courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
NUUS • NEWS
dié
31 Oktober 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Uitgawe 493
Bou saam met goeie nuus
31 Oktober 2018
•50 YEARS AND STILL GOING STRONG
Two local fisheries commemorated
•Madi Pieterse Before 1968 the modern natural Berg River Mouth was the portal to the two fishing factories of Velddrif and Laaiplek during the late 1940’s, 1950’s. This mouth, however, was only 45cm deep during a spring low tide and at normal high tide between 1,83 and 2,14m deep. Sandbanks in front of the mouth were not insurmountable while the boats were still small, but as boat sizes increased the fish harvests had to be offloaded elsewhere. This was detrimental to the development of the fishing trade in Velddrif and Laaiplek. Access to the two fish factories had to be improved to ensure the continuation of the excellent prospects of the fishing industry in Velddrif and Laaiplek. Sea jetties - a possible solution In 1952 it was decided to build a sea jetty for off-loading fish in Laaiplek, east of the present-day mouth to the Berg River. Although the jetty was very dangerous during stormy winter weather, the project did achieve a certain amount of success, but still could not move apace with the procurement of bigger boats. The off-loading jetty was not a long-term solution and if better solutions were not found, it would surely have led to the end of the fishing industry in Velddrif. The New Harbour The solution to the problems of the inadequate natural mouth of the Berg River? In 1957 Gerrie van Zyl, pioneer Director of Marine Products, Laaiplek, encouraged the management of the factory and people of Velddrif to appeal to the highest authority for assistance in the opening-up of the Berg River mouth. The Berg River Action Committee was formed. Eventually in January 1958 the Action Committee met with the then Minister of Economic Affairs, Dr A.J.R. van Rhyn. He was sympathetic but suggested that an in-depth study of all possible solutions to the problem at the mouth of the Berg River should be launched. The study determined that it was impractical to open the existing mouth and that a permanent solution was a completely new mouth for the Berg River. To accomplish a successful solution a working model, that took all factors into account, that contributed towards the success of this enterprise, needed to be built. In February 1959 Gerrie van Zyl of Marine Products granted £6000 of the company funds for the building of the working model. The task of building a working model was allocated to the Faculty of Engineering of the Uni-
versity of Stellenbosch under Prof R Truter. After years of study, research and measurements, the final proposal was that a new canal and waterway to the sea east of the natural mouth to the Berg River be dug through the existing sandy peninsula between the river and the sea. The new canal would be approximately 300m long, 60 metres wide and a minimum of 3m deep. Two breakwaters measuring 365m were to be built from the channel into the sea. The entry from the sea had to be deepened too. The research project was completed by August 1963 and government approved the plan in 1964. The tender at the sum of £650 000 was awarded to the tenderer, Christiani & Nielsen (SA) Pty Ltd to begin construction on the new mouth to the Berg River and the building of a fishing harbour. Work started on 1 August 1964 and the new waterway and harbour were completed for a final sum of £900 000 and inaugurated on 25 October 1968. It was a festive event and the fishing trawler “Stormkop” (still afloat and fishing today), followed by a fleet of trawlers sporting colourful flags, had the honour to be the first boat to enter the new harbour through the man-made mouth to the Berg River. This harbour and entrance to the sea prevails up to the present and is one of the twelve fishing harbours of South Africa. Here the commercial
FRESH PRODUCE
Double Up Wednesday
R50
Buy Three Avocados & Three Lettuce Punnets for only R50 & Get Three Large English Cucumbers
Weskus Mall
fishing trawlers can be seen moored at the quayside. Trustworthy, and sturdy, they ply the seas along our coast for pelagic catches rich in omegas. The catches are canned or turned into fish meal. Fishermen in their bustling fishing trawlers still go to sea through this same man-made Berg River mouth to the Atlantic Ocean, providing economic prosperity in Velddrif. The fishermen of the time showed their heartfelt gratitude by painting the following on the longest breakwater entering the sea: “ ’n Beter Toekoms is vir Ons Geskep” loosely translated: A better future is created for us. This huge endeavour, a man-made mouth to the Berg River, celebrated 50 years of unwavering duty to the fishing industry on Thursday, 25 October. This entire venture is surely the most important single piece of history that, in all humbleness, binds the West Coast fishermen and inhabitants from the past and present together. The SA Fisheries Museum is planning to celebrate this historical event in various ways during the last quarter of 2018. On the menu is an evening event hosted by the SA Fisheries Museum on Thursday, 15 November at the Laaiplek hotel. To book for this interesting evening or to share your photographic artistry, please contact the SA Fisheries Museum Laaiplek. The contact person is Felicity Strohfeldt and she an be contacted on (022) 783 2531 / 082 849 9251 / email seaquiz@mweb.co.za.
SEAFOOD
BUTCHERY
Food Lover’s Signature Seafood Mix 700 g
Ground Beef 2 x 500 g
R50
R50
ABSOLUTELY FREE! VALID WED 31 OCT ONLY!
