493 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

31 Oktober 2018

96.2%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 493

31 Oktober 2018

Koring rol

Dis oestyd in die Swartland en produsente van die streek is van vroeg soggens tot laat saans druk besig om die koring van die lande te haal. Op Welgegund Van AJ Poole is dit ook geen uitsondering nie. 'n Goeie oes word verwag, maar die finale syfers sal eers na afloop van die oesseisoen, wat sowat ses weke duur, weergegee kan word. Intussen bly produsente hoopvol en positief.

•TROTSE STREEPTRUI-ONDERSTEUNER

Haai-trui vir Van Wyk Jacques van Wyk van Malmesbury, ‘n lojale en getroue WPondersteuner wat die afgelope Saterdag die Curriebekereindstryd teen die Haaie op Nuweland gaan kyk het, het oornag glansstatus bereik wat spruit uit sy pure liefde vir die spel. Kort nádat ‘n kameraman ‘n ietwat somber Van Wyk se gesigsuitdrukking vasgevang het, het telefoonoproepe na hom begin stroom. Die eerste oproep aan hom was nog gedurende die wedstryd vanuit sy tuisdorp wat hom vertel het dat hy so pas op die televisie verskyn het. Van Wyk het dit later oorweeg om sy selfoon af te sit, sodat hy nog die laaste paar minute van die spel kon kyk. Nie lank nádat die kampioene die glinsterende Curriebeker danksy hul oorwinning van 17-12 oor die Westelike Provinsie gesoen het, het die Cell C Sharks die skermgreep van Van Wyk op hul amptelike Facebook-blad geplaas en ‘n beroep op ondersteuners gedoen om hulle te help om die ongelukkige WP-ondersteuner op te spoor. Die Haaie wou ‘n rugbytrui aan Van Wyk stuur

om hom bietjie op te helder ná die teleurstellende nederlaag. Van Wyk is sommer vinnig uitgeken en sy nommer is aan die Haaie gegee. Die Haaie het hul woord gestand gedoen toe hulle Van Wyk Maandagoggend bel om uit te vra

oor sy hempgrootte en of hy wel die trui sal dra. Van Wyk lag en sê hy sal die trui een keer dra en ‘n foto daarvan neem, hoewel hy dit nie weer sal aantrek nie. “Ek sal dit raam en ophang.” Van Wyk vertel hoe baie boodskappe hy ook van Sharks-ondersteuners ontvang het. “Baie het gesê dat hulle weet hoe dit voel om te verloor en dat hulle al baie in dieselfde bootjie was.” Van Wyk het tot oproepe vanuit Nieu-Seeland ontvang. Het die foto van hom wat soos ‘n veldbrand versprei het, die waarheid verklap soos wat daar op sosiale media beweer is? Van Wyk bieg en sê dit is nie lekker om vir 73 minute swak rugby te kyk nie. “Ek was baie hartseer, maar die hitte het ook ‘n groot rol gespeel” voeg hy by. Van Wyk is oorweldig deur al die oproepe, boodskappe en onderhoude, maar weet dit sal ook weer vinnig oorwaai. “Die naweek kyk ons almal vir die Springbokke en skree vir dieselfde span as een span,” voeg hy bemoedigend by.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
493 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu