c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
14 November 2018
93.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 494
14 November 2018
Wenners:
Die Malmesbury Sakekamer het Vrydag by hul jaarlikse galadinee plaaslike sakelui vir hul dienslewering vereer. In die afdeling vir groot besighede het RSA Makelaars die louere ingeoes. In die tweede plek was Mercedes-Benz Malmesbury en in die derde plek Agrimark. Bo is André Botes (Agrimark), James Oliver (Mercedes-Benz Malmesbury), Antionete Wynjeterp (Mercedes-Benz Malmesbury), Adriano Folsch (Mercedes-Benz Malmesbury), Ericka Visser (RSA Makelaars), Philip Faure (RSA Makelaars) en Stephan Niemann (RSA Makelaars).
•BESTE LEERKRAG VIR SEKONDÊRE ONDERWYS
Petersen styg uit
Jeffrey Petersen, skoolhoof van die Riebeeck Valley Spesiale Skool op Riebeek-Wes, is onlangs as die provinsiale wenner van uitnemendheid in sekondêre skoolleierskap gekroon. Talle onderwysers is die afgelope naweek gedurende die nasionale onderwystoekenningseremonie vir hul prestasies vereer. Petersen het amptelik op 1 Januarie 2011 as skoolhoof by die spesiale skool aangesluit en is nog nie vir een dag spyt daaroor nie. Volgens hom is die skool inderdaad baie spesiaal. Petersen beskou die toekenning as ‘n groot eer en voorreg en beskryf dit as die hoogtepunt van sy loopbaan. Hy het in 1990 by ‘n spesiale skool in Kaapstad met sy loopbaan in die onderwys afgeskop. “Ek is baie opgewonde oor die toekenning, omdat die aandag op die spesiale skool gevestig word en dat dit raakgesien word wat spesiale skole doen.” Volgens Petersen suig spesiale skole dikwels aan die agterspeen, terwyl alle aandag op hoofstroom skole gevestig word. Spesiale skole het ‘n bestaansreg met al meer leerders wat intellektueel gestremd is en spesiale behoeftes het wat na dié skole uitreik, voeg hy by. Hoewel die toekenning bo aan die punteleer van hoogtepunte vir Petersen pronk, is hy baie trots op hul werkskeppingsprogram en tien
werkswinkels wat RVSS beslis ‘n skool van uitnemendheid maak. RVSS se werkskeppingsprogram is volgens Petersen baie suksesvol en dra by tot dit waaraan die skool gemeet word. RVSS het in 2010 met die skool se opening met slegs drie werkswinkels begin. Die seuns vaar veral
goed in die meganiese en sweis werkswinkels wat uiteindelik werksgeleenthede skep. Volgens Petersen sal hy net die skool verlaat wanneer hy genoeg gehad het. “Dit is vir my baie lekker hier. Ek geniet dit om te sien wat die leerders bereik. Hulle doen goed.”
NUUS • NEWS