ABSOLUTELY
FREE! Valid Dates: Wednesday 31 October - Sunday 04 November 2018 • Offers valid at this store ONLY! Shop L42, FLM Weskus Mall, 110 Saldanha Road, Vredenburg • www.foodloversmarket.co.za ACTUAL PRODUCTS ON OFFER MAY DIFFER FROM VISUALS SHOWN, AS THESE ARE SERVING SUGGESTIONS ONLY • HAMILTONS ADVERTISING 291018 • NO HAWKERS • NO TRADERS • WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES • E&OE
2
31 Oktober 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
3
31 Oktober 2018
•TWEE NUWES BEKENDGESTEL
Kunstenaars se kwaste verf verhaal •Madi Pieterse Twee opkomende kunstenaars se werk sal ook tydens die amptelike opening van Blissfully Anna Gallery Of Art op Jacobsbaai, en daarna, vertoon word. Charlene Burger en Althea Bouwer is onlangse intrekkers op die skilderagtige kusdorpie waar hulle hul kunstalent na hartelus kan uitleef. Om te skilder was vir Charlene van kleins af ‘n begeerte van die hart, maar die era waarin sy grootgeword het, het nie baie ruimte gegun vir “mense wat heeldag prentjies in hulle koppe teken nie”. Nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, het haar lewe die tradisionele gang geneem van studeer, trou en kinders grootmaak. Sy het ‘n suksesvolle besigheid bedryf deur ontwerpersklere te maak vir mense van groter postuur of lang mense wat gewoonlik moeilik klere kon koop in gewone winkels. Die begeerte om te skilder het altyd in die agtergrond geluier. Na haar egskeiding moes sy haar drie seuns alleen grootmaak en weer het die lewe se vinnige pas haar nie toegelaat om haar passie uit te leef nie. In 2004 het sy by die kinderhuis op Klerksdorp begin werk en dit is hier waar haar kreatiwiteit uitgebars en sy uiteindelik begin skilder het. Sy het nooit weer teruggekyk nie. En nou, in die later jare van haar lewe, glo sy die Here gee haar die geleentheid om elke dag te fokus op dit wat sy so lank binnekant moes wegsluit. Haar doel is om dit wat vir haar ‘wow’ is op doek vas te lê in die hoop dat mense wat daarna kyk ook die ‘wow’ sal raaksien. Om mense se gesigte te teken, volgens haar, is maklik, maar om die emosie weer te gee, is ‘n uitda-
ging. En Charlene hou van uitdagings. Die Here gee vir haar idees, prentjies, wat sy op die skilderdoek weergee. Sy is tans besig met ‘n skildery van Maria Magdalena, ‘n vrouefiguur in die Nuwe Testament, wat groot verwerping ervaar het onder die mense van haar tyd. En hierdie verwerping, met Jesus Christus as enigste uitkoms, wil sy weergee in hierdie kunswerk. Charlene se kuns het ‘n diep geestelike impak op haar lewe en haar hoop is dat dit vir ander ook tot seën sal wees.
Die SA Polisiediens Vredenburg in samewerking met die Gemeenskapspolisiëringsforum bied weer op Woensdag 28 November die jaarlikse Blow The Whistle Against Crime-gebeurlikheid aan. Dit sal vanjaar by die Louwville-sportgronde
aangebied word. Verdere besonderhede en die dag se aktiwiteite sal in ‘n later stadium bekend gemaak word. Enige navrae in die verband kan gerig word aan Johan Bouwer op 078 44 99 643 of johan@ elpidafoundation.com.
Van kleintyd af wou Althea skep, goed maak, goed mooi maak, opdollie, hetsy dit hare is of iemand grimeer of ‘n blik op te ‘jazz’ sodat dit mooi vir die oog is. As kind het sy altyd geteken, maar nooit kunsopleiding ontvang nie, waaroor sy in ‘n mate spyt is. Aan die ander kant laat dit haar toe om haar eie pad van ontdekking te loop, te doen waarvan sy regtig hou en haar eie stempel as abstrakte kunstenaar af te druk. Althea se uitdaging is om dinge uit te beeld wat nie realisties is nie sodat mense wat dit sien dit self kan interpreteer en verstaan. Althea is getroud en het drie seuns wat haar baie besig hou. Sy doen tuisonderrig. Soos wat haar kuns vir haar elke dag n avontuur en ‘n uitdaging is, is die grootmaak van haar kinders dieselfde. Om ‘n ma te wees is vir haar ook ‘n kuns, waar jy elke dag besig is om te skep. As dit nie is om innoverende etes voor te sit nie, dan is dit om hulle te vermaak, avonture te beleef in en langs die see en net deel te wees van elkeen se lewe en ervaring daarvan. Haar man en seuns is groot steunpilare op haar kunspad en sonder hulle sou sy nie haar kuns so kwistig kon uitleef
nie. Althea vertel dat “al haar ouerpare (geskeide en weer getroude pare van haar en haar man se kant)” ‘n groot bydrae in haar lewe gemaak het en dat die wysheid wat sy by elkeen kon leer vir haar lewenspad vorentoe, ‘n onbeskryflike impak op haar het oor hoe sy die lewe sien en
ervaar. Die amptelike opening van Blissfully Anna Gallery of Art vind Vrydagaand 9 November plaas tydens ‘n kaas-en-wyngeleentheid o 18h30. Alle kunsliefhebbers is welkom om die geleentheid by te woon. Vir enige verdere besonderhede kan Anita Joubert gekontak word by 083 273 2219.
There is currently a high fire danger warning throughout the Western Cape because of prevailing weather conditions - hot, dry and windy. Anton Bredell, Minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning has commended and thanked firefighting officials working around the clock in the Hessequa region for their efforts over the past days and urges the cooperation of the public to help reduce the fire risk in the province.
“Over the next few days, while conditions are not in our favour, the public is urged to please be vigilant, don’t start fires in natural areas, don’t burn rubbish and be careful if you are working with mechanical equipment in the field.” If fire/smoke is spotted, please report it immediately to your closest Fire Brigade Service or phone 112 (all emergencies number). Fire is everyone’s fight - please be vigilant and help stop ignitions in natural areas.
