courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
12 September 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 486
12 September 2018
•KOOP 'N BOOM TEN BATE VAN BEWUSMAKING
Gehoorverlies stuit haar nie •Madi Pieterse Dit gebeur met die meeste van ons. En dikwels loop dit uit op 'n goedige gespottery. Maar gehoorverlies is 'n werklikheid vir `n groot persentasie van die wêreldbevolking, hetsy as gevolg van ouderdom, langdurige blootstelling aan geraas (bv fabriekswerkers), siektes (waaronder masels en pampoentjies), geneties, neurologiese oorsake (veelvuldige sklerose, beroerte) en fisiese trauma (kopbeserings en tinnitus - `n aanhoudende gesuis in die ore). Dit is goed en wel om die probleem aan te spreek en professionele hulp in te win, maar die koste van gehoorapparate is vir die gewone man op straat kostegewys bykans onbereikbaar. Hannes Eksteen van die Kaap, wat eerstehandse ervaring met sy eie gehoorverlies opgedoen het, het navorsing gedoen en `n apparaat oorsee gevind wat teen heelwat minder koste as deur die gewone mediese kanale ingevoer en aan persone met gehoorverlies beskikbaar gestel kan word. So het sy internet-besigheid, Hearing Revival Africa, sy ontstaan gehad. Lenieta Esterhuizen, 46, het sowat vyftien jaar gelede agtergekom, na die geboorte van haar kinders, dat haar gehoor drasties agteruit gegaan het. `n Besoek aan die audioloog het bevestig dat sy otosclerose het, wat die verbrokkeling van die aambeeld en hamertjie binne die oor meegebring het. Die toestand is aangejaag deur die swangerskaphormoon. Lenieta en Hannes se paaie het gekruis en hulle het gou besef dat hulle elkeen `n passie het om mense met gehoorverlies by te staan en te help op hulle pad om die toestand te verbeter. Lenieta woon tans op Malmesbury, maar het jarelank aan die Weskus gewoon, wat haar besluit om in hierdie area persone met gehoorverlies by te staan, baie maklik gemaak het. Dit is hoe sy te hoe gekom het van Rozelle August, `n vrou wat by Die Plaasmol buitekant Hopefield werk. Rozelle ly al 31 jaar lank aan gehoorverlies. En die passing van `n gehoorapparaat deur Lenieta het haar lewe verander. Vir die eerste maal in al die jare kon sy hoor!! Vir die eerste maal kon sy die donkie by Die Plaasmol nie net sien nie, maar ook hoor! Nogals `n skrikwekkende, harde, maar baie genotvolle ervaring. En vir die mense wat die oomblik saam met haar kon geniet, `n lewensveranderende oomblik. Sodoende het die projek, Koop `n Boom en Help `n Persoon Hoor, tot stand gekom.
Plaasmol-eienaar Fransie Rossouw het 'n groot aantal Coastal Oaks en Geelhoutbome beskikbaar gestel wat teen R25 elk verkoop word om fondse in te samel vir `n gehoorapparaat vir Rozelle. So word twee vlieë met een klap geslaan: mense kry die geleentheid om tydens Boomplantmaand `n boom te plant en ook `n bydrae te maak tydens Gehoorbewustheidsmaand om iemand te help om `n gehoorapparaat te kry. Fransie en Lenieta vertel dat Rozelle `n vrou met `n pragtige geaardheid is wat nie toelaat dat haar gehoorverlies maak dat sy by die huis sit en haarself bejammer nie. Sy daag elke dag op vir werk, is vriendelik en help kliënte sover sy kan. Sy wil werklik deel wees van die lewe. Wanneer voldoende fondse ingesamel is, sal Rozelle haar gehoorapparaat asook batterytjies vir ses maande ontvang. Enige persoon wat `n gehoorapparaat ontvang, moet weet dat die apparaat goed opgepas moet word, gereeld skoongemaak en batterye elke twee weke vervang moet word. Lenieta beklemtoon dat elke persoon bewus moet wees van die feit dat `n gehoorapparaat `n lopende uitgawe is. Wanneer dit mooi opgepas word, kan die apparaat sowat vyf jaar hou voordat dit vervang moet word. Dan moet daar weer fondse beskikbaar wees vir `n volgende apparaat. Lenieta het dit ten doel om soveel moontlik persoonlike bystand aan kliënte te verleen, veral omdat elkeen se gehoorverlies nie dieselfde is nie en verskillende faktore, soos `n hoed op die kop of `n vliegtuigrit, die werking daarvan kan beïnvloed. Sy help elkeen om die apparaat te pas en te
Bo: Rozelle August het altyd `n groot glimlag op haar gesig en is altyd bereid om kliente `n handjie te gee, al is dit ook wanneer die kaskar `n hupstootjie nodig het. stel, dit te onderhou en batterye te ruil. Alhoewel dit nie `n vereiste is nie, is dit beter dat mense hulle ore laat toets by `n audioloog om vas te stel of `n siekte of gewas of enige ander faktore nie dalk die gehoorverlies veroorsaak nie. Die apparate word slegs aan volwassenes beskikbaar gestel en is `n volwaardige gehoorapparaat en definitief nie `n versterker (amplifier) nie. `n Versterker maak alle geluide harder teenoor `n gehoorapparaat wat klanke kontroleer. Maak gerus `n draai by Die Plaasmol, ontmoet vir Rozelle en koop en plant `n boom sodat sy ook die genot van hoor elke dag kan ervaar. *Enige verdere navrae kan gerig word aan Lenieta by 072 589 7322 of Fransie by 074 924 8478.
NUUS • NEWS