courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
24 Oktober 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 492
24 Oktober 2018
Dis oestyd en lyk vanjaar aansienlik beter vir boere op die weskus. Hier sny Eddie Steenkamp van die plaas Karbonaatjieskraal in die Koperfontein-distrik sy hawer plat. Foto: Johan Viljoen
•BERGRIVIER PAS WATERMAATREËLS AAN
Beperkings verslap Bergrivier Munisipaliteit sal volgende maand vanaf 01 November vlak 4 waterbeperkings instel danksy die goeie reënvalsyfers vir vanjaar teenoor die ooreenstemmende tyd in 2017. Die besluit om die waterbeperkings te verlaag vanaf vlak 5 tot vlak 4 is goedgekeur tydens die Burgemeesterskomitee vergadering wat onlangs plaasgevind het. Die Wes-Kaap en spesifiek die Bergrivier Munisipale-area beleef tans ‘n bogemiddelde reënval. Vanaf Januarie 2018 tot September 2018 is 558.5mm reënval in die area gemeet teenoor 188.5mm vir dieselfde tydperk verlede jaar. Die goeie reënval reflekteer ook in die dampersentasies en word die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaapse Watervoorsiening Stelsel
Hannah se swemdrome waar
(WKWVS) soos op 08 Oktober vanjaar gemeet op 76.2% teenoor 37.8% die ooreenstemmende tyd in 2017. Vir die damme wat direkte voordeel vir die Bergrivier Munisipale area inhou, loop die Misverstanddam tans oor, terwyl die Bergrivier Dam 99.4% vol is teenoor 66.4% in 2017. Die Voëlvlei Dam is 96.2% vol teenoor slegs 26.8% in 2017. Vlak 4 waterbeperkings beperk ‘n huishouding tot 100 liter water per persoon per dag, teenoor die huidige 50 liter water per persoon per dag. Vlak 5 na vlak 4 waterbeperkings sluit die volgende maatreëls in: ‘n Vermeerdering in die persoonlike waterverbruik van 50 liter per persoon per dag na 100 liter per persoon per dag [15 m³/maand] per
huishouding van 5 mense. ‘n Teiken gebruik van 2.5 miljoen liter per dag na 5 miljoen liters per dag (totale Bergrivier Munisipale Gebied). ‘n Verslapping van beperkings vir kommersiële, industriële en nie-residensiële watergebruikers vanaf 45% na 35%. (Gemiddelde persentasie vir vlak 4). Dit beteken dat alle waterverbruikers ten minste 35% moet bespaar. Beperkings op die gebruik van landbouwater word verslap vanaf 60% na 50% besparing (slegs van toepassing op landbou water binne munisipale gebied waaroor Bergrivier Munisipaliteit jurisdiksie het). ‘n Verlaging in die tarief na vlak 4 waterbeperkings (bereken op 35% besparing).
Fossil Park celebrates new beginning
Duiwe vlieg laaste keer
NUUS • NEWS