c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Augustus 2018
66.3%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 484
29 Augustus 2018
Blomtyd: Die
Weskus Nasionale Park buite Yzerfontein is tans 'n miernes van bedrywigheid met die blommeseisoen wat op hande is. Selfs hierdie swartkopreier het die blommeprag van nader beskou. Foto: Johan Viljoen
•BESTE VROUE-ENTREPRENEUR IN SUID-AFRIKA
Mitchley boer vooruit •Charlotte Lesch Die land se top-vroue entrepreneurs was die afgelope naweek gedurende ‘n spoggeleentheid in die Oos-Kaap deur die departement van landbou, bosbou en vissery vereer en Leandre Mitchley van Malmesbury was een van hulle. Die jaarlikse toekenningsgeleentheid gee erkenning aan vroue wat ‘n onmisbare bydrae lewer tot die ekonomiese groei in die landbousektor, voedselsekuriteit, werkskepping en die verligting van armoede. Mitchley is as die top-vroue entrepreneur van die land aangewys. Mitchley, eienaar van LS Varkboerdery wat sy op 10 hektaar grond in Tierfontein bedryf, het weens die streng kompetisie in haar kategorie nooit gedink sy sal wen nie. Sy gee alle erkenning aan God toe, “want sonder Hom is niks moontlik nie.” Vir Mitchley beteken die toekenning baie. “Ek is baie dankbaar dat die departement my harde werk en my boerdery raakgesien. “Volgens Mitchley, vrou en ma van twee kinders, kom erkenning in die bedryf nie aldag na jou kant toe nie. Mitchley is gebore op ‘n plaas in die omgewing van die Cederberge. Haar pa het ‘n klein boerdery met verskillende diere bedryf. Die varke het haar aandag egter altyd gehad. “Die varke het my altyd gefassineer. Vandag kan ek steeds vir ure na hulle kyk,” vertel die passievolle entrepreneur. Sy het nooit gedink dat sy eendag ‘n varkboedery van haar eie sal hê nie. Haar varkboerdery het in 2011 met slegs
twee varke afgeskop nádat sy gehoor het van die opkomende boere op Malmesbury. Die Swartland Munisipaliteit het die opkomende boere ‘n paar jaar later kennis gegee om die grond te ontruim. Gelukkig was Mitchley reeds opsoek na grond waar sy haar boerdery kan uitbrei aangesien die spasie reeds te klein geword het vir haar 30 varke. Sy kom te hore van ‘n bejaarde egpaar wat ‘n varkboerdery met bestaande varkhokke in Tierfontein bedryf het en teken kort daarna die huurkontrak. Dit is dáár waar sy haar boerdery laat groei en maak vandag 200 varke groot. Sy koop ses weke oue varkies by plaaslike varktelers aan wat sy op haar beurt slaggereed maak vir die abattoir.
Sy mik hoog en droom daarvan om dié varkboerdery verder uit te brei. Mitchley wil met die prysgeld haar besigheid in ‘n kommersiële fasiliteit omskep waar sy uiteindelik sowat 200 varke weekliks aan die plaaslike abattoir kan lewer. Dit is vir haar baie belangrik om verder werk te skep en veral vroue te bemagtig, omdat sy self weet hoe skaars werk is. Met haar agtergrond en kennis van rooibostee in die Cederberge, wil sy ook met die prysgeld met rooibostee begin boer. Sy hoop om eendag haar eie slaghuis te besit. Die pad was nie aldag maklik nie, erken sy. Mitchley het danksy haar passie en toegewydheid tot die bedryf nie opgegee nie en sal aanhou werk aan haar drome.
NUUS • NEWS