan Viljoen

•KORING EN KANOLA SE OPKOMS LYK GOED

Produsente juig

In boerdery kan die uitdrukking, “te veel” ‘n goeie én ‘n slegte betekenis inhou. Vanjaar kan hierdie sê-ding positief aangewend word oor die afgelope reënval. Sedert 1 Julie vanjaar het daar reeds tot 45mm reën op sekere plekke in die Swartland geval, terwyl Junie tot 102mm reën gesien het. Produsente van onder meer koring en kanola in die Swartland juig sover oor die goeie opkoms van hul hoof- en kontantgewasse. Weerstoestande is gunstig en vooruitskattings lyk belowend, sê Louis Coetzee van Kaap Agri. Volgens Gareth de Bruin, landbou ekonoom van Kaap-Agri, het die reën op die regte tye geval, wat op sy beurt weer aanleiding gegee het tot ‘n goeie ontkiemingsproses. Die afgelope week se warm weer is ook ideaal wat produsente kans gee om op die lande te kom, kunsmis te saai en die nodige swam- en insekdoders te spuit. Produsente kan moontlik bietjie druk ervaar wat swamme

betref, maar die meeste boere tref jaarliks voorbereiding met ‘n goeie spuitplan wat gevolg word, verduidelik hy. “Die kanola lyk vanjaar baie goed,” voeg De Bruin by. Volgens sommige produsente is kanola tot ‘n maand voor in vergelyking met verlede jaar. Verlede jaar dieselfde tyd het kanola plek-plek in die Swartland begin uitkom, hoewel dit op daardie stadium volgens produsente nog baie agter was. Izane Crous, landboukundige vir Soill in die Swartland, is baie opgewonde oor die opkoms van vanjaar se kanola. In die Swartland alleen is daar sowat 17 000 ha kanola vanjaar geplant. "Die kanola lyk baie mooi en produsente is gelukkig." Sy sê verder dat die kanola sowat ses tot agt weke vroeër as verlede jaar opgekom het wat 'n goeie aanduiding is van die biomassa wat toegeneem het. Die kanola van vanjaar hou

goeie potensiaal in. Wat oesskattings betref, word 'n belowende opbrengs van 1.7 ton/ha verwag. Hoewel kanola 'n onbepaalde groeifase het, sal dit ideaal wees as dit tot laat in September nog reën. Volgens Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, was daar ook verlede jaar meer gars geplant. “Hoewel daar nog baie geleer kan word rondom die verbouing van gars in die Swartland, is hektare van die gewas aan die groei. Volgens die oesskatingskomitee se voorname om te plant het gars aanplantings in totaal oor die land met 4320 ha toegeneem,” sê De Bruin. Vanjaar se hoeveelheid aanplantings sal eers bepaal word sodra die eerste oesskattings vir die Swartland later vandeesmaand bekend is. Produsente hoop nou vir ‘n laat winter met September wat gewoonlik een van die belangrikste maande is vir ‘n gunstige oesjaar.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.