479 dié courant Bergrivier en Swartland

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

25 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 479

25 Julie 2018

•VERKIES TOT NUWE EERSTE BURGER

Van Rooy nou aan stuur van Bergrivier •Charlotte Lesch Ray van Rooy van Piketberg se ma en ouma het altyd met hom as kind gespog oor sy vermoë om te deel met ander. Vandag kan hy steeds sy passie vir sy medemens uitleef as die nuut aangestelde uitvoerende burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit. Sy missie is om te dien. Sy visie is om ‘n burgemeester vir almal te wees. Van Rooy was al van ‘n baie jong ouderdom by die plaaslike gemeenskap betrokke. Niks het intussen verander nie, behalwe dat die gemeenskapsprojekte aansienlik vermeerder het. Hy was veral bekend vir sy jaarlikse Kerfees-projek vir die kinders van Piketberg. Van Rooy het reeds as leerling aan Steynville Sekondêr aktief as ‘n aktivis opgetree en nog vóór matriek aan die Piketberg Inwonersvereniging behoort. Hy het ook baie van sy tyd aan gemeenskapsprojekte vir die jeug gegee. Hy is tot vandag toe aktief betrokke by die plaaslike krieket -en rugbyklubs. Sy begeerte om by die plaaslike politiek betrokke te raak, is reeds gekweek toe hy as 19-jarige by die ANC se kantoor in die stad gaan werk het. Kort daarna volg hy ‘n kursus in gemeenskapsontwikkeling aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Vier jaar later word hy vir die eerste tot raadslid van die Bergrivier Munisipaliteit verkies. In 2012 beklee hy die titel as raadsheer en dien ook al

Groen ontwikkeling vir Weskus

‘n geruime tyd op die uitvoerende burgemeesterskomitee. “As lid van die UBK kon ek reeds mense dien. Die burgemeesterskap is ‘n beter voertuig om te bestuur en gee my die geleentheid om nog meer te dien.” Volgens Van Rooy wil hy die behoeftes en die probleme van die armstes van die armes aanspreek. Hy wil ook met die geleentheid na ongelykheid binne die munisipale area kyk en daaraan aandag gee. “Ek wil die gemeenskap integreer.” Dis verder

Engelbrecht se seder val

vir hom ‘n prioriteit om veiligheid, opvoeding en gesondheid onder die gemeenskap te bevorder. Volhoubare dienslewering, ekonomiese ontwikkeling en ‘n goeie regering binne die munisipaliteit vorm ook deel van Van Rooy se visie en missie. “Ek wil ook goeie vennootskappe bou tussen ons sakegemeenskap, kommersiële landbou en die munisipaliteit,” voeg hy by. Kundige personeel is vir hom baie belangrik. Hy wil ook daarna streef om goeie verhoudinge te bou met die munisipale bestuurder, direkteure en groter administrasie. “Ons moet verseker dat dienslewering nommer een op ons lysie is.” Sy vrou Megan en vyf dogters is in ekstase. Hy beskryf Megan as sy dryfveer wat hom nog vir al die jare in sy projekte bystaan en help. “Dit is die rede hoekom die projekte altyd so ‘n groot sukses is. Soos hulle sê, is daar ‘n vrou agter elke man,” lag hy. Van Rooy is amptelik Vrydag tydens ‘n raadsvergadering as die nuwe burgemeester ingehuldig.

Sportnuus vanuit die rugby-liga

NUUS • NEWS www.applianceworld.co.za

VELDDRIF 022 783 2997 LANGEBAAN 022 495 0001 VREDENBURG 022 713 1121

Al die Top Handelsname Beste Pryse Deskundige Advies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.