496 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

21 November 2018

93.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 496

21 November 2018

Wie se beurt vir krag is dit?

Eskom het die naweek aangekondig dat beurtkrag weer Suid-Afrikaners se voorland is. Fase 5 tot 8 is nou ook bekendgestel en dit kan gebeur dat jy moontlik tot 17 uur op 'n slag sonder elektrisiteit oor die weg moet kom. Intussen word daar eersdaags nog windlaaiers buite Moorreesburg opgerig. Foto: Johan Viljoen.

•BLY ALTYD 'KALM EN POSITIEF IN DIE STORMS'

Adonis lê tuig neer •Charlotte Lesch Janine Adonis, skoolhoof van Liebenberg Primêre Skool op Malmesbury, groet die onderwys ná 23 jaar. Sy gaan haar tweede passie in die lewe nastreef en dit is om te onthaal, kos te maak en tyd met haar twee dogters te spandeer. Adonis is bekend daarvoor dat wanneer sy ‘n projek aanpak, sy haar alles te gee. Haar kinders het al met haar gespot dat sy liewer vir haar leerders as vir hulle is, skerts sy. Adonis is egter nie spyt oor al die lang ure en harde werk van die afgelope vyf jaar as skoolhoof van Liebenberg Primêr nie. Haar hoofdoel was om die skool tot groter hoogtes te neem en die beeld na buite te vestig. Adonis het geslaag in haar doelwitte en verskeie mylpale behaal. Dié ma van twee, besigheidsvrou, skoolhoof en familiemens, gaan die onderwys baie mis, voeg sy by. Adonis het reeds in 2011 as onderwyseres by Liebenberg Primêr begin werk. Sewe jaar later tree sy aan as adjunkhoof. Dit is vir die afgelope vyf jaar wat sy aan die stuur van sake staan as hoof van die skool, ná sy Januarie 2014 begin het. Sy het in 1995 vir die eerste keer in haar onderwysskoene gestaan toe sy by Laurie Hugo op Moorreesburg begin werk het.

Sedert haar oorname, het Adonis verskeie mylpale die lig laat sien. Getalle het ook aansienlik gegroei. Gedurende haar tyd as skoolhoof, het ‘n hulpbronklas bygekom vir leerders wat sukkel om te vorder en om hulle in die hoofstroom te kan akkommodeer. ‘n Splinternuwe skoolsaal is aangebou saam met ses klaskamers wat sy as ‘n groot hoogtepunt vir haar beskryf. Hul toilette is vir die eerste keer in jare oorgedoen, terwyl nuwe ablusiegeriewe ook aangebou is vir die groeiende getal leerders. “Ons leerders se prestasies op akademiese, sport en kulturele gebied sal altyd vir my uitstaan. Dit is dít wat vir my die meeste trots gemaak het,” vertel Adonis en noem die een prestasie na die ander op. Die bekragting van die skool se spoggerige nuwe kleredrag wat eersdaags bekend gestel gaan word, lê ook vir haar ná aan die hart. Sy noem ook ‘n groot projek op die horison wat tydens haar tyd as skoolhoof begin realiseer het, waaroor sy nie nou al mag uitlap nie, maar baie opgewonde is. Volgens Adonis, het sy ook hard gewerk aan die bou van ‘n stewige netwerk tussen die skool, sy onderwysers en ouers. “Die ondersteuning van haar personeel en ouers, in veral die tye wat dinge ‘n bietjie moeilik geraak het, beteken baie vir haar. "Sy sonder ook haar man Richard en kinders

uit wat haar gedurende haar loopbaan ondersteun het en steeds ondersteun in haar nuwe doelwitte vir die toekoms. Baie lewenslesse is in die kort tydjie geleer. “Ek het geleer dat daar altyd kritiek sal wees en dat die lewe maar gaan oor 10% wat gebeur en 90% hoe jy reageer.” Sy het ook geleer om tussen die storms positief en kalm te bly. Raad wat sy graag aan haar opvolger sal wil oordra, is om altyd die leerders eerste te stel, maar ook om die regte ding te doen. “Staan op vir dit waarin jy glo, al staan jy alleen.” Adonis sal die afgelope Prestige-aand nooit vergeet nie toe ouers, leerders en personeellede van die geleentheid gebruik gemaak het om haar te groet. “Ek gaan die leerders en my wonderlike skoolfamilie mis.” Adonis erken ook dat sy die besige leefstyl geniet het. Hoewel sy nou baie rustiger gaan wees, is tyd langs die see met ‘n drankie in die hand, nog nie nou al vir haar beskore nie. Sy het nog baie wat sy in die lewe wil aanpak en vermag. Adonis oorhandig die sleutels op 31 Desember vanjaar wanneer haar verantwoordelikheid teenoor die skool tot ‘n einde kom. Dit is op die stadium nog nie bekend wie die leisels by haar gaan oorneem nie, hoewel die WKOD reeds besig is met die proses om die nuwe skoolhoof aan te stel.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.