485 dié courant Swartland

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Prima Groep vier 50 jaar

dié

5 September 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 485

5 September 2018

Prima Groep se 50 jaar van prima-diens

P

rima Groep, met hul hoofkantoor op Malmesbury, vier vandeesmaand hul 50ste bestaansjaar en kyk met breë glimlagte terug na ‘n half eeu van swoeg, sweet én tonne sukses. Prima Groep se ontstaan het alles begin by ‘n jong Fanie Malherbe wat op die ouderdom van 24 jaar besluit het om ‘n onderneming wat spesialiseer in bande, op Beaufort-Wes te koop. Dit mag dalk 50 jaar later wees, maar vandag gaan dié sakeryk steeds van krag tot krag met sy ‘n besonderse span in die agtergrond. Dié onderneming is amptelik op 1 September 1968 op Beaufort-Wes gekoop. Beaufort-Retreaders soos die onderneming bekend gestaan het, het onder meer nuwe bande verkoop en bandekarkasse versool. Nie lank daarna nie, maak Malherbe nóg ‘n onderneming wat spesialiseer in bande gedurende Junie 1973 op Calvinia oop. Dit is gedurende Oktober 1974 wat Malherbe potensiaal op Malmesbury raaksien en hy verhuis kort hierna na die Swartland. Met drie takke wat spesialiseer in alle fasette van bande, besluit hy om ‘n oorkoepelende naam oor die ondernemings te registreer en noem dit Prima Bande. Gedurende die jare wat volg, het verskeie uitbreidings plaasgevind, wat onder meer die oorname van Outeniqua Retreaders in die Suid-Kaap en die vergroting van die versolingsfabrieke op Beaufort-Wes en Malmesbury insluit. Gedurende 1993 neem Prima Bande sommige van WPK, soos KaapAgri destyds bekend gestaan het, se motorhandelaars oor. Die motorhandelaars is later weer verkoop, maar die eiendomme wat uit die transaksies verkry is, het op hul beurt goed aangesluit by Prima se eiendomsportefeulje . Malherbe het reeds op Beaufort-Wes sy doelstellings daargestel dat hy alle eiendomme waaruit besigheid gedoen word, self moet besit. Malherbe, met ‘n neus vir goeie besigheid, het voortdurend ook nuwe geleenthede buite die bandebedryf gesoek. Hy was onder meer betrokke by eiendomsontwikkelings, brandstof vulstasies, asook galvanisering. Sy twee seuns, Pieter en Febbie, sluit later by die besigheid aan en in 2004 verkoop Malherbe

Die stigter van die Prima Groep, Fanie Malherbe, en sy vrou, Antionette, is aktiewe lede van Malmesbury se gemeenskap en het albei al diep spore op dié Swartlandse dorp getrap. die bande-ondernemings aan hulle. Kort daarna in 2006 neem hulle ook die buite-aandeelhouers se belang in Advanced Galvanising oor. Johan Louw, Malherbe se skoonseun, sluit ‘n paar jaar later as vennoot in die groter onderneming by Pieter en Febbie aan. Ses jaar later, in 2012, verkoop Malherbe sy eiendomsbelange aan die drie seuns wat die nuwe eienaars van Prima Bande is,

asook aan sy ander skoonseun en dogter, Gey en Gwendoline Kriek. Fanie Malherbe, patriarg van die Prima Groep en die Malherbe-familie, het daarin geslaag om ‘n besigheid - wat hy boonop met ‘n lening van die bank begin het – oor ‘n tydperk van 50 jaar op te bou tot ‘n suksesvolle firma wat hy aan sy kinders kon oordra.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.