courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
11 Julie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 477
11 Julie 2018
Die Gouwsgesin van Porterville het verlede week Dinsdag, ‘n dag ná die sneeu op hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap geval het, in die sneeu naby die huis op die plaas, Zuurvlakte op Porterville se berg, gaan baljaar en ‘n sneeuman gebou. Foto: Lizelle Wentzel
•PATRICK STYLES DEURKRUIS LAND TE VOET
Met 'n kruis van noorde na die weste •Madi Pieterse 'n Lang pad het hierdie week ten einde geloop vir Patrick Styles, wat op 22 Mei vanjaar Kruisloop 2018 aangepak het. Sy staptog met 'n kruis oor die skouer, het hom al die pad van Rustenburg in die Noordwes-provinsie geneem tot by Paternoster. Kyk mens na die Facebook-blad van sy wedervaringe, het die tog hom in aanraking gebring met baie mense vir wie sy staptog in gehoorsaamheid aan die Here 'n geestelike hernuwing meegebring het, wanneer hulle hom langs die pad raakgeloop het. Een inskrywing vertel van 'n swaarvoertuigbestuurder wat by hom stilgehou het met 'n 2 liter-koeldrank en vertel het dat dit gons onder swaarvoertuigbestuurders oor die man wat so loop met die kruis. Patrick het groot welwillendheid langs die pad ervaar en was daagliks geseen met
kos en slaapplek. Sedert hy in 2013 die kruislope begin doen het, het hy nog nie een aand honger of koud gaan slaap nie. Die twee slaapsakke wat deel van sy toerusting is, lê na al die jare steeds onaangeraak in hulle sakke. Kruisloop vir Patrick het in 2013 'n aanvang geneem na 'n profesie wat in 2010 oor hom uitgespreek is. Hy loop omdat hy mense wil laat besef dat daar nog hoop is by die Kruis van Christus. Hy doen geen oefening of voorbereiding voordat hy die lope aanpak nie, behalwe om te bid. Patrick hoop om volgende die pad te vat Durban toe, dan al met die Suidkus op tot in Port Elizabeth, maar wag om te hoor wat die Here in gedagte het. Patrick se kontaknommer is 063 720 6343 en die FB-blad is Kruisloop 2017.
NUUS • NEWS