courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
1 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 480
1 Augustus 2018
•'EK KAN NOOIT IN MYSELF ROEM NIE'
Hoof se passie vir onderwys brand helder •Madi Pieterse “Alles wat ek is, en alles wat ek in die lewe bekom het, is net deur die genade van God. Daarom kan ek nooit in myself roem nie, want alles kom van Hom. Hy is nommer een in my lewe.” Só praat veteraanonderwyseres en skoolhoof van Steenberg's Cove Primêr, Virginia Vraagom. Virginia se hele lewe lê opgesluit in hierdie skool op St Helenabaai, waar sy in 1966 haar skoolloopbaan begin het. Sy is na Panorama Primêr op Vredenburg om graad 8 te voltooi en daarna na Schoonspruit Sekondêr vir graad 9 en 10. Dit was altyd Virginia se droom om onderwyseres te word en ná graad 10 het sy haar opleiding as onderwyseres by Zonnebloem Kollege in Woodstock voltooi. In 1978 het haar onderwysloopbaan by Steenberg’s Cove Primêr begin en sy is na bykans 41 jaar steeds by dié skool. Hierdie merkwaardige vrou het in alle fases onderrig gegee en enorme kennis in die onderwys opgedoen. By Steenberg's Cove is sy eers aangestel as departementshoof, waarna sy in 2009 gesekondeer is na die kringkantoor waar sy adviseur was vir die intermediêre- en senior fase. In 2010 word Virginia as prinsipaal aangestel by haar geliefde Steenberg's Cove Primêr. “Sedertdien het ons skool sukses na sukses deur die genade van die Here ervaar. “Ons skool behaal op alle terreine sukses. Hierdie spasie is te min om alle suksesverhale op te teken.” By Steenberg's Cove Primêr word daar uit die
Fokus val op bottende blomme
boks gedink om die beste vir die 246 kinders te bied. Ten spyte van die feit dat die skool geen sportgronde of oefengeriewe behalwe 'n netbalbaan het nie, het hulle vanjaar twee atlete in die Wes-Kaap-atletiekspan gehad naamlik Ralton Gardiner vir verspring en Gregan Mentoor vir
Nuwe leraar vir Vredenburg
die 100m waar hy die derde plek behaal het, wat hom die derde vinnigste 100m atleet in sy ouderdomsgroep in die land maak. Hul oefenbaan is Steenberg's Cove se strate. In rugby spog die skool met twee o.13 Cravenweek-rugbyspelers, Gregan Mentoor en Jordan Marais. Die kinders oefen op die kerk se parkeerarea neffens die skool. Op die netbalbaan het Jordan Africa haar staal gewys en sy is opgeneem in die Weskus-streekspan. En nog is dit het einde niet. Onder leiding van tannie Helena de Kock het kinders se kunstalente aansienlik verbeter en hulle is tans besig met hulle kunsstukke vir die eisteddfod. Graad 1 en 2 leerders het vanjaar vir die eerste keer aan beginnerskaakkompetisies begin deelneem en kwyt hulle goed van hulle taak. Sukses by hierdie skool behoort aan almal en sluit leerders, onderwysers, ouers, borge en die gemeenskap in. Virginia glo die hoofrede vir sukses in die skool is hulle familie-eenheid. Almal werk saam as ‘n span deur dik en dun. Leerders is vir elkeen wat betrokke is by die skool die hoofprioriteit en alles in elkeen se vermoë word gedoen om net die beste vir die leerders te gee. “Ek glo dat sukses nie net oor prestasie gaan nie, maar ook oor hoe die dinge in jou lewe ander mense motiveer en inspireer om ook iets inspirerend in hul eie lewens te doen. Ek is passievol om ‘n verskil te maak en die ekstra myl te stap deur voortdurend ‘n bevorderlike leeromgewing vir elke kind in elke klaskamer te help
skep.” Virginia het onlangs bekend gemaak dat sy nuwe toekomsplanne het en met die hulp, krag en wysheid van God weet sy dat dit suksesvol sal wees. Sy wou nog nie oor die planne uitbrei nie.
Bordjies in rugby verhang
NUUS • NEWS