courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
17 Oktober 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 491
17 Oktober 2018
•TENNISSTER OP PAD NA DIE VSA VIR TOERNOOI
Graf, Becker Martin se tennisinspirasie •Madi Pieterse ‘n Lewenslange droom van ‘n 38-jarige jongman van St Helenabaai het vanjaar ‘n werklikheid geword. Martin Niemand het as vyfjarige tennissterre soos Stefan Edburg, Boris Becker en Monica Seles op televisie gesien deelneem aan die Wimbledon Tenniskampioenskappe en ‘n liefde vir die sport het in sy hart posgevat. Die knapie het ‘n ou tennisrakket in die hande gekry en kort voor lank het hy hierdie groot name begin naboots. Van sy maats is nadergetrek om saam met hom te speel en sy liefde vir die sport het net gegroei. Alhoewel daar geen afrigting in die laerskool beskikbaar was nie, het die ouer mense by die plaaslike tennisklub hom gereeld touwys gemaak. Ten spyte van sulke struikelblokke het hy reeds op twaalfjarige ouderdom aan toernooie begin deelneem. In die hoërskool het die prentjie verander. Tennis was een van die skool se sportsoorte en Martin het die skool se eerste span gehaal as nr 4. I n sy graad nege-jaar word hy die skool se nr 1-speler. Op sestien verwerf Martin provinsiale kleure en ontvang ook in matriek erekleure. Martin het op 13-jarige ouderdom sy eerste enkels-toernooi tydens hul klubkampioenskappe gewen. Hierna het hy by ‘n ander klub aangesluit en is binne ‘n paar jaar as kampioen in die dubbels aangewys. Op 30-jarige ouderdom begin hy senior tennis speel in sy ouderdomsgroep. Hy vertel dat daar deur die loop van die jaar gereeld toernooie gehou word, onder andere interprovinsiaal en nasionaal. Sy droom om as lid van ‘n Suid-Afrikaanse span te speel, het steeds op die agtergrond geluier. Spelers kan net die span maak indien hulle goed speel in toernooie en tot finale rondtes kan deurdring. In 2017 het Martin en Hein Beyleveld van SWD in die dubbels-finaal tydens die WP-toernooi verloor. Tydens die Kwazulu-Natal-toernooi verloor Martin in die enkels-finaal en eindig in die derde plek in die dubbels.
Hy was ook deel van die Bolandspan wat in Bloemfontein in die interprovinsiale toernooi meegeding het. Die span verower ‘n silwer medalje. In Januarie 2018 kom die groot nuus: Martin is gekies as lid van die Suid-Afrikaanse span in die mans 35-groep waar hulle in Miami, Florid, in die spankompetisie teen die res van die wêreld gaan meeding. Die toernooi word van 21-28 Oktober ge-
speel. Die span vertrek op 17 Oktober. Martin se droom is bewaarheid, hy speel vir die SA-span! Martin oefen tans drie tot vier maal per week op Vredenburg saam met sy gereelde oefenmaats Warrick Dreyer en Marquin Strauss. Die drie van hulle het vanjaar al verskeie toernooie gewen. Wat hou die toekoms vir Martin in? Hy sê hy wil net sy tennis geniet.
NUUS • NEWS