c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
12 September 2018
80.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 486
12 September 2018
Tjoekepaf met die blomtrein
Die Ceres Rail Company se stoomtrein het die afgelope week op Malmesbury by die plaaslike stasie aangedoen op pad na die Weskus vir hul jaarlikse blommetoer. Talle het na die unieke stoomtrein kom kyk, terwyl hy 'n draai in die Swartland gemaak het. Foto: Johan Viljoen
•LANDBOUSEMINAAR BY SWARTLANDSKOU
Boere moet meer doeltreffend wees •Charlotte Lesch ‘n Paneel van kenners op die gebied van landbousake het die afgelope Vrydag tydens die jaarliks Swartlandskou, besoekers aan die landbouseminaar toegespreek waartydens die kwynende winsmarges in die graanbedryf bespreek is. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA wat die debat geopen het, het ‘n terugblik gegee oor die vorige jaar se seminaar waar die gesprek baie moeiliker was. “Dis nog steeds moeilik, maar gelukkig het dit nou al gereën, so ons gemoedere is hoog.” Die graanbedryf is volgens Sean Walsh, uitvoerende hoof van Kaap Agri op sy beurt nie ‘n kwynende bedryf nie, maar eerder wisselvallig. “As jy jou reserwes goed bestuur het, sal jy dit maak.” Walsh kan getuig dat die meerderheid onder graanboere in die Swartland hul finansies goed bestuur. “In vandag se tyd gaan dit daaroor dat jy meer doeltreffend moet raak. Fokus op m² in plaas van op hektare. Groter is nie beter, tensy dit doeltreffend is nie.” Hy glo dat 2018/2019 ‘n beter jaar uit die afgelope sewe jaar sal wees. Dirk Strydom, Graan SA se bestuurder vir graanekonomie en bemarking, het op sy beurt ‘n blik gegee op die globale perspektief van die huidige stand van die graanbedryf. “Ons sit vandag met kostes wat opgegaan het, maar met ‘n prys van tien jaar terug.” Volgens hom is die huidige pryse vir winter-
grane op die oomblik nou aansienlik beter as gevolg van die wisselkoers. Hy verwys ook na die mieliebedryf wat geval het tot dieselfde prys as tien jaar gelede. “Hoewel die prys van mielies gedaal het, styg die pryse van trekkers steeds.” Strydom het verder terugvoering gegee oor Graan SA se omdraai-strategie. “Daar word hard gewerk om die koringbedryf volhoubaar te hou.” Prof. Ferdi Meyer, direkteur van BFAB, het die internasionale prysvooruitsig vir graan, mielies, rys en olies voorgehou. Volgens hom kan positiewe sentimente die rand terug na R14 (teenoor die dollar) bring. “Ons is inlyn met ontwikkelende ekonomieë.” Hy noem dat die graan somerreënval-areas se totale hektare wel besig is om te daal en dat die winterreënval-areas besig is om op 300 Kt te stabiliseer. “Die landboubedryf het ‘n toenemende positiewe balans in handel bereik, terwyl ander
sektore meestal negatief is.” Hy sê verder dat beter kultivars en boerderytegnieke en -praktyke in plek gesit is om die koringproduksie te verhoog. “Die verbruik van die vernaamste produkte soos koring en rys, het toegeneem soos die bevolking groei. "Globale mielieverbruik het ook toegeneem met die toename in ethanolproduksie en die gebruik daarvan vir dierevoer.” Meyer noem daar word voorspel dat Afrika se totale bevolking tot 299 miljoen mense oor die volgende 10 jaar sal toeneem, terwyl die Bruto Binnelandse Produk se groei slegs met 1329 oor dieselfde periode sal toeneem. “Die landboubedryf se BBP word al kleiner.” Meyer se raad aan boere is, om eerder te fokus op die opbrengs eerder as op die risiko’s. "Die paneel is dit eens dat produsente in die maer jare moet bestee op dit wat nodig is, terwyl daar gedurende die goeie jare konserwatief geboer moet word.
NUUS • NEWS