Blaas fluitjie teen misdaad Fire Danger Alert
4
31 Oktober 2018
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary Geleenthede Saterdag 3 November: Paternoster Crayfish Wharf Bubbly & Oesters-fees. Vir enige navrae besoek hulle webblad crayfishwharf.co.za / facebookblad paternostercrayfishwharf. Port Owen Mark, 10h00-14h00. Stalletjies beskikbaar teen R60. Kontak Wilna 082 449 1121 na 14h00. CANSA Relay For Life, Jail & Bail, Vredenburg launch. 09h00-13h00, Ipic Centre Vredenburg. Support your local community heroes by “bailing them out”... For information contact Elfrieda Engels on 082 854 3145 / Riana Oosthuizen on 078 179 8775. Woensdag 7 November: Sluitingsdatum kunskompetisie Blissfully Gallery of Art, Jacobsbaai. Enige navrae kan gerig word aan Anita Joubert op 083 273 2219. Friday 9 November: Amptelike opening Blissfully Anna Gallery Of Art Jacobsbaai tydens kaas-en-wyn-geleentheid aangebied deur Darling Kelders, 18h30 vir 19h00. Almal welkom. Besigtig kunswerke van bekende en opkomende kunstenaars asook mooigoed vir kleingoed. Enige navrae kan gerig word aan galery-eienaar Anita Joubert op 083 273 2219. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Gerda Claassen - Textures & Acrylic. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Saterdag 10 November: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, basaar aangebied by NG Kerksaal Velddrif en Terrein, Smitlaan. Ontbyt beskikbaar vanaf 09h00, opening en verwelkoming 09h30. Navrae (022) 783 0048. Jacobsbaai kuns- en kersmark, 10h00. Om stalletjies (ongelukkig geen kosstalletjies beskikbaar) te bespreek kontak Riekie van Kontrei Kuierz op 079 428 9238. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Gerda Claassen - Textures and Acrylic. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Wednesday 14 November: Pot & Dop evening with Merrill at the Pumpkin House Langebaan. Bookings essentital at Hanli Theron 082 853 8187 /
arts2gether@gmail.com. Vrydag 16 November: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, dans met Jay-Jay in die Velddrif-stadsaal. Toegang R70. Bringbeieneet- en drinkgoed. Navrae (022) 783 0048 / 082 341 5354. Saturday 17 November: West Coast Bird Club meeting 14h30 at West Coast Fossil Park with speaker Zanri Schoeman, an MSc student from Nelson Mandela Bay University based at Bird Island off Lambert’s Bay researching various aspects of predation on the Cape Gannet colony there. For information contact Jeannie 082 571 6367. Donderdag, 22 November: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, kers-ete. Navrae (022) 783 0048. Saturday 24 November: Birding Big Day, a national event coordinated by BirdLife South Africa, supported by bird clubs and birders who record as many species as can be found in the 24 hours of 24 November. Visit BirdLife South Africa’s website www.birdlife.org or contact Jeannie 082 571 6367. Sondag 25 November: NG Kerk St Helenabaai bied aan: Broers (Cobus, Nic & Christo) - Diep in my Hart, 19h00. Kaartjies kos R80pp, beskikbaar by kerkkantoor / die aand by die deur. Woensdag 28 November: Blow The Whistle Against Crime-dag. SA Polisiediens Vredenburg in samewerking met die Gemeenskapspolisieringsforum te Louwville Sportgronde. Navrae johan@ elpidafoundation.com / 078 4499 643. Thursday 29 November: Art Exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h00-20h00. Art of Hanli Theron exhibited. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Saturday 1 December: Car boot market, Catholic Church grounds, Suffren Street, Langebaan. Come early, bargains galore. Enquiries & bookings Heidi 083 779 5127. Jacobsbaai Wapad Jol Togryersvlei, pretloop, bergfietsuitdaging, boetiekbier, kos- en handwerkersmark, ens. 11h00-18h00. Beperkte kaartjies, besprekings noodsaaklik. Kontak Amanda 082 671 8099 / epos wapadjol@gmail.com. Fondsinsameling deur Jacobsbaai Belastingbetalersvereniging.
Sondag 2 Desember: Kerssangdiens NG Kerk Akkerdyk op Vredenburg om 19h00. Kontak die kerkkantoor op (022) 713 1314 vir meer inligting. Wednesday 5 December: Pot & Dop evening with Merrill at the Pumpkin House Langebaan. Bookings essential. Contact Hanli 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za. Friday 21 December: SOS Christmas Festival, Denlynpark, Langebaan, 10h00-15h00. Food, entertainment, stalls and play area for the children. Enquiries or to book a stall 083 779 5127.
SPORT Weekliks West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.
