courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
29 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 484
29 Augustus 2018
Blomme: Die Weskus Nasionale Park op Yzerfontein is in talle kleure getooi soos die blomme hul koppe uitsteek. Selfs 'n swartkop-, sowel as 'n veereier het na die blommeprag kom kyk. Foto's: Johan Viljoen
•INWONERS MAAK DRAAI OP DANSVLOER
Huis Wittekruin se "kuikens" bederf Inwoners van Huis Wittekruin op Vredenburg is Vrydag aangenaam verras met `n pretdag in die eetsaal by die ouetehuis. Dit is aangebied deur die nuwe voedseldiensbestuurder, Isabel Prins, en haar kollegas van Feedem wat besluit het om inwoners te vermaak met lekker musiek en `n dans-item. Inwoners moes oorspronklik soos sangers aantrek vir die beplande verrigtinge, maar op die ou end het die meeste sommer net snaaks aangetrek. Isabel het ook die inwoners verras met haar musiekversameling, waaronder die bekende en beminde Chris Blignaut en sy Ou Ryperd, wat steeds `n groot treffer blyk te wees. Almal het saam gesing en mimiek en die Feedemstaf het met heelparty bejaardes `n “draai op die dansvloer” gemaak. Almal het duidelik die interaksie geniet. Isabel het sowat drie maande gelede die leisels as voedseldiensbestuurder by die ouetehuis oorgeneem. Sy het drie jaar gelede van Pretoria af Weskus toe verhuis en het hier by `n gastehuis gewerk, voor sy die nuwe taak aangepak het. Sy is baie lief vir kosmaak en geniet die inwoners baie. In Pretoria het sy spyseniering vir troues en funksies gedoen. Aan die Weskus hou sy aan om haar passie uit te leef. Vir Isabel is dit belangrik dat haar ‘kuikens’, soos sy die oumense noem, gelukkig en tevrede is en dat hulle genoeg en gebalanseerd eet. Wanneer die borde kos smiddae uitgegee word maak sy `n punt daarvan om rond te beweeg
tussen die tafels, omdat sy voel dat dit die enigste manier is om uit te vind wat hulle voor- en afkeure is. Dan kan sy ook sien wanneer iemand dalk die dag nie te goed voel nie, sodat ekstra drukkies uitgedeel kan word. Drukkies uitdeel is vir haar belangrik en bejaardes het begin om te `n drukkie te gaan haal wanneer hulle voel hulle het dit nodig. Daar is `n noue samewerkingsband tussen Isabel en die suster-in-bevel om seker te maak dat inwoners se welstand goed gemonitor word. Isabel beoog om in die toekoms ten minste een maal per maand `n pretdag te hou. Sy dink
daaraan om die volgende keer `n musiekvasvra te hou. Die kombuis is ook baie betrokke by Huis Wittekruin se jaarlikse besaar. Sowat 90% van die kos wat te koop aangebied word by die basaar word in die kombuis voorberei. Hulle is reeds besig met die beplanning vir `n mini-verkope op 31 Augustus, wanneer lekkernye soos kerrie-en-rys, kerrie- en gewone vetkoeke, hamburgers, vis- en lewerkoekies en nog vele meer bestel en afgehaal kan word. Fondse wat geïn word, word tot voordeel van Huis Wittekruin en sy inwoners aangewend.
NUUS • NEWS