483 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

1Weskus • Bergrivier

dié

22 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 483

22 Augustus 2018

Interskole:

In die buurdorpe van Porterville en Piketberg se interskole kragmeting is gemengde welslae vir albei skole behaal. Piketberg se eerste netbalspan het met 31-25 geseëvier en Porterville se eerste rugbyspan het met 20-12 die span van Piketberg oorrompel. Foto's: Lizelle Wentzel

•BRANDWEERMANNE WYS HUL STAAL

Weskus-redders tops Ses van Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweermanne het hul staal gewys in die jaarlikse “Toughest Firefighter Alive”-uitdaging in Kaapstad. Die jaarlikse kompetisie toets die vaardighede en fiksheid van brandweermanne tot die uiterste. Deelnemers moet ‘n hindernisbaan, wat werklike situasies simuleer, in die kortste moontlike tyd voltooi. Brandweerhoof Bertus Senekal, Lundi Sonono, Arthur Rhenier, Frans Baadjies, Christiaan Cloete en Rushwan Cloete het die Weskus verteenwoordig en hulself skitterend van hul taak gekwyt. Arthur Rhenier van Malmesbury-brandweerstasie was een van die groot uitblinkers in sy kategorie. “ Die hindernisbaan is uitdagend. Elke aktiwiteit verg baie energie en krag en jy moet probeer om heeltyd jou fokus te hou. Soms wil die moegheid jou oorval, maar tou opgooi is nie ‘n opsie nie” het Arthur gesê. Brandweerhoof Bertus Senekal het in die senior-afgdeling van die kompetisie deelgeneem. Bertus het meer as 24 jaar ervaring as ‘n brandweerman en hy sê fiksheid is een van die kritiese aspekte wat elke brandweerman en vrou op moet fokus. “Baie keer word ons aan uitdagende situasies blootgestel. Uiterste temperature en lang werksure is algemeen vir ons

en daarom moet ons altyd in die bes moontlik kondisie wees,” het Bertus gesê. Die Uitvoerende Burgemeester van WKDM, Raadsheer Harold Cleophas, het die brandweermanne geluk gewens met hul goeie vertoning by die kompetisie. Hy het die publiek aangeraai om

meer waardering te toon vir alle amptenare in uniform. “Die manne en vroue in uniform doen hul bes om ‘n veilige omgewing vir ons te skep en ons moet meer waardering toon vir hul werk” het die burgemeester gesê.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.