Neem deel/ gaan kyk:
Saterdag 3 November: Galop om die Kop Fun Run / Pretdraf, Topolino Sportveld, Langebaan, langs die rolbalbane, oorkant KFC. Registrasie vanaf 07h00, wedlope 08h00. koste 5km - R20; 10km - R30. Familievriendelike pret, boereworsrolle te koop. Vir meer
inligting kontak (022) 772 1132. Saturday 10 November: Velddrif Mile & 3km Swim, Port Owen Harbour, Velddrif. 500m Fun Swim, 1,6km Velddrif Mile, 3km Advanced Swim. Follow on facebook for more info on the event, starting times, places & updates. Prize-giving & live music at Charlie’s Brewhouse. Pre-entries online only! Email swim@velddrif.info / 061 554 4649. Saturday & Sunday, 10&11 November: Langebaan Country Estate Cycling Challenge & Mountain Bike Fun Ride, in conjunction with SANParks Honorary Rangers and the Pedal Power Association. Proceeds donated to West Coast National Park. Entries www.lcecyclechallenge.co.za / www.racetec.co.za. West Coast Military Equestrian Club Saldanha presents Showing/Dressing/ Jumping. Saturday Showing/Dressing, Sunday Practice Jumping. Entries close 5 November. Queries Lizelle 083 412 3588 / Ellen 076 053 1879 / lizelle0210@gmail.com. Friday 16 November: Ride for Life, Ride for Ms Goosen Glow Night Run MTB Night Ride at Langebaan Country Estate. Distance about 15km, registration 18h30 at the Driving Range, race starts at 19h00, park at Oxigym parking area. Cost R50 adults, R25 children, fee towards medical expenses Ms Goosen, donations accepted on the evening. Boerie roll & refreshments available afterwards. NO LIGHT + HELMET = NO RIDE. Entries close 9 November. ALSO 2km fun run for those without bicycles. Entries close 9 November. Contact Elaine Meintjies 082 896 0008 / Langebaan Country Estate (022) 772 2112. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09h30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09h00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10h00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09h30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10h00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09h30 – 022 715 1276. NG Kerk St Helenabaai, diens Sondae 09h00 - (022) 736 1353. Living Waters Ministry, Stasiestraat Vredenburg (AW Boards-gebou), diens Sondae om 10h00 - 063 116 9576. Weskusgemeente, Vredenburg, diens Sondae 08h50; radioprogram Kruispad Dinsdae 20h00-21h00 Weskus Radio 92.3 FM 084 584 8953. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae. Gemeenskapspolisieringsforum te Louwville Sportgronde. Navrae johan@elpidafoundation. com / 078 4499 643. Thursday 29 November: Art Exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h0020h00. Art of Hanli Theron exhibited. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Saturday 1 December: Car boot market, Catholic Church grounds, Suffren Street, Langebaan. Come early, bargains galore. Enquiries & bookings Heidi 083 779 5127. Jacobsbaai Wapad Jol Togryersvlei, pretloop, bergfietsuitdaging, boetiekbier, kos- en handwerkersmark, ens. 11h00-18h00. Beperkte kaartjies, besprekings noodsaaklik. Kontak Amanda 082 671 8099 / epos wapadjol@gmail. com. Fondsinsameling deur Jacobsbaai Belastingbetalersvereniging. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos. co.za.
NUUS • NEWS
Die Duitse "inval"
•Madi Pieterse 'n Klomp Duitsers in helder oranje T-hemde het Paternoster ingeval. En hulle woeker en werk en speel hulle dae om. Maar nie alleen nie. Waar jy hulle sien, sien jy altyd 'n tros kinders van Paternoster wat deel in die pret, maar terselfdertyd leer van respek betoon en dat harde werk vrugte afwerp, in die skool en by die huis. Die storie van die Duitsers het sowat twee-en-'n-half jaar gelede begin toe Jaco van der Westhuizen van Paternoster Vissery sy jarelange vriend, Christian Neuber, in Duitsland kontak om te vertel van Paternoster se kinders. Jaco is die eerste Hoof Uitvoerende Bestuurder van Paternoster Vissery in baie jare wat Paternoster sy tuiste gemaak het. En die dorp en sy mense het onder sy vel ingekruip. Christian Neuber is 'n afgetrede uitgewer, wat onder andere kinderboeke gepubliseer het en 'n passie het vir kinders. Jaco het vir Christian vertel dat dit nie aldag maklik is vir skoolgaande kinders op die dorp nie omdat klasgetalle redelik hoog is en daar dikwels twee standerds in een klas is, wat natuurlik onderwysers se taak bemoeilik en dit vir die kinders moeilik maak om te konsentreer. Jaco se vraag aan Christian? Hoe kan ons help? Kort daarna het Christian kom kuier en planne het in plek geval wat die lewens van Paternoster se kinders, en later ook die grootmense, vir altyd sou verander. 'n Nie-winsgewende maatskappy, Paternoster Project NPC, is in die lewe geroep met die uitsluitlike doel om die jeug van Paternoster toe te rus vir die toekoms en om die plaaslike erfenis te behou. Met sy jarelange kontakte wat hy as uitgewer opgebou het, het Christian met lektore en allerhande hoë mense van universiteite in Duitsland kontak gemaak en 'n projek is van stapel gestuur waar Duitse studente op 'n kwartaallikse rotasiebasis Paternoster toe sou kom om vrywilligerwerk by die skool te doen. Die werk behels dat onderwysers bygestaan word in hulle daaglikse pligte en daar meer individuele aandag aan leerlinge gegee kan word. Terselfdertyd doen die studente praktiese ondervinding op as deel van hulle universiteits-vereistes. En smiddae word kinders gehelp met huiswerk en besig gehou met allerhande aktiwiteite, wat sport en skaak en hoela-hoep en Duits leer praat en wat nog alles insluit, sodat hulle nie doelloos op straat hoef rond te dwaal nie. Die jongmense, wat kwartaalliks roteer, is hoogs-opgeleide mense van wie sommige tot nege tale magtig is. Almal werk vrywillig en kry slegs kos en blyplek wanneer hulle hiernatoe toe kom. Hulle loop waar hulle wil wees en is so deel van die gemeenskap dat hulle selfs rugby gaan kyk, wat natuurlik 'n baie belangrike aktiwiteit op die dorp is. Toe professor Alnold van Zyl, tans president van die Koöperatiewe Staats-universiteit van Baden-Württemburg in Duitsland en voorheen vise-rektor vir Navorsing & Innovasie van Universiteit Stellenbosch, van die projek te hore
