483 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

22 Augustus 2018

64.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 483

22 Augustus 2018

Darling dra jongwynkroon Trofeëwenners van die Swartland Jongwynskou is die afgelope Vrydag by Nuweplaas Padstal bekend gemaak. Agter van links staan Wilhelm de Vries, wynmaker by Allesverloren, Wessel Rauch van Darling Cellars, Jaco Brand, wynmaker van Meerhof Wines, Alecia Boshoff, produksiebestuurder by Riebeek Kelder en voorsitter van die Swartland Wynskouvereniging, Franscois Duckitt, assistent-wynmaker by Pulpit Rock, Eldo Swarts van Riebeek Kelder, Stephan Basson, wynmaker by Babylon’s Peak en Eric Saayman, senior wynmaker by Riebeek Kelder. Voor van links spog Jacques Theron, senior wynmaker by Riebeek Kelder, Carel Hugo, rooiwynwynmaker en Pieter-Niel Rossouw, hoof wynmaker by Darling Cellars, Dewald Huisamen, wynmaker by Pulpit Rock, Sinethemba Msitho en Thembile Ntloko, assistent-wynmaker by Riebeek Kelder met hul bekers.

•MINISTER LÊ BESOEK OP TUISDORP AF

Bredell werp lig •Charlotte Lesch Inwoners van Malmesbury het die afgelope Vrydag die geleentheid gehad om ‘n paar moeilike vrae aan Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling te stel tydens sy besoek aan Malmesbury. Een van die brandende kwessies wat aangeraak is, is onder meer die onsekerhede rondom grondonteiening. Volgens hom is die grootste probleem wat die gronddebat in die Wes-Kaap aanbetref, behuising. Hy het begin deur te herhaal dat daar in 1994 besluit is om die land te herbou. “Ons het net nie besef hoe moeilik dit gaan wees nie.” Van die grootste uitdagings waarmee die plaaslike regering daagliks stoei, is werkloosheid en behuising. Die Wes-Kaap het die laagste werkloosheidsyfer wat goed is, maar is steeds swak as dit vergelyk word met die wêreldspektrum. Syfers wat die plaaslike regering ook slapelose nagte gee is byvoorbeeld die hoeveelheid kankerspesialiste wat tot beskikking is. “Die Wes-Kaap het maar 16 spesialiste, terwyl Limpopo geen het nie en Gauteng maar agt het. Dit veroorsaak baie druk op die Wes-Kaapse stelsels.

Die stelsels wat ons kan red, moet gevestig raak.” Hy vertel tog van die stelsels wat wel baie verbeter het sedert 2009 en dit is onder meer die finansiële stelsels met 21 skoon oudits in die Wes-Kaap. "Ons rus egter nie op ons louere nie. Ons moet heeltyd ‘n oog hou oor wat in die plaaslike owerhede aangaan.” Om korrupsie uit te roei, is top prioriteit. “Dit is net jammer dat die valke se kapasiteit baie verswak het en dat daar nie gou genoeg opgetree kan word nie,” voeg hy by. Die Wes-Kaapse rampbestuur is ook ver gevorderd, vertel hy. “Die mense betrokke, is passievol oor hul werk." Die plaaslike rampbestuur het byvoorbeeld ook daarin geslaag om twee helikopters te kry wat in die nag vure kan help blus en groot besparing teweeg sal bring. Wat grondonteiening betref, moedig die Wes-Kaap eiendomsreg aan, omdat dit die ekonomie bevorder. “Ons sê jy kan nie grond vat sonder vergoeding nie. Die ekonomie sal in duie stort. Mense moet juis investeer in landbou. Grondhervorming in die Wes-Kaap is 62% suksesvol. Die res van die land het nie eens 10% sukses nie. Ons sê jy moet eienaarskap hê, want dit is die dryfveer van die ekonomie.” Sowat 90% van die gronddebat gaan eintlik oor behuising,

voeg hy by. Die waglys is oor die 600 000 begunstigdes. Die begroting laat maar 10 000 huise toe wat gebou kan word per jaar. Nóg ‘n groot probleem wat daarmee gepaard gaan, is mense se verskuiwing vanuit ander provinsies na die Wes-Kaap. Vanaf 2013 tot 2018 het die provinsie se bevolking met 640 000 gegroei. “Hier is watergebruik in die drooggeteisterde provinsie ‘n groot kopseer. Tot en met Junie vanjaar 28 000 ekstra leerders vanuit ander provinsies in die skole ingeskryf, “Die krisisse is groot." Volgens hom is 'n klomp lesse uit die droogte geleer. Talle afgetrede kenners is ingetrek met die waterkrisis. "Dag Zero het gemaak dat mense besef dat ons uit die hulpbron kan hardloop. Hy sê egter inwoners moet weet water gaan duurder raak in die toekoms. “Investeer in jou waterplan,” beveel hy aan. “As ons water praat, praat ons voedelsekuriteit. Volgens Bredell is daar hoop. “As ons hande vat kan ons die land een van die top ekonomieë in die wêreld maak.” Hy sluit af deur te noem dat inwoners van die Swartland baie geseënd is. "Dié munisipaliteit het die regte visie. Ons moet net nie moed opgee nie.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.