c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25 Julie 2018
57.3%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 479
25 Julie 2018
Swartland in groen en geel getooi
Die Swartland het ná goeie reën én sonnige warm weer, in ‘n galery van pragtonele deur kanola- en koringlande verander. Produsente reg oor die streek is tevrede met die opkoms van hul grane, maar hoop vir nóg koue en nat weerstoestande vir belowende oeste.
•DIENAAR WORD ONTHOU VIR WELDADE
Slingers se stem stil
“Hy was ‘n dienaar van God en van sy mense.” Dít is hoe John Slingers van Malmesbury onthou sal word. Hy was ‘n Madiba. Ek het net nooit besef hoe groot hy was nie,” vertel sy vrou Cynthia wat vir die afgelope 49 jaar met hom getroud was. Sy beskryf hom as nederig, hoewel sy gees groot was. John (78) wat een van 14 kinders was, is op Jansenville gebore. Hy het tot gr. 8 op Hopetown skoolgegaan en sy skoolloopbaan finaal op Livingstone in Kaapstad afgesluit. Gedurende dié tyd het hy by sy pa se susters gebly, terwyl sy ouers op Grahamstad agtergebly het. Ná skool gaan studeer hy verder in die onderwys. In sy derde jaar spesialiseer hy in houtwerkkunde. Sy eerste onderwyspos was op Kokstad in die destydse Transkei. John het daarna sy onderwyslloopbaan verder op onder meer Grahamstad, Humansdorp, Port Elizabeth en Oaklands in die Kaap voortgesit. Tot sy dood, het hy sy lewe aan God gewy. “Sy gees was groot, omdat alle eer aan God gegaan het,” vertel Cynthia. Soos Moeder Theresa sou sê, ‘n lewe wat geleef is vir ander, was die moeite werd om te lewe. John kon daarvan getuig. Dit is daarom
geensins ‘n verrassing om te leer dat hy intussen ‘n kursus in teologie gaan volg het nie. Kort na sy studies van vier jaar, word hy in 1969 in die Calvynse Protestantse Kerk op Malmesbury georden. Hy het aanvanklik ‘n tentmaker bediening gelei. Die passie vir ‘n loopbaan as predikant, is deeltyds nagestreef, terwyl hy as waarnemende hoof by Chatsworth aangestel is en hy houtwerk by Schoonspruit Sekondêr gegee het. Vir twee jaar tussen 1975 en 1977 kon hy sy liefde voltyds uitleef en aanvaar die pos as leraar op Worcester voordat hy en Cynthia na Malmesbury terugkeer. In daardie tyd, na hul terugkering, het hy deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland studeer, die plaaslike gemeente bedien én weer houtwerk by Schoonspruit Sekondêr aangebied, waarna John beloon is met sy BA en B.Ed grade. John laat diep spore agter in sy gemeenskap en onder gemeentelede. Sy naam is verewig in die kerksaal, die pastorie en die legendariese kansel van die Calvynse Kerk, wat amptelik in 1972 op Wesbank ingewy
is. Dit is danksy sy betrokkenheid dat dié kerk weer opgestaan het nádat die gemeente weens die destydse Groepsgebiedewet moes skuif. Behalwe vir Malmesbury, het hy ook die gemeentes van Wellington en Atlantis bedien. Hoewel hy amptelik in 2005 afgetree het, was dit beslis nie vaarwel nie. Hy het voortgegaan met aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid. John was onder meer vir nog drie jaar onder-voorsitter van die paroolraad. Sy bedieningsgebied het ook net al wyer uitgekring. Hy was op die bestuur van Aandskemering tehuis vir bejaardes, die Haven Nagskuiling én kapelaan vir die SAPD se slagofferprojek, Huis Dahlia en Malmesbury se GPF. Sy vrou en haar gemeenskapsprojekte het hom na aan die hart gelê. John wat nie net onthou sal word vir sy goue hart nie, maar ook sy goue mondfluitjie wat hy graag gespeel het, leef voort in sy nageslagte en spore wat diep getrap is binne die gemeenskap. ‘n Troosdiens vind vandag in die Calvynse Kerk plaas, terwyl hy Sondag ter ruste gelê sal word.
NUUS • NEWS