31 Oktober 2018
kom, het hy gevoel dat dit goed sal wees as Universiteit Stellenbosch ook hulle gewig by die program ingooi en twee plaaslike studente is nou ook op 'n roteerbasis deel van die projek. Die vrywilligers moes tydens hulle verblyf gedurig van blyplek verander omdat langtermyn-akkommodasie nie geredelik beskikbaar is op die dorp nie. En weer het Christian sy weg oopgesien om te help. In die middel van die dorp, naby die hoofstrand en 'n paar treë van die see af, staan nou 'n meesterstuk waarin tradisionele argitektuur met die tegniese vereistes van 'n moderne huis vir jongmense versoen is. Hier maak die grasdak kennis met Wi-Fi. Die huis is opgerig in samewerking met die Suid-Afrikaanse argitek, Heini van Niekerk, prof Lars Bleher van die Darmstadt Universiteit vir Toegepaste Wetenskap in Duitsland, sy twee studente Katharina Koerber en Fabian Dahinten en die ervare plaaslike bouer Andrè Kleynhans. Die huis het ses kamers vir vrywilligers wat vir drie maande bly sowel as twee groter woonstelle vir langtermynvrywilligers. Almal is en suite. Die fasiliteite is so ontwerp dat dit ruimte vir werk en vergaderings ook bied. Daar is 'n kombuis en leefarea en 'n groot binnehof wat die omgewing komplimenteer, wat vir die vrywilligers se eksklusiewe gebruik is. In die gedeelte wat oop is vir die publiek is daar die koffiewinkel Cathy's, met 'n groot stoep sowel as 'n gemeenskapswinkel waar funksies gehou kan word, maar wat hoofsaaklik gebruik gaan word vir die skepping en verkoop van plaaslike inwoners se handwerk. Te danke aan die vrygewigheid van die eienaar gaan die aangrensende eiendom as 'n groentetuin vir die skool gebruik word waar kinders van Paternoster groente en vrugte gaan kweek onder leiding van die vrywilligers. In Christian se eie woorde: "Die opening van die vrywilligershuis kondig 'n nuwe era aan vir ons internasionale samewerkingsprojek vir studente, wat op 'n baie suksesvolle wyse afgeskop het. "Die projek het reeds verskeie oorwinnings behaal: Duitse studente in die rigtings van onderwys en sosiale welstand kom na Suid-Afrika, 10 000 kilometervan hul huise af, om 'n besondere bydrae tot die skepping van 'n blink toekoms vir Paternoster se kinders te kom lewer. "So ook is die Universiteit Stellenbosch se onderwysstudente, met hul kennis van die taal en kultuur, die ideale vennote vir ons projek. Dan is daar natuurlik die kinders van Paternoster, wat die voorreg het om elke dag aan hierdie verrykende program in hul tuisdorp te kan deelneem. "Dit is my hartewens dat hierdie huis, wat met sorg en geesdrif opgerig is, 'n internasionale venue sal word waar jongmense van regoor die wêreld kan ontmoet en positiewe idees kan uitruil; 'n plek waar hierdie idees in 'n omgewing vol vrede, harmonie en eenheid kan ontwikkel en op 'n voorbeeldige wyse geïmplementeer kan word." Die vrywilligerhuis is 'n simbool van die positiewe impak en sukses van die Paternoster Project NPC.
Kontak ons • Contact Us
Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za Joernalis: Madi Pieterse madipieterse@gmail.com
Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221
5
Veiligheidsplan vir Weskus Die Distriksveiligheidsplan vir die Weskus Distriksmunisipaliteit is die afgelope Vrydag kort voor die feesseisoen, geloods met die hoofdoel om motoriste wat die paaie in die distrik gebruik, veilig by hul bestemmings uit te bring. Die eerste Distriksveiligheidsplan (DVP) van sy soort in die Wes-Kaap is in Oktober 2016 in die Caledon Verkeersarea geloods as gevolg van die gewilde N2-snelweg. Resultate na slegs een jaar waartydens die plan in die omgewing operasioneel was, was duidelik sigbaar met sterfgevalle weens verkeersongelukke wat met byna 30% afgeneem het. Nog ‘n soortgelyke inisiatief is in die metropool is op die eerste Januarie in die omgewing van Khayelitsha en Lingelethu-Wes van stapel gestuur. Gedurende dieselfde tyd is planne reeds ter tafel gelê vir die tweede distriksveiligheidsplan, naamlik die Weskus Distriksmunisipaliteit wat Bergrivier, Saldanhabaai en die Swartland insluit. Die uitvoerende burgemeesters van die Weskusdistrik, Harold Cleophas, Tijmen van Essen van die Swartland Munisipaliteit, Marius Koen van Saldanhabaai Munisipaliteit en onderburgemeester Sandra Crafford van Bergrivier Munisipaliteit het gedurende die loods van die plan langs die N7 buite Moorreesburg die verkeersbeamptes in die area sterkte toegewens en hul volhoubare ondersteuning beloof. Die uitvoerende direkteur van verkeersbestuur in die Wes-Kaap, Kenny Africa sêop sy beurt die DVP gaan oor positiwiteit, integrasie en samewerking onder mekaar. “Onskuldige mense sterf daagliks op ons paaie. Ons moet die nonsens stopsit. Die N7 is die hoofweg tussen Kaapstad en Namibië. Daarom is die area so belangrik. Ons moet nie harder werk nie, maar slimmer.” Volgens Africa is die vervoer van dwelms op die paaie ook ‘n groot kopseer. Dronk bestuurders is een van die grootste euwels op die Wes-Kaapse paaie. “Met die DVP wil ons dit verander. Met die komende feesseisoen en ná dit gaan ons dronk bestuurders vas vat. "Dit gaan nie geduld word nie.” Hy doen ook ‘n beroep op motoriste om elke 200km te rus. "Moegheid onder motoriste op die N7 en die Weskus se paaie, veroorsaak baie ongelukke.”
