c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
15 Augustus 2018
62.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 482
15 Augustus 2018
Die Swartland en omliggende streke het die afgelope week weer behoorlik gebibber met sneeu op bergpieke. Die streek is tans 'n lushof met groen en geel lande en veldblomme. Foto Johan Viljoen
•25 STRUKTURE DEUR RAAD GOEDGEKEUR
Windlaaiers vir MRB ‘n Aansoek is verlede week by 'n raadsvergadering deur die Swartland Munisipaiteit se raad in terme van die beplanningsturbinaal goedgekeur vir die oprigting van 25 hernieubare energie strukture in die vorm van windlaaiers buite Moorreesburg. Die drie windlaaiers teen die Klipheuwel-pad buite Durbanville, wat destyds as 'n toetslopie opgerig is, sal moontlik gerehabiliteer word en ook deel vorm van dié 25 windlaaiers. Die aansoek deur die ontwikkelaar sluit die
oprigting van die windlaaiers op gedeeltes van die plaas Zwartfontein, asook Biesjesfontein, Tontelberg en Hartebeesfontein in wat beskou word as ‘n hoë windspoed-sone. Die oprigting van die windlaaiers, saam met ontwikkeling van bykomstige strukture en infrastruktuur, is onderhewig aan sekere voorwaardes wat onder meer insluit dat ‘n windlaaier nie hoër as 200m mag wees nie. Die ontwikkelaar se aansoek gee gehoor aan al die relevante voorwaardes uiteengesit deur
Interskole-koors loop hoog by HSS
Matriarg Lolita Hanekom gegroet
die departemente van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, asook vervoer en openbare werke en water en sanitasie. Die ontwikkeling is tans onderhewig aan Eskom wat die inisieerder van die hernieubare hulpbronne van energie is. Die ontwikkelaar, Albertus Pool, kon nie voor druktyd uitbrei oor wanneer die ontwikkeling sal plaasvind nie, asook wat die kapasiteit van elke windlaaier sal wees en uiteindelik by die kragnetwork van Eskom bygevoeg sal word nie.
Gawie Steyn vier dekades van diens
NUUS • NEWS