courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
26 September 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 488
26 September 2018
R600 000 vir biblioteek Die Wes-Kaapse minister van Kultuur en Sport, Arnoux Marais, het verlede week ‘n tjek van R600 000 aan Bergrivier Munisipaliteit in Kaapstad oorhandig vir die opgradering van die Noordhoek Biblioteek op Velddrif. Die skenking stel nou die munisipaliteit in staat om die biblioteekfasiliteite vir die Noordhoek-gemeenskap op te skerp en te verbeter. Die munisipaliteit beplan om ‘n gedeelte van die biblioteek se kinder-afdeling en die studie-area uit te brei om meer kinders die geleentheid te bied om die fasiliteit gedurende die dag te gebruik en hul skoolwerk in ‘n veilige omgewing te doen, voeg die munisipaliteit by.
•MAKIETIE-FEES OP LAAIPLEK GEHOU
Weskus vier erfenis Die tradisionele Weskus Erfenis Makietie is die afgelope naweek weer gehou op die terrein van die Laaiplek Hotel te Laaiplek aan die Weskus. Dit is dié geleentheid waar die Weskus se erfenis en kultuur op sy lekkerste ervaar word. Die dag het vermaak en pret gebied vir jonk en oud. Vanjaar se tema was “VAN TOEKA TOT NOU”. Die dag het om 08h00 afgeskop met 'n 5 km pretloop deur 'n mooi deel van die dorp en het menige deelnemers gelok. Stalletjies was volop, met lekkernye soos samoesas, smoorsnoek, biltong, lekkers, boerewors rolletjies, burgers, skyfies en baie meer. Produkte van talentvolle Weskus kunsvlyters soos speelgoed en allerlei bruikbare items is te koop aangebied. Vir kunsliefhebbers was die werke van plaaslike kunstenaars in die Waenhuis
Brandinspeksies by sakelui gedoen
uitgestal, waar enkele artefakte van die SA Vissery Museum ook besigtig kon word. 'n Groep ATKV-vroue het `n oggendtee by Laaiplek Hotel aangebied, waartydens Vroue Van Atlantis die geleentheid gehad het om hulle wedervaringe met Weskussers te deel. Laaiplek Hotel het gesorg dat kele nat bly en verversings en lekker kos die maagholte ordentlik vul. Terselfdertyd is 'n program van top-vermaak op en voor die verhoog aangebied, waaronder die Boesmanland Bitterbessies Rieldansers, Velddrif Lyndansers en ritmiese Xhosadansertjies van die Live Traditional Care Centre van Laingville. Verskeie plaaslike Weskussangers was op die verhoog, onder andere Leon Terblanche, Amber Kruger en Deon Terblanche. Candy-Lee Duarttee, Mej Teen Queen of the
Fase 3 van herwinning begin
Universe van Suid-Afrika, was `n genooide gas en is ook ingespan as beoordelaar vir die baie gewilde Mej Makietie-beoordeling en -kroning. Anel Jaars is as Mej Makietie aangewys met Geronique Damon eerste prinses en Michaela Matthys tweede prinses. Al drie is van Velddrif. Die Lekkerloop-roete het feesgangers op 'n kort erfenis-staproete vanaf die feesterrein verby 'n werkende sleephelling - die enigste waar hout “trawlers” nog herstel word - na die hawe geneem waar demonstrasies op 'n visserskuit gesien kon word. Hierdie genotvolle dag vol pret is georganiseer deur die SA Visserye Museum in samewerking met Bergrivier Toerisme, die ATKV, Laaiplek Hotel en ander rolspelers. Dit is die sewende jaar dat die Weskus se kulturele geskiedenis so herdenk word.
Pure pret met Pure Porterville
NUUS • NEWS