494 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

7 November 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 494

7 November 2018

•HELDERKLEURIGE GEBOU 'N BAKEN VAN HOOP

Jeugkafee: Deernis hier die wagwoord •Madi Pieterse In Noordhoek in Velddrif trek `n helderkleurig-geverfde gebou die aandag. Dit is die tuiste van die Velddrif Youth Cafe/Jeugkafee wat onder die vaandel van Mfesane, `n Christelike ontwikkeling, nie-winsgewende organisasie, bedryf word. Mfesane is `n Xhosa-woord en beteken deernis en daarom word elkeen wat op Mfesane se pad kom, met deernis behandel. Mfesane streef daarna om armoede hok te slaan en hulle visie is die vestiging van positiewe, gesonde en sterk gemeenskappe. Hulle reik uit na gemeenskappe in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die Weskus en werk nou saam met vennoot-organisasies, plaaslike kerke, plaaslike regerings en gemeenskappe en verskaf onder andere vaardighede en dienste wat volhoubaar en bemagtigend is. Velddrif Jeugkafee Die Velddrif Jeugkafee val onder die sambreel van alle jeugaktiwiteite wat deur Mfesane aan die Weskus aangebied word en binnekort sal `n soortgelyke inisiatief ook, in samewerking met die Saldanhabaai Munisipaliteit en Departement Sosiale Ontwikkeling, in Saldanha oopgemaak word. Die twee dames wat aan die hoof van die Jeugkafee staan gesels passievol oor hulle daaglikse taak. Cozetta Tandy is die Jeugontwikkelings-programbestuurder en Everyn Wales bestuur die Jeugkafee saam met nege `interns`, wat op `n jaarlikse kontrakbasis aangestel word deur die Departement Maatskaplike Ontwikkeling. Die kafee is oop van 08h00 tot 18h00 Maandae tot Vrydae. Wanneer ekstra programme aangebied word vir fondsinsamelings bly die Jeugkafee sommige Vrydagaande tot later oop. Fondse wat tydens sulke geleenthede geïn word, word aangewend vir benodigdhede vir die Jeugkafee. Mfesane het `n streng gedragskode waarvolgens al hulle projekte hanteer word om almal betrokke te beskerm. Skoolgaande kinders mag eers van 14h00 af in die middag van die beskikbare fasiliteite gebruik maak sodat gereelde skoolbywoning as prioriteit ingeprent word. Samelopend met die Jeugkafee is daar ook verskeie ander projekte wat onder die vaandel van Mfesane aangebied word. Isibindi Die Isibindi-projek word aangebied in Middelpos Saldanha, Hopefield en Laingville en behels

die omsien na wees- en kwesbare kinders. `n “Veiligvoel-Plek” word oopgestel waar kinders hulp ontvang om huiswerk te doen, geleer word van persoonlike higiëne en lewensvaardigheidsessies aangebied word. Mfesane-werkers weet dat hulle nie alleen met die kinders kan werk nie en daarom word betrokke partye wat hoofsaaklik na die kind omsien, soos ouma, ma of tannie en deel is van sy/haar ontwikkeling en daaglikse lewe, by die projek betrek. Opleiding Mfesane bied maandeliks opleidingsgeleenthede aan vir groepe waaronder leierskap, basiese entrepeneurskap en werkgereedheid. Van die praktiese kursusse wat aangebied word is sweisvaardigheid, basiese messelvaardigheid en pleistervaardigheid. Kursusse om na mense in die gemeenskap om te sien sluit in Eerstehulp Vlakke 1, 2 en 3, kinder- en jeugsorg “Something out of Nothing” `n Bekende aan die Weskus, Elton Lesch, bied gereeld sy breë spektrum vaardigheidsvlakke aan tot voordeel van Mfesane-projekte. Een hiervan is die “Something out of Nothing”-projek (SON) waar hy jongmense leer om herwinbare materiaal wat langs die see opgetel word, tot pragstukke te omskep wat hulle kan verkoop

om `n inkomste te genereer. Hy is ook betrokke by kuns en kunsvlyt-projekte. Tot noutoe is daar goeie samewerking met ander nie-winsgewende organisasies en kerke in die omgewing. Dit bring mee dat soortgelyke programme ook by hierdie organisasies geïmplimenteer is. Tydens uitreike het die groot getal skoolverlaters voordat matriek klaargemaak is, onder die twee dames se aandag gekom. Leerders verlaat die skool as gevolg van swangerskap, skorsing, pas nie aan in die gewone skool-opset nie, verval in dwelmgebruik, ensovoorts. Sulke jongmense moet bereik word sodat hulle aan alternatiewe denkwyses blootgestel kan word, soos om na `n skool wat handvaardighede aanbied eerder as om op die akademie konsentreer, oorgeplaas te word of alternatiewe vir hulle spesifieke situasie te ondersoek. Cozetta en Everyn is dit eens: al is daar soms veranderinge in net `n handjievol jongmense se lewens teen die magtige golf van negatiwiteit, bly dit `n hoogtepunt en elke dag se harde werk die moeite werd. Enige navrae rakende die Jeugkafee en hulle werksaamhede kan gerig word aan Cozetta Tandy by (022) 713 2793.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
494 dié courant Weskus en Bergrivier by DieCourant - Issuu