496 dié courant Wellington

Page 1

• Free • Gratis

courant courant

• Bergrivier 1Swartland Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 Wellington

21 November 2018 Uitgawe 486

•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

NUUS • NEWS

12 September 2018

dié

Moderne vrou se rol in samelewing • Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle Zeeman plaaslike besigheids- en sakevroue het •Jaomi die bygewoon en groot gevind Diegeleentheid plaaslike DBV het onlangs onderbaat booswigte by die interessante praatjies. deurgeloop. Talle inbrake, diefstal, dreigemente Anine personeel van der enWesthuizen vanwat Golden teenoor selfs ‘n brand langs Thread spesialis op die die DBV Communications, se perseel gestig is,‘nhet die werksaamgebied die suksesvolle van hede envan doeltreffendheid vanaanwending hierdie instansie sosiale media in die besigheidswêreld, het die belemmer. dames oor diese voordele van die die Wellington gemeenskap hetgebruik hiervanvan kennis kuberruim die individue, werkplek ingelig. geneem enintalle besighede en instanAnine kan sosiale media aangebied platforms siesVolgens het reeds hul hulp en kundigheid baie in die probleem sakewêreld tot voorom tesuksesvol help om hierdie open te los. deelVolgens van besighede benut word. Marie Ljungqvist, voorsitter van die “Sosiale media platfoms soos facebook, plaaslike DBV, het hulle die afgelope tyd baie instagram linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel verliese as en gevolg van kriminele aktiwiteite gely. om“Gedurende jou besigheid te adverteer en netwerke die laaste paar maande het daar met ander besighede enby moontlike te ‘n paar nagtelike inbrake ons hokkekliënte plaasgebewerkstellig. vind. Selfs al het ons personeel wat 24/7 aan "Instagram het maklik byvoorbeeld 3,8om miljoen diens is, is dit nie vir hulle sulke verinsibruikers, 80% vannie, verbruikers besighede dente te hanteer omdat dievolg skelms maklike op hierdie en 30% vankry. verbruikers toegang oorplatform ons vibacrete-mure Daar is koop produkte op instagram gesien onlangs plakkerswat van hulle die vullishope verwyder en het,” hetvan sy hierdie gesê. vlugtelinge in die digte plandaar is Anine hetons hierdie platform as sy. ‘n plek tegroei buite perseel gevind,”ook vertel waar besighede hul kreatiwiteit kan booswigte uitbeeld, Tydens die eerste inbraak het die ‘n kan skep, by besigheidsblad die kat-hokke ingebreek en hutsmerke kos gesteel kan wat skep, treffende foto’stoegesluit kan plaas subtiele in daardie gedeelte was.en Nog kos handelsmerksigbaarheid bewerkstellig, is tydens ‘n ander inbraak kan gesteel. Tydens die voorgehou. laaste insident was daar ‘n aggressiewe konfronVolgens is Twitter ‘n goeie gewapen platform tasie, waar haar die skelms metnog ‘n koevoet wat gebruik kanDBV. word. was,deur met sakevroue die personeel van die “Met 7,7 miljoen 83% die Die skelms het selfsgebruikers, die volgende dagvan terugwêreld watdat op hulle hierdie platform aksie gekeer se enleiers gedreig een van dieinpersois en 76%wou vanvermoor. verbruikers watveiligheidsmaathandelsmerke neellede Toe die hier na en vriendelike diensis,aanbeveel, is dit ‘n skappy polisie gebel het die booswigte kragtige instrument besigheid,” sy weggehardloop, maarininenige die proses die veldhet langs gesê. die DBV aan die brand gesteek. Die vuur het so Volgens Anine meer professiovinnig versprei datis‘nLinkedin tweede‘nbrandbestrydingsnele, ernstige voertuig moesplatform. kom help om dit onder beheer te “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% bring. vanVolgens werwers is opishierdie platform om kandiMarie hulle baie dankbaar vir die date vind. en donasies van die publiek om ruim te bydraes "Dit is die die beveiliging effektiefstevan sosisale media plathulle met die DBV se perseel form vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy te help. Volgens haar is hulle oorstelp oor Angela Brace van Ellies Electrical se skenking van spreiligte, Bianca van Deventer se donasie van ligte, Gavin Farmer van Farmers Electrical Contractors se skenking van kolligte, Francois Janse van Rensburg se aanbod om lemmetjiesdraad op die mure en hekke te plaas en Xillin Meadon se belofte om 800m draad te skenk. “Die betrokkenheid van die Wellington-gemeenskap is absoluut noodsaaklik in die DBV se bestaan. Ons vra soms vir hulp op facebook en die onlangse reaksie hierop en gewilligheid om ons te help, maak ons nederig en dankbaar. Ons het onlangs ook vir hulp met die oorverf van die Inspekteur se woonstel gevra en het hulp

