480 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

1 Augustus 2018

58.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 480

1 Augustus 2018

•TENNIS ARENDSE LEWENSAAR VIR DIE JEUG

Kitto slaan ‘n kishou

•Charlotte Lesch Baie tennisentoesiaste en selfs dié wat nog nooit ‘n rakket in hul lewe vasgehou het nie, het onlangs voor die kassie gesit om hul land se tennisster, Kevin Anderson in Wimbledon se tennis-finaal te ondersteun. Daar was egter nóg ‘n tennisheld se naam wat gedurende dié toernooi af op talle se lippe verskyn het en dit is oom Kitto van Malmesbury wat al vir meer as 40 jaar leerders tennis afrig. Vandag rig hy al die kinders van die kinders wat hy destyds afgerig het, af. Christian Anthony Arendse (65), beter bekend as Kitto, het al baie leerders tot op nasionale vlak met sy kennis en vaardigheid op die tennisbaan gebring. Niks het intussentyd verander nie. Sy passie en liefde vir dié spel strek oor die jare nóg verder as om net goeie tennisspelers te kweek. Vandag is dit vir hom belangrik om die kinders te bemagtig deur opvoeding en met dït wat hy ken en dit is tennis speel. “As die leerders op die strate beland, weet ons wat gebeur.” Kitto klop weekliks by onder meer St. Thomas aan waar hy leerders van gr. 3 tot gr.7 neem om tennis af te rig. Sy eie toerusting word boonop gebruik. Hy gee natuurlik glad nie om nie. Die R37 wat ‘n tennisbal kos, gaan soveel verder wanneer hy die glimlagte op die leerders se gesigte sien. Dié skool spog eerdsaags met splinternuwe tennisbane. Hy is ook deur die plaaslike regering van sport en kultuur gevra om tennisassistente te kry om

die inisiatief verder te neem. Dit is vir hom baie belangrik om die regte assistente te kry wat weet hoe om met kinders te werk, vertel hy. Kitto kom uit ‘n tennisfamilie. Hy het as kind baie goed tennis gespeel. Weens die Apartheidsjare, kon sy loopbaan as tennisspeler nie verder gaan nie. Hy sê die Here het hom op spesifieke paaie in sy lewe gesit vir goeie redes. Na skool waar hy aan Schoonspruit Sekondêr matrikuleer het, het hy in onder meer die motorbedryf ingegaan en raak ‘n gekwalifiseerde ambagsman. Kitto kry toe ‘n geleentheid om sy onderwysdiploma te voltooi.

In sy 40’s raak hy weer ‘n student, lag hy. Sy vrou, Heleen was ook vir 31 jaar ‘n gr.1 onderwyseres. Hy raak later die tegniese hoof by die Nywerheidsskool in Atlantis. Kitto kan vir dae praat oor die leerders wat daardie skool bygewoon het. Baie was kinders met ‘n kriminele rekord wat nie gevonnis is nie. Hy beskou daardie ervaring as goud werd, want hy het baie geleer oor hoe om met kinders te werk tot voordeel van hul toekoms. Dit is danksy sy drie dogters wat hy weer by tennis betrokke geraak het. Hy het ná sy uittrede uit die onderwys vir tennisafrigtingskursusse gegaan, gekwalifiseer en hulle begin afrig. Vandag skitter vier van sy vyf kleinkinders reeds op die tennisbaan met sakke vol trofees en bekers. Hy is in 2014 as ‘n tennislegende van Suid-Afrika deur die departement van sport en kultuur vereer. Kitto is vandag steeds geregistreer as ‘n professionele tennisafrigter by Tennis Suid-Afrika. Hy en ander professionele afrigters moet jaarliks weer registreer om te kan afrig. Kitto rig nog weekliks tennis op onder meer Riebeekvallei en by Laerskool én Hoërskool Swartland af, asook vir leerders by die dorp se tennisbane. Hy word deur baie ouers beskryf as ‘n held wat tennis onder leerders op die dorp weer laat opstaan het. Hy rig tot gr. R-leerders af. “Die Here het vir my die talent en passie gegee wat ek met passie uitvoer.” Hy bieg dat hy seker al lankal moes ophou speel het, maar dat dit nie binnekort ‘n opsie is nie. Solank die leerders dit geniet, weet hy hy het in sy doel geslaag.

Kore: Die skoolkore

van Hoërskole Dirkie Uys, Piketberg, Porterville en Swartland het by die Swartland-sangfees op Piketberg saam Amigos Para Siempre gesing. Die dirigent was Alison Müller. Foto: Johan Viljoen

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.