482 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

15 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 482

15 Augustus 2018

•WERKE OOR DIE WÊRELD HEEN VERSPREI

Ingrid leef vir kuns •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Ingrid Hall is ‘n veelsydige kunstenaar wat nie net visuele kunswerke skep nie, maar ook ‘n sanger en liedjieskrywer is. Ingrid se werk is nie net onder plaaslike kunsliefhebbers gewild nie, maar hang ook teen mure regoor die wêreld. Ingrid, wat in Kaapstad gebore is en haar hoërskooljare in die Paarl deurgebring het, woon al vir ongeveer 10 jaar in Wellington. Volgens haar het haar kunsbelangstelling reeds as jong kind posgevat. “Ek het as ‘n enigste kind, sonder televisie grootgeword. Kreatiwiteit het ‘n natuurlike en gemaklike manier van vermaak vir my geword. Boeke, papier en ‘n groot verbeelding was alles deel van my grootwordjare. Ek het van jongs af daarvan gehou om my eie stories te skryf, huisplanne te teken en karakters uit te dink. Hiermee saam was ek mal daaroor om sketse te maak en met al hierdie vorms van kreatiwiteit kon ek vir ure lank verdwyn,” vertel sy. Alhoewel Ingrid geen formele kunsopleiding ontvang het nie, het sy nooit daarvan weggeskram om haar talent te ontwikkel en risiko’s ten opsigte van die roeping daarvan te neem nie. “Dit is ‘n gawe wat ek van God ontvang het - een wat ek opreg koester,” sê sy. Ingrid is tans ‘n voltydse kunstenaar wat haar werk onder die “Ingrid Hall Art”-handelsmerk bemark. “Dit het jare gelede as ‘n baie klein stalletjie by ‘n mark begin en het nou tot ‘n volwaardige besigheid, wat kunswerke skep wat skoonheid en ‘n sin van avontuur tot spasies in vele huise regoor die wêreld toevoeg, geword,” sê sy tevrede. Volgens Ingrid is die grootste uitdaging ten opsigte van die ongelooflike groei in ‘n vraag na haar kunswerke dat haar kreatiewe proses nie ‘n blote produksielyn word nie. “Dit verg eerlike gesprekke met jouself om getrou aan jou mandaat as ‘n kunstenaar te bly. Ek glo dat my kuns verhewe bo basiese ‘besigheid’ moet bly en liewer ‘n gehoor wat dit wat ek deur my werk wil sê, moet betrek. Ek moet ook gedurig daarteen waak om nie fokus te verloor, terwyl ek my eie besigheid bestuur nie, ” verduidelik sy. Ingrid is net so passievol oor haar musiek as oor haar kuns. Sy speel kitaar en klavier en volgens haar was haar eerste poging om ‘n liedjie te skryf reeds op 11-jarige ouderdom. “My liedjies wissel van speelse storievertellings tot intieme prysliedere wat in ‘n egte reis van geloof en ontdekking gewortel is,” sê sy. Ingrid het al by talle geleenthede, waaronder intieme, sowel as groter, feestelike en formele geleenthede opgetree. “My hart lê egter by die hoop om my eie album op te neem wat mense in die mees alledaagse aktiwiteite, soos om in ‘n motor te ry of in die kombuis

Interskole: Hierdie naweek is dit weer tyd vir die jaarlikse interskolestryd op Wel-

lington tussen Hugenote Hoërskool en die Hoërskool Swartland van Malmesbury. Die dirigente wat saam met die rosette-meisie die ondersteuning van die pawiljoen sal bring, is: Gert Jordaan, Reinard Reitsma, Francois Marais, Carlo Joseph, Hanél Loubser, Kendall le Cordeur, Suzaan Janse van Vuuren, Andrea Louw, die rosette-meisie (afwesig: Farron Eland).

te werk, sal aanraak en betrek. Ek het ook al my visuele werk met my lirieke en gedigte vermeng om ‘n blywende of uitnodigende gedagte by die luisteraar te laat,” vertel Ingrid. Haar oorspronklik kunswerke het aanvanklik uit komposisies op 15cm-kunsblokke bestaan. Sy is, saam met ander kunstenaars, opdrag gegee om 1000 individuele kunsblokke vir ‘n uitstalling by Warenart in ‘n uitstallokaal in Bochow, Duitsland te maak. “Hierdie was die afskop van ‘n reis waar ek oorspronklike werke en afdrukke vir plaaslike afsetpunte soos Shoreline Lifestyle in Kalkbaai, Skep in Stellenbosch en Harvest Co. in Wellington begin maak het,” sê sy. Ingrid werk in verskillende mediums en is nie gebind tot ‘n spesifieke tipe kuns nie.

Ingrid se werk is, benewens by talle vooraanstaande kunswinkels en -galerye in Suid-Afrika en internasionaal, ook al by vooraanstaande skoue soos Kamers vol Geskenke, The Milk&Honey Show, Freshly Brought en die Admit One Exhibition ten toon gestel. Buiten die afdrukke, skep sy ook groter oorspronklike kunswerke, waarvan daar onlangs tydens die Face to Face uitstalling te sien was. Haar werke sal ook eersdaags op 31 Augustus by die The Cheerful Spring Show in Wellington uitgestal word. Volgens Ingrid put sy inspirasie uit ‘n kombinasie van simplistiese, tog ingewikkelde elemente wat byvoorbeeld in botaniese, sowel as in abstrakte “merk-making” of patrone te vinde is. Vir meer inligting kan belangstellendes Ingrid by ingridhall@gmail.com kontak of haar facebookblad, www.facebook.com/ingridhallart, besoek.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.