Uitgawe 496

21 November 2018

•GEMEENSKAP SPRING IN EN HELP ORGANISASIE

DBV nou veiliger VOORSPOED MET DIE EKSAMEN KLAS VAN

2018 BESTE! DOEN NET JOU

Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van Sanlam. gemaak het, gegee. gesê. Hy het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. Die nuwe inspekteur by die DBV, Maggie Singh, saam met Jeremy September (links) en Chum belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Chikoti (regs). Die honde is Amie en Reggie en die kat is Fred. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is maak. Ons grootste uitgawes is kos, medikasie en vannooit Polycoat Lady Loch hiervoor ontvang,” sê ook bekyk. dit metbyvreemdelinge deel nie,” het hy veearts-kostes vir die ons sorg. Salarisse Marie dankbaar. Die dames wat diediere sessieinbygewoon het, het geskerts. vir ons is baiegevind laag enen onskon kan slegs die Hulle dat baie mense finansieel suk- dit baiepersoneel insiggewend rondom Hy hetbesef die kenmerke van ‘nsélf sterk wagwoord minimumeetgoed personeelhulbekostig, dat kel en daarom met hulp in dieom vorm ervaringwatenbeteken idees ten verduidelik enmakliker ook wenke oor hoe uitvan te heerlike hulle soms onder geweldige druk media moet werk. vrywillige diensteopbyjou die kubersekuriteit DBV kan help. inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale deel. vind of iemand “Om as vrywilliger by ons perseel te help verg Ons is baie dankbaar dat ons sedert 1 November soms die personeel se bystand om hierdie vrywil- ‘n nuwe inspekteur het, aangesien ons nie ‘n ligers te wys wat gedoen moet word en hoe dit mandaat het om pro-aktief in die gemeenskap gedoen moet word. Dit is egter seker dat daar sonder ‘n inspekteur te werk nie,” verduidelik sy. “Ek het die grootste respek vir die volge‘n klomp aspekte is wat aandag nodig het op ons perseel. Tuinmaak, algemene onderhoud en om houe goeie werk wat ons personeel, sowel as ‘n aanvaarbare omgewing vir ons diere, sowel as ons bestuurslede doen. Ons het ook die grootbesoekers en personeel te skep, is altyd deel van ste waardering en dankbaarheid teenoor die gemeenskap van Wellington wat hul lojale onderons behoeftes,” sê sy. Volgens Marie beloop die maandelikse uitga- steuning aan ons toesê. Dit is wat ons regtig in staat stel om voort te gaan met wat ons doen,” wes van die DBV ongeveer R50 000. “Ons het elke maand ‘n tekort van R30 000. sluit Marie af. Belangstellendes wat by die DBV, hul projekte Buiten die hoogsgewaardeerde bydraes deur middel van debietorders, moet ons op donasies, en werk betrokke wil raak, kan haar by 076 885 aannemingsfooie en vergoeding vir dienste staat- 0133 of marie@ljungqvists.com kontak.


2

21 November 2018

NUUS • NEWS

Studente by Breytenbach-sentrum ontvang diplomas Talle studente wat die afgelope jaar kursusse by die Breytenbach-sentrum voltooi het, is op Dinsdag 13 November tydens ‘n diplomaplegtigheid vereer. Die Breytenbach-sentrum het as deel van hul projekte hierdie jaar kursusse in Dagsorg en Naaldwerk aangebied, sowel as ‘n leesprogram wat by talle skole in die omgewing geïmplementeer is, gefasiliteer. Die diplomaplegtigheid vir studente wat hul kursusse suksesvol voltooi het, is tydens ‘n deftige geleentheid by die Schoongezicht Restaurant aangebied. Die studente, deftig uitgevat in swart-en-wit uitrustings, was opgewonde oor die groot geleentheid en die mylpaal wat hul elkeen suksesvol bereik het. Die opleiding wat hul ontvang het, het oor ‘n tydperk van 8 tot 10 maande gestrek. Elke kursus is deur bekwame spesialiste aangebied. Marguerite Scheepers was vir die Naaldwerk-kursus verantwoordelik en die gesoute me. Charmaine Rhoda vir die Dagsorg en Leesfasilitering. Die Dagsorg-kursus is by twee terreine, naamlik die Breytenbach-sentrum, sowel as Butterfly House, aangebied. Charmaine het almal by die geleentheid welkom geheet. “Almal se harde werk gedurende die jaar word vandag beloon,” het sy gesê. Haar man, Len, het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Die spreker by die geleentheid was Elmarie Koch, ‘n Noodhulpinstruktrise wat ook by die opleiding van die Dagsorg-studente betrokke was. Omdat al die studente vroue was, het sy na die unieke eienskappe van vroue en hul belangrike rol in die gemeenskap verwys. “Die letters waarmee die woord ‘vroue’ gespel, word, kan gebruik word om elke vrou se spesiale kenmerke en funksie in ons omgewing te beskryf. "Vroue se vasberadenheid, vreesloosheid en vrygewigheid is dinge wat geleenthede soos vandag moontlik maak. Hulle is raadgewers en is regverdig, hulle is opreg, uniek en het uithouvermoë. "Verder het vroue empatie en is hulle eksieperfeksie - alles tekenend van die groot rol wat

