479 dié courant Wellington 25 Julie 2018

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

25 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 479

25 Julie 2018

•CORNAL HENDRICKS HET SAGTE PLEK VIR BOLAND

Springbok ploeg terug in gemeenskap

•Jaomi Zeeman Wellington se eie Springbok rugbyspeler, Cornal Hendricks, het op Mandeladag besluit om in sy eie gemeenskap terug te ploeg. Sy tuisdorp het hom nog altyd na aan die hart gelê en hy het al talle plaaslike gemeenskapsinisiatiewe onder die vaandel van sy organisasie, die Cornal Hendricks Foundation, geloods. Cornal het Woensdagoggend, 18 Julie, reeds vroeg met ‘n graaf op die terrein van die Maranatha Crèche begin werskaf. Vir Mandeladag wou hy veel meer as 67 minute aan die crèche, wat hom baie na aan die hart lê, gee. “Ek was self op my dag in hierdie crèche en hier lê baie goeie herinneringe. Hierdie is my grootword-area. Dis my plek hierdie,” het hy oor sy verbintenis met dié instansie gesê. Cornal het ‘n hele paar vrywilligers uit die gemeenskap gevra om hom met sy beoogde werk by die Maranatha te help. “Ons wil die hele terrein skoonmaak, die speel- en klimapparaat regmaak, die toegangshek herstel en die algemene veiligheid van die crèche vebeter. Hier is baie werk om te doen,” het hy gesê. Terwyl Cornal en sy helpers rondom die crèche geswoeg en sweet het, is die kinders in

die crèche ook elkeen met ‘n spesiale kospakkie wat deur die Cornal Hendricks Foundation

geskenk is, bederf. Cornal se ma, Rachel, wat ook by die crèche werk, het met die uitdeel van die kospakkies gehelp. Pastoor Gerald Hendricks, verbonde aan die Maranatha-kerk wat die crèche op hul terrein huisves, was baie dankbaar vir Cornal se mooi gebaar. “Ons is baie bly oor dit wat Cornal hier doen om te help en trots op die manier waarop hy in sy gemeenskap terugploeg,” het hy laat hoor. Alhoewel sy beoogde werk by die crèche baie langer as 67 minute sal verg, het dit Cornal glad nie afgeskrik nie. “Ek weet wat die behoeftes hier is en wil dit graag aanspreek. Dit maak nie saak hoe lank dit my gaan neem nie. Ek het my daartoe verbind om Maranatha te help en sal met liefde al hierdie werk vir hulle doen,” het hy gesê. Cornal Hendricks saam met sy ma, Rachel (regs van hom), pastoor Gerald Abrahams (links van hom), personeel van die Maranatha Crèche en vrywilligers wat op Mandeladag met die beveiliging en verbetering van die crèche gehelp het.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.