Volgens Crafford is die Bergrivier se grootste wens vir sy inwoners om te floreer. “Om dit te kan doen, moet hulle veilig voel, daarom is die plan van uiterse belang.” Vir Koen is dit ‘n groot bekommernis dat die hoogste dodetal vanuit die hele distrik in sy area is. “Dit bekommer my dat ons (Saldanhabaai Munisipaliteit) die hoogste dodetal binne die Weskus het. "Die mense kuier seker te lekker by ons,” het hy tong in die kies bygevoeg. Op ‘n meer ernstiger nooit sê Koen, geniet veiligheid top prioriteit. “Ons het wetstoepassers en verkeersbeamptes op elke dorp om sigbaarheid te vehoog, asook ‘n beheerkamer wat onlangs in werking is.” Volgens Koen het hy op verskeie geleenthede die hoë ongeluksyfers op Jakobsbaai en die R27-oorgang by Vredenburg en Langebaan met die minister van vervoer en openbare werke, Donald Grant bespreek. Grant het Vrydag sy woord gegee om hande te vat met die owerhede en die problem op die Weskus se paaie in die kiem te smoor. Volgens hom sal die ongeluksyfers drasties afneem as motoriste die reg gehoorsaam en by stopstrate stop. “Die 81%sterftesyfer op ons paaie, is weens motoriste wat nie die gereg gehoorsaam nie en met die verkeerde houding en optrede die paaie gebruik.” Grant hoop die DVP word binne die volgende jaar oor die hele provinsie uit te rol. Grant hoop om te sien dat soortgelyk en verbeterde resultate na een jaar sal uitspruit. Gedurende 2010 en 2016 het forensiese patoloë 505 sterfgevalle op paaie vanuit dié streke op rekord met ‘n stewige groei in sterfgevalle wat jaarliks toeneem. Sowat 17% van die sterfgevalle in die Weskus(Suid) het in die Bergrivierstreek plaasgevind, terwyl 33% vanuit Saldanhabaai Munisipaliteit aangeteken is en die oorblywende 50% in die Swartland gebeur het. Sterfgevalle onder kinders het wel in die area afgeneem. Vier brandpunte in die area is geïdentifiseer wat die nodige aandag sal geniet met die R399 in Jacobsbaai, die Hoofstraat in St.Helenabaai, die R45 en die R27, asook die R46 in die omgewing van Saron, die R311 tussen Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel en die N7 by Kleindassenberg na Abbotsdale en die N7 na die R45.
6
31 Oktober 2018
3rd Velddrif Mile Swim The Velddrif “Fun”, “Mile” and “3km” swim is an annual event taking place in the Port Owen Marina canal. It is a swim event for all types and ages and is both safe and fun for all swimmers. The third Velddrif Mile Swim will be taking place on Saturday 10 November. There are quite a few safety measures in place to ensure every participant’s safety. The NSRI will be on site during the day’s events and voluntaries on canoes and kayaks and stand-up paddle boards will be in the water to give any assistant to swimmers. There are also rescue boats and paramedics on site and doctors on stand-by in case of any emergencies. Compulsory race briefings will take place at
the starting point of each race 15 minutes before the start of each race. Swimming caps will be compulsory. The 500m Fun Swim will start at 10h00 (R70 entry fee); the Mile (1.6km) at 10h30 (R150 entry fee) and the 3km Swim at 11h00 (R150 entry fee). Prize-giving will take place at Charlie’s Brewhouse within an hour of the last swimmer finishing. Entries are limited to 50 swimmers per race. Pre-entries online only before or on 2 November. Late entries to be done on race day at venue. More info can be obtained from swim@velddrif.info or contact number 061 544 4649.
Gymnastics:
No wonder this young man cannot stop smiling. Isaac Mentoor, a pupil at Diazville High School in Saldanha received the 2018 National Gymnastics Champions boys level 5 title at the recent Artistic Gymnastics National Championships held in Centurion after receiving gold medals in the floor, parallel bar and vault routines as well as silver for the pommel horse and rings routines.
NUUS • NEWS
Saldanha Bay relaxes water restrictions to Level 5
At a Council Meeting held on Monday, 29 October 2018 the Saldanha Bay Municipality relaxed its water restrictions from level 6B to level 5 water restrictions, with immediate effect. This follows after the significant improvements in dam levels and additional augmentation projects. Water tariffs will remain at Level 3 water tariffs. Saldanha Bay Municipal area is supplied with water from Withoogte Water Treatment Works at Moorreesburg which forms part of the Western Cape Water Supply System (WCWSS). The WCWSS is an integrated network compiled out of various resources which supplement each other. The water situation has improved due to more than normal rainfall in all the dam catchments, raising the combined water storage levels to 75.6% in comparison with 38.5% in the same week in 2017. All water users are required to use a maximum of 100 litres of water per person, per day. Residential properties may not consume more than 15 000 litres (15 kl) per month. Business and industry are required to reduce their consumption by 40%, as far as practicably possible. Businesses wishing to apply for exemption from level 5 water restrictions must do so by completing the exemption application form which is available at www.sbm.gov.za. The level 5 water restrictions for Saldanha Bay Municipality allows for the hosing down of houses/hard surfaces, for maintenance/painting works and the filling and topping up of swimming pools. The prohibition on the approval of applications for the construction of swimming pools was also lifted. Watering/irrigation with municipal drinking water is only allowed one day per week, (Mondays) for a maximum of 2 hours from 19:00 to 21:00. This includes watering/irrigation of flower beds, lawns, vegetables, agricultural crops, other plants, sports fields, golf courses, schools, educational facilities, nurseries, parks and other open spaces, customers involved in agricultural activities, etc. (Nurseries and customers involved in agricultural activities or with historical gardens may apply for exemption). Restrictions applicable to all water consumers: • Irrigation of sports fields, parks, etc. using non-drinking water and upon agreement of days and times with the Saldanha Bay Municipality’s Water and Sanitation department. • Customers utilising borehole water, treated effluent water, spring water or well points are encouraged not to water/irrigate within seven
days after rainfall that provided adequate saturation. • All boreholes and well points must be registered with the Department of Water and Sanitation and Saldanha Bay Municipality and the signage must be clearly visible. • Borehole/well point water must be used efficiently to avoid wastage and evaporation. Borehole/well point water users are strongly encouraged to water/irrigate only on Tuesdays and Saturdays before 9:00 or after 18:00 for a maximum of one hour. • All properties where alternative, nondrinking water resources are used (including rainwater harvesting, grey water, treated effluent water and spring water) must display signage to this effect, clearly visible from a public thoroughfare. Restrictions applicable to residential consumers: • Washing of vehicles, trailers, caravans or boats with municipal drinking water is allowed subject to the 15kl/month limit being maintained. The use of non-drinking water and waterless products are advised. • Customers are strongly encouraged to install water efficient parts, fittings and technologies to minimise water use at all taps, showerheads and other plumbing components. • Consumers are encouraged to flush toilets (e.g. manually using a bucket) with grey water, rainwater or other non-drinking water. • All water users are required to immediately use less water and must attempt to use a maximum of 100 litres per person per day. Restrictions applicable to non-residential consumers: • Washing of vehicles, trailers, caravans or boats with municipal drinking water is allowed subject to the 40% saving target being maintained. The use of non-drinking water and waterless products are advised. • Customers must install water efficient parts, fittings and technologies to minimise water use at all taps, showerheads and other plumbing components in public places and adhere to Water By-law requirements. • No new landscaping or sports fields may be established, except if irrigated only with non-drinking water. • For users supplied with water in terms of special contracts (notarial deeds, water service intermediaries or water service providers), the contract conditions shall apply.
