481 dié courant Wellingting

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

8 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 481

8 Augustus 2018

•BESOEK DUITSLAND VIR SAMEWERKING

Poole ondersoek energie, handel •Jaomi Zeeman Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, het pas van Neumarkt in Duitsland teruggekeer. Dit volg nadat Drakenstein Munisipaliteit en Stadt Neumarkt planne vir verdere samewerking ten opsigte van Die Klimaat Vennootskap, ‘n vier jaar oue samewerking tussen dié twee munisipaliteite wat op klimaatsverandering, billike handel en omgewingsopvoeding fokus, bespreek het. Burgemeester Poole het ook die stadsraad van Neumarkt formeel toegespreek. Met hernubare energie, billike handel en organiese boerdery bo-aan die agenda, het die munisipaliteite die Gesamentlike Program van Aksie, wat die strategiese raamwerk vir die Klimaat Vennootskap vorm, verfyn. Hulle het ook fokuspunte vir die samewerking tussen die twee munisipaliteite oor die volgende drie jaar bepaal. Die afvaardiging het terreinbesoeke aan reënwater-opvangareas en ‘n plaaslike verhittingsentrum en nuwe substasie gebring. Hulle het ook Munich besoek om die Klimaat Vennootskap binne die konteks van die huidige Vennootskap tussen die Wes-Kaap en Bavaria te bespreek. Burgemeester Poole is deur raadslid Lorraine Willemse, lid van die Drakenstein Burgemeesterskomitee, sowel as Lauren Waring, uitvoerende direkteur van Beplanning en Ontwikkeling by Drakenstein Munisipaliteit, vergesel. Hul besoek is ten volle deur Stadt Neumarkt befonds en aangebied. Die Klimaat Vennootskap is in 2014 tot stand gebring onder die “50 Municipal Climate Partnerships by 2015 Project” van Engagement Global, ‘n nie-winsgewende Duitse organisasie wat ontwikkeling en versterking van die burgerlike samelewing ondersteun. Hierdie vennootskap word deur die Duitse Federale Ministerie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling befonds en sluit personeel-uitruilings, met die oog op die uitruil van spesialis-kennis, tussen Drakenstein en Stadt Neumarkt in. Tydens sy amptelike toespraak voor die stadsraad van Neumarkt, het burgemeester Poole die voordele van die samewerking tussen die twee munisipaliteite beklemtoon. “Hierdie vier jaar oue vennootskap het ‘n

voortdurende positiewe impak op ons munisipaliteit en gemeenskappe. "Neumarkt en Drakenstein Munisipaliteit het betekenisvolle dinge oor die afgelope paar jaar by mekaar geleer en ek is daarvan oortuig dat hierdie verhouding positiewe uitkomste in die toekoms tot gevolg sal hê,” het hy gesê. Een van die voordele wat Drakenstein reeds uit hierdie vennootskap gekry het, is die befondsing wat hul deur die Neumarkt, Under Engagement Global’s NAKOPA Programme, ontvang het vir die uitroei van indringerspesies op die walle van die Bergrivier, sowel as vir die rehabilitasie van die area. “Die Bergrivier word as die lewensaar van die Drakenstein beskou wat ‘n kritieke waterbron vir veral boere, maar ook ander watergebruikers in die omgewing is,” het burgemeester Poole gesê. Buiten die uitruilprogram onder personeel van beide munisipaliteite, is daar ook ander voordele wat uit die vennootskap spruit. Die vestiging van ‘n Learning for Life Sentrum in Drakenstein, vennootskappe tussen skole en die betrokkenheid van UNESCO se Global Action Programme, die verbetering van gemeenskappe

se lewenskwaliteit deur die uitvoer van Fair Trade-produkte, werkskepping en die bemagtiging van vroue, sowel as die organisering van seminare en ander geleenthede waartydens die gemeenskap van Drakenstein kennis en vaardighede ten opsigte van die gebruik van hernubare energie kan opdoen, is maar ‘n paar van die voordele wat uit hierdie vennootskap spruit. “Hierdie is maar ‘n paar van die projekte wat deur Neumarkt onderneem is, maar dit is reeds duidelik dat hierdie vennootskap van groot waarde vir beide partye is,” het burgemeester Poole gesê. “Ons munisipaliteit streef daarna om ‘n stad van uitnemendheid te vestig en Neumarkt ondersteun hierdie visie. "Die kennis en vaardighede wat tussen hierdie twee munisipaliteite uitgeruil word, is ‘n bewys dat dit ongelooflik voordelig is. "Ek is 100% toegewy om hierdie verhouding in stand te hou en ek is opgewonde om te sien hoe ons mekaar verder in die verbetering van ons munisipaliteite en beter dienslewering aan ons gemeenskappe kan ondersteun,” het hy afgesluit.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.