courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
5 September 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 485
5 September 2018
•VASBERADENHEID BESORG HAAR DIE KROON
Yvonne maak SA se beste boerewors •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Yvonne Blaauw is onlangs as Suid-Afrika se nuwe boerewors-kampioen aangewys. Hierdie kanniedood-ystervrou het die kompetisie vir die beste boereworsresep van ‘n bekende kettingwinkelgroep vanjaar vir die 16de keer aangedurf. Haar uithouvermoë en vasberadenheid het hierdie jaar vrugte afgewerp en haar met die kroon as die Suid-Afrikaanse Boerewors-koningin laat wegstap. Die bekende kettingwinkelgroep wat elke jaar hierdie kompetisie aanbied, het vanjaar se wenner op Woensdag 29 Augustus in Kaapstad aangewys. Die kompetisie, wat aanvanklik as ‘n interne kompetisie vir werknemers begin het, is in 2001 vir die publiek oopgestel. Die kulinêre kenners van die South African Chefs Association het as beoordelaars opgetree en al die inskrywings moes eers deur ‘n validasieproses, wat verseker dat dit aan al die riglyne vir die maak van ware tradisionele boerewors voldoen, gaan. Die Top 10-resepte is na intensiewe beoordeling en proe-sessies aangewys en die finaliste moes Woensdag hul boerewors-vernuf tydens die finaal ten toon stel. 29 Augustus sal nou vir altyd ‘n datum wees wat Yvonne sal onthou: dié dag waarop sy die nasionale kampioenboerewors-kompetisie gewen het. ‘n Dag na die aankondiging was sy nog ietwat oorweldig deur dié groot eer wat haar te beurt geval het. “Dit voel nog ‘n bietjie onwerklik. Dit voel amper asof dit iets is wat met iemand anders gebeur het. Miskien sal dit nog insink,” het sy, waar sy op haar pos as slaghuisbestuurder agter die vleistafel by ‘n bekende kettingwinkel staan, gesê. Yvonne het ‘n Toyota Hilux DC 2.8 GD-6 Raider as wenprys gekry en is baie opgewonde om dié nuwe ryding binnekort in ontvangs te neem. Volgens haar is haar man en haar twee kinders haar grootste ondersteuners en net so verheug oor haar groot oorwinning. “Oe, die kinders het gesê ons moet hulle tog elke oggend met die nuwe bakkie by die skool gaan aflaai. Ons is almal baie opgewonde oor hierdie groot ding wat nou gebeur het, en oor die prys,” lag sy. Die 47-jarige Yvonne kom oorspronklik van Buffeljags, maar woon al bykans 25 jaar in Wel-
Yvonne saam met haar span in die slaghuis waar sy al vir 20 jaar werk. lington. Hierdie vrou kén van vleis. Sy weet pre- met ‘n beter resep daar aan te kom,” vertel sy. Volgens Yvonne is dit veral die feit dat ‘n dame sies wat om met elke deel van enige dier se karkas te maak en hoe om elke snit te verwerk of voor te van Worcester ‘n jaar of wat gelede as die wenner berei. Haar ondervinding in die vleisbedryf strek van dié kompetisie aangewys is wat haar gemoimmers al oor meer as twee dekades. Sy werk al tiveer het. “Ek het vir myself gesê: as sy dit kon vir 20 jaar in ‘n bekende kettingwinkel se slaghuis. doen, kan ek ook. ‘n Mens leer elke jaar by die Volgens haar het sy eintlik toevallig in die vleis- kompetisie iets en ek het alles wat ek geleer het bedryf beland. “My broer het by oom Grobbie se gekombineer in wat ek hierdie jaar gedoen het. slaghuis gewerk en hy het gesê dat hulle iemand Party mense hou van koljander, ander nie. Die soek om daar te kom help. Nou ja, geheim is om presies die regte balans van speseek het myself gaan aanmeld en dit rye en bestanddele vind om ‘n wenresep vir boewas die begin van my leerskool in die rewors te kry,” sê sy. Sedert Yvonne as ons land se boerewors-koningin aangewys is, word sy oorval vleisbedryf,” vertel sy. Nadat sy die basiese kennis oor met gelukwense en moet sy omtrent bontstaan vleis in haar eerste werk opgedoen om onderhoude aan die media toe te staan. “Ek moes my hare laat doen, want Hanlie het, het sy ‘n pos by die kettingwinkel Retief van die Rapport het ‘n groot onderhoud waar sy steeds werk, aanvaar. “Ek het 20 jaar gelede as worsma- met my kom doen. Vreemde mense stap sommer ker hier begin. Vandag is ek die slag- ook by die winkel in en kom soek my om my te kom gelukwens. Dit laat ‘n mens klein voel. Dis huisbestuurder,” sê sy trots. Die feit dat sy die kompetisie na eintlik so onwerklik,” sê sy. Oor haar toekomsplanne is daar vir Yvonne 15 probeerslae kon wen, is ‘n bewys van haar deursettingsvermoë en vas- geen twyfel nie. “Ek is mal oor wat ek doen. Ek is bitter lief byt-karakter. “Dit is mos maar hoe die lewe werk. Jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie. Daar vir my werk en vir die mense saam met wie ek was vir my nooit ‘n manier dat ek sou opgee nie. werk. Dit is regtig vir my lekker om elke dag werk Ek het elke jaar iets geleer by die kompetisie en toe te kom en dit is wat ek wil aanhou doen. En wanneer ek uitgeval het, het dit my net gemoti- volgende jaar gaan ek weer vir die kompetisie veer om die volgende jaar harder te probeer en inskryf!” lag dié positiewe aanhouer.
NUUS • NEWS