Die amptelike afskop van KANSA Relay For Life Vredenburg vir 2019 vind Saterdag 3 November tussen 09h00 en 13h00 plaas wanneer die gewilde “Jail & Bail” by die Ipic-sentrum (PicknPay) gehou word. Bekendes van die omgewing word in die openbaar gearresteer en dan deur die publiek verhoor. Klagtes wissel van ‘minder ernstige’ oortredings soos dra nie ‘n hoed in die son nie tot ‘meer ernstige’ oortredings soos rook,eet nie gesond nie of wat ookal. Die ‘gevangenes’ word
dan op borgtog van ‘n voorafbepaalde bedrag vrygelaat. Borggelde word in KANSA se rekening inbetaal. Natuurlik is daar van die ‘meer geharde oortreders’ wat ontsnap en dan is dit die publiek se plig om voortvlugtendes weer te vang en voor die hof te daag. Geen genade word aan diesulkes betoon nie! Enigiemand wat wil deel in die dag se opwinding kan kontak maak met die organiseerders Elfrieda Engels op 082 854 3245 of Riana Oosthuizen 078 179 8775.
Die Poskantoor sê daar is landwyd sowat 600 000 SASSA-begunstigdes wat nog nie na die nuwe goue SASSA kaart oorgeskakel het nie. In die Wes-Kaap is daar 77 000. Die begunstigdes moet voor die einde van November 2018 oorskakel; die ou wit SASSA kaart verval aan die einde van die jaar. Die prosedure om die nuwe goue SASSA kaart te kry is eenvoudig. Die begunstigde gaan na enige poskantoor toe wat SASSA kaarte verskaf, wys ‘n identiteitsdokument en kry dan die nuwe kaart binne minute. Begunstigdes wat nie beweeglik is nie en nie by ‘n poskantoor kan uitkom nie, kan die SASSA tolvry foonnommer skakel - 0800 60 10 11. Rian de Jager, kleinhandel bestuurder van die Poskantoor in die Wes-Kaap, sê die kontrak tussen die Poskantoor en Sassa het ‘n einde gemaak aan ongeoorloofde aftrekkings vir miljoene begungstigtes. Geen aftrekorders is moontlik op die nuwe Sassa-kaart nie. Die nuwe SASSA kaart maak dit moontlik om die volle toelaag sonder enige transaksiekoste te gebruik. Daar kan maandeliks ‘n kostevrye kontantontrekking by enige poskantoor gedoen word, en daar is geen beperking op die aantal transaksies waar die kaart as debietkaart by win-
kels gebruik word nie. Die kaart kan ook by enige OTM gebruik word, maar die bank sal dan bankkoste op die transaksie hef. Vir diegene wat nie gemaklik met ‘n PIN is nie, is daar ook raad. Poskantoortakke het vingerafdruklesers wat die begunstigde se identiteit kan bevestig en die toelae kan dan uitbetaal word. Dié begunstigdes moet ook ‘n identiteitsboek wys wanneer hulle kontant by ‘n poskantoor wil onttrek. Die Poskantoor het aan die einde van September 2018 volle verantwoordelikheid oorgeneem vir die betaling van alle Sassa-toelaes toe die kontrak tussen Sassa en Cash Paymasters (CPS) verstryk het. Die poskantoor het tot dusver 7,1 miljoen nuwe Sassakaarte aan begunstigdes uitgereik. Danksy die nuwe kontrak is die volgende aspekte van die Sassa-betalings nou onder die beheer van die regering: • SASSA en die poskantoor het volle toegang tot alle data oor begunstigdes. • SASSA and SAPO het volle toegang en eienaarskap van die boimetriese data. • SAPO and SASSA besit die Visa- sertifisering vir al die kaarte wat uitgereik is.