hulle in gemeenskappe speel,” het sy gesê. Al die groepe studente het hul diplomas ontvang, waarna ‘n verteenwoordiger van elke groep hul dank teenoor hul fasiliteerders, sowel as teenoor die Breytenbach-sentrum uitgespreek het. “Ons het in die 30 weke wat ons die kursus bygewoon het soveel geleer en ‘n heeltemal ander uitkyk op die lewe gekry. "Ons het gegroei en sterk, verstandige vroue geword. Ons harte en verstand is geraak om verskil in die wêreld te gaan maak. "Ons hoop dat die Breytenbach-sentrum sal aanhou om swaarkry-vroue met hierdie kursusse te bemagtig,” het een van die verteenwoordigers tydens haar bedanking gesê. Nadat al die studente hul diplomas ontvang het, het Francois Lötter, uitvoerende bestuurder van die Breytenbach-sentrum, alle rolspelers bedank. “Wat hier gebeur is een van die Breytenbachsentrum se hoofprojekte. Elke student wat hier sit en haar kursus suksesvol voltooi het, moet die kennis wat sy opgedoen het nou verder vat. "Kyk waar jy ‘n behoefte in jou gemeenskap raaksien. Jy is nou bemagtig met kennis en vaardighede wat ander mense nie het nie. "Gebruik dit, tot voordeel van bemagtiging van jouself, maar ook van die mense rondom jou,” het hy gesê. Francois het ook aangekondig dat die Breytenbach-sentrum fondse bekom het om die studente verder te bemagtig deur ‘n kort kursus in hoe om ‘n eie besigheid te begin, sowel as om hulself te bemark. Die verrigtinge is op ‘n hoë noot met ‘n heerlike ete en gesellige saamkuier afgesluit. Enige belangstellendes in die kursusse wat by die Breytenbach-sentrum aangebied word, kan Jessica Ruiters by 021-873 2786 kontak.

Regs: Die dames wat by die leesfasilitering betrokke is. Hulle is almal oud-onderwyseresse wat leesprogramme by skole aanbied.

Die studente wat die naaldwerkkursus voltooi het saam met hul fasiliteerder, Marguerite Scheepers.

Breytenbach Sentrum se Dagsorg-studente.

Die Dagsorg-studente van Butterfly House.


NUUS • NEWS

21 November 2018

WAG/Stopmisdaad reik uit na kinders en skole

WAG/Stopmisdaad, in samewerking met Sektor 3 en 4, asook twee sekuriteitsmaatskappye, het op Woensdag 14 November by twee skole besoek afgelê en skryfbehoeftes soos skêre, penne, liniale en papier aan hulle oorhandig. Alle skenkings is deur WAG/Stopmisdaad gemaak. Hulle het Bergrivier Primêr en Pauw Gedenk Primêr tydens hierdie inisiatief besoek. AO Pierre Hugo het ‘n kort boodskap oor veiligheid, veral met die oog op die naderende Feestyd, gegee en Francois Theron van WAG/Stopmisdaad het vir die kinders verduidelik hoe belangrik opvoeding en geletterdheid is. “Harde werk en om hard te leer vir die eksamen is baie belangrik. Dit kan jou toekoms bepaal. Deur ‘n voorbeeld vir ander te wees, motiveer jy ook die mense rondom jou om iets beter te doen,” het hy gesê. WAG/Stopmisdaad se verteenwoordigers is hartlik deur beide skole ontvang. Hierdie organisasie is dankbaar vir die goeie samewerking wat hulle van die plaaslike SAPD, Vetus Schola en ADT kry en hoop om op hierdie goeie werk voort te bou. AO Pierre Hugo, Partrick Hall ( Vetus Schola),Francois Theron (WAG/Stopmisdaad), Mev C. Swarts (Hoof, Bergrivier Primêr), Stephan Landsberg (WAG/Stopmisdaad), AO