495 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

14 November 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 495

14 November 2018

•PAD KRUIS MET ANDER DOWE BY PADSTAL

Sy hoor klank na 31 jaar van stilte •Madi Pieterse So twee weke gelede het Rozelle August se lewe vir altyd verander...ná 31 jaar van doof wees, van lippelees en beduie met die hande, het hierdie jong vrou ‘n gehoorapparaat ontvang en kan sy die wonder van hoor ervaar! Sy glimlag van oor tot oor. Die verwondering oor die groot gebeurtenis staan oor haar hele gesig geskryf. Rozelle werk by Die Plaasmol net buite Hopefield saam met eienaars Fransie en Nonnie. Dit is hier waar haar pad gekruis het met ‘n vriendin van hulle, Lenieta Esterhuizen. Lenieta (wat self ‘n gehoorapparaat gebruik en sulke apparate aan gehoorgestremdes verskaf), Fransie en Nonnie het koppe bymekaar gesit en ‘n fondsinsamelingsveldtog begin deur Coastal Oaks en Geelhoutbome by Die Plaasmol te verkoop as bydrae vir ‘n apparaat vir Rozelle. ‘n Berig in ‘n uitgawe van dié courant asook verskeie sosiale media platforms is ook ingespan om mense bewus te maak van die veldtog. Baie mense het nie bome gekoop nie, maar wel donasies gemaak (daar is selfs ‘n donasie van Thohoyandou ontvang) en sodoende, na sowat ses weke se insameling en ‘n verdere onderhandeling oor die prys, kon Rozelle se apparaat oorhandig en gepas word. Sy straal behoorlik, alhoewel dit ‘n effense moeilike paadjie is wat voorlê. Rozelle moet nou leer om woorde en klanke bymekaar uit te bring en met mekaar assosieer. Sy moet ook gewoond raak aan die apparaat in haar oor, die regte volume kry en dit oppas, versorg en so elke twee weke batterye ruil. Die apparaat kan vyf jaar lank hou met goeie instandhouding voordat ‘n nuwe een gekry moet word. Rozelle het saam met die apparaat ‘n jaar se voorraad batterytjies ontvang. Lenieta het ‘n groot dankie gerig aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het. Dit is haar doel om soveel moontlik mense in te lig oor gehoorgestremdheid en diegene te help wat apparate benodig en sal graag bystand en raad verleen vir verdere fondsinsamelings-

Stormgans gaan water toe

projekte aan die Weskus vir gehoorgestremdes. Sy kan gekontak word by 072 589 7322. Maak gerus ook ‘n draai by Die Plaasmol om met Rozelle kennis te maak. Sy is voorwaar ‘n merkwaardige vrou wat ten

spyte van haar gestremdheid die lewe met moed en ywer aangepak het, elke dag haar dagtaak met geesdrif verrig en ‘n passie openbaar om haar werk na die beste van haar vermoë te doen.

Bergrivier stuur Kishoue vir Martin 1000 bottels water op tennisbaan

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.