Agter tralies vir Kansa
Min tyd oor vir die ou Sassa-kaart, sê Poskantoor
NUUS • NEWS
31 Oktober 2018
Water-opedag geniet groot belangstelling •Madi Pieterse Saldanhabaai Waterkwaliteit Forum Trust se opedag, wat Vrydag by Klub Mykonos aangebied is, het groot belangstelling geniet en 'n groot aantal mense van die streek het die dag se verrigtinge bygewoon. Die eerste spreker van die dag was Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning van die Wes-Kaapse Regering, Anton Bredell, wat begin het deur Wes-Kapenaars te komplimenteer met die grootse poging en samewerking om tydens die waterkrisis te help bespaar en so bygedra het om 'n ramp af te weer. In dieselfde asem het hy gemaan dat watertekort 'n probleem is wat gaan bly en groter word, veral gesien in die lig van populasiegroei en immigrasie. Hy en sy departement, in samewerking met elke rolspeler, groot en klein, is hard aan die werk en beplan om soortgelyke krisisse in die toekoms af te weer deur infrastruktuur in plek te stel terwyl die hele sisteem in gedagte gehou word om balans te handhaaf. Minister Bredell het dit ook onder konferen-
siegangers se aandag gebruik dat afval/rommel die volgende krisis is wat in die gesig gestaar word en daadwerklike aksies geneem moet word om dit te bestuur. Terugvoer oor industriële groei in Saldanhabaai is gegee deur Herman Jonker van Departement Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme (DEDAT) in die Wes-Kaapse Regering. Herman het syfers gewys van populasiegroei sedert 2011 tot op hede (100 000 tot tussen 130 000 & 140 000) en dat 'n groeikoers van tussen 3 & 4% in die volgende tien jaar die getal inwoners te staan sal bring op tussen 175 000 en 192 500 mense. Dit is daarom onder andere belangrik dat vaardigheidsontwikkeling van plaaslike inwoners moet geskied, bestaande en toekomstige infrastruktuur opgepas en onderhou moet word en beleggersvertroue in die area bevorder moet word om in die groeiende aanvraag te voorsien. Die raamwerk vir aksie om hierdie doelwitte te bereik is koördinering, balans en prioritisering. Volgende aan die beurt was Melissa Lintnaar-Strauss, Kontrole Omgewings-offisier van Departement Water en Sanitasie, wat toeskouers
ingelig het oor die waterhulp klassifikasie-projek met fokus op die Saldanhabaai-area. Nicole van Gesselen, 'n lid van die navorsings-eenheid vir omgewingswetenskap en -bestuur van die Noordwes Universiteit in Mafikeng, het die navorsing van imposex in mariene-buikpotiges (gastropods/slakke) aan die Atlantiese Kus bespreek. Imposex is die super-oplegging van manlike oorplantingsorgane op vroulike buikpotiges wat verbind word met Tributyltin-besoedeling (TBT). TBT is 'n teengroei-agent wat die formasie van biofilm teëwerk en sedert die 1960's gebruik word op mariene-strukture en skepe. Die ongekontroleerde gebruik van TBT het 'n groot impak op die omgewing. Die gebruik hiervan is vanaf 1 Januarie 2008 verban deur die Internasionale Maritieme-Organisasie. Die teenwoordigheid in verskeie habitatte aan die kus toon egter volgehoue gebruik van die chemikalie. Die Staat van die Baai-verslag (State of the Bay Report) is gelewer deur dr Barry Clarke, direkteur van Anchor Environmental Consultants, met 21 jaar ondervinding in mariene-biologiese navorsing en konsultasie op kusgebied
7
en mariene-kwessies. Die maatskappy is al die afgelope tien jaar verantwoordelik vir alle navorsingsprojekte met betrekking tot die Saldanhabaai Waterkwaliteit Forum Trust. Barry het volledig verslag gedoen oor die afgelope jaar se bevindinge en ook vergelykende grafieke getoon vandat monitering begin is tot op hede. Sy verslag het ingesluit die antropogene impak van aktiwiteite en uitstortings wat die gesondheid van die baai affekteer; die kwaliteit van die water (temperatuur, soutgehalte, suurstof, voedingstowwe), strome en golwe, grondwater-invloei; en laastens ekologiese gesondheid waaronder konsentrasies van besoedeling in die seewater, sedimente en lewende organismes in die baai, verandering in die gemeenskapstruktuur en oorvloed van lewende organismes. Enige verdere inligting in verband met sprekers se voorleggings kan verkry word van die Saldanhabaai Waterkwaliteit Forum Trust se nuut-ontwerpte webblad www.sbwqft.org.za . Verdere inligting in verband met die waterhulp klassifikasie-projek kan gekry word deur https:// www.dwa.gov.za/rdm/Documents.aspx te besoek.
Onniedag: Hoërskool Hopefield het Vrydag Onniedag gevier. Deel van die tradisie van Onniedag is dat die onderwysers volgens ‘n tema aantrek. 2018 se tema was Vinkel & Koljander,
Die Een Lyk Soos Die Ander. Die wenners vir beste gees, kreatiwiteit en die paartjie wat die beste by mekaar pas, is heerlik bederf deur die Hoërskool se borge! Die Onniedag was ‘n goeie afskop vir die HSH Kaskenades fondsinsameling wat die middag gehou is.
8
courant
diĂŠ
31 Oktober 2018
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
31 Oktober 2018
Spanne pak mekaar in Visfabriektoernooi
Die Weskus se visfabrieke het mekaar die naweek weer op die rugbyveld uitgedaag in die jaarlikse Visfabriek-toernooi. Vanjaar het die toernooi vir die 31ste keer
plaasgevind onder die vaandel van die SA Rugbyunie, saam met Boland-rugbyunie. Die toernooi is in 1987 begin, onder leiding van Danie Craven, Ian Kirkpatrick en Dougie Dy-
ers. Verlede jaar se kampioene, Combined Abelone Processors, moes bontstaan om hul kroon te verdedig. Ander spanne wat deelgeneem het was Ab-
dive, Adelaide Fisheries, Amawandle, Cerebos, Coastal Links, Dorinbaai, Elandsbaai, Lucky Star Fleet, Lucky Star, Spot-on-Deals, West Point Fhishing en West Point.
1 Marina Centre, Port Owen Drive, Port Owen, Velddrif +27 22 783 0448
info@charliesbrew.co.za
www.charliesbrew.co.za
@CharliesBrewhouse