494 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

7 November 2018

95.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 494

7 November 2018

•BOOM SE STEGGIE RAAK INSIGGEWEND

Maanboom vol in blom vir Kellerman •Charlotte Lesch Tannie Hannie Kellerman van Aandskemering, die tehuis vir bejaardes op Malmesbury, het onlangs op 27 Oktober, 91 jaar oud geword. En dit is duidelik dat sy nog ‘n groot lus vir die lewe het. Ook vir alle vorme van lewe nádat sy ‘n dag voor haar groot verjaarsdag nog lus was vir tuinmaak. Die Besters van Vredenburg wat vir tannie Hannie kom kuier het vir haar verjaarsdag, skryf vanuit die Weskus dat hulle die steggie van ‘n maanboom vir haar gebring het om by die tehuis te plant. Inus Bester vertel dat hulle vroeër vanjaar gedurende Mei vir haar gaan kuier het. Hulle merk toe ‘n pienk maanboomblom in die tuin buite haar kamervenster op. Hulle het self ‘n wit maanboom in hul eie tuin op Vredenburg. “Ons praat toe daar onder mekaar en sê ons wens ons kan so ‘n steggie kry. Een van die susters het dit vinnig gereël en vir hulle ‘n steggie laat kry. Die suster het wel gesê dat wanneer hulle weer kom kuier, hulle ‘n steggie van die wit maanboom vir die tehuis saam bring wat Kellerman dan daar kan plant. “Ons is toe Vredenburg toe met ons pienk steggie wat intussen begin groei het,” voeg Bester by. Die Besters het hul belofte nagekom en tannie Hannie het die boompie geplant. “Sy het darem nie die gat gemaak nie,” skerts hy. Kellerman is op ‘n plaas in die omgewing van Hopefield gebore. Sy is die derde oudste van ses kinders waarvan sy en nóg twee susters lewe. Sy het haar lewe lank op Hopefield gewoon. Hannie en haar man Okkie het een seun, Stewie gehad. Nádat haar man vroeg in sy dertigs oorlede is, het sy hul kind alleen groot gemaak en onder meer by die seunskoshuis begin werk tot en met haar aftrede. Tannie Hannie het drie jaar gelede ‘n toekenning ontvang vir haar uitstaande diens by dié koshuis. Kellerman, met haar opge-

Die oesskattings in die Swartland lyk belowend. Produsente is tans druk besig om die koring van die lande te haal. Lees berig binne. ruimde persoonlikheid, was gaande oor die kinders en die kinders was net so lief vir haar. Sy het ook kattekwaad saam met die seuns aangevang, soos om hulle te help uitsluip om gou kafee toe te gaan. Van die seuns kontak haar tot vandag toe nog, só ‘n groot rol het sy in hul lewens gespeel. Kellerman, wat nog altyd baie lief vir tuinmaak was, is vandag nie meer so aktief in die tuin nie weens een been wat gereeld pyn van jig. Verder is sy blakend gesond. As sy kon kies, het sy die tehuis se tuin aangevat en begin plant. Haar tuin by haar huis op Hopefield was volgens inwoners, baie mooi, goed versorg en het al ewig gepronk met blomme. Kellerman het wel gesê dat sy self na die maanboom sal omsien en versorg. Ná haar man se vroeë dood, het nóg ‘n tragedie haar lewe getref toe haar seun aan kanker oorlede is. Haar skoondogter en twee kleinkin-

ders het op Malmesbury saam met haar seun gebly. Hulle almal bly vandag nog daar, terwyl haar kleinkinders ook self getroud is. Hulle het haar in 2015 gevra om Malmesbury toe te trek. Hoewel dit nie ‘n vinnige besluit was nie, het sy drie jaar gelede by die tehuis ingetrek. Kellerman is nog nie een dag spyt nie en baie gelukkig hier. “Sy dank elke dag die Here dat sy by Aandskemering uitgekom het. Sy prys die kos, die personeel – sy is dolgelukkig, en mens kan dit sien.” Die goedversorgde inwoner van Aanskemering besoek weekliks die tehuis se salon. “Sy is verskriklik netjies – ook op haarself, vertel Bester. Dit is maar net een van die faktore van hoe sy op 91 nog perdfris is en ‘n gehalte lewe lei, behalwe nou vir daardie been. Sy vertel dit is omdat sy so baie gedans het dat sy so gesond is. Haar borrelende geaardheid wat vreugde uit die lewe put, is volgens Bester seker die grootste rede hoekom sy nog so gesond is, al eet sy ook reg. Om te kan gesels en grappe te maak, gee vir haar die meeste vreugde in die lewe. As sy nie kan gesels nie, lees Kellerman graag om daardie brein van haar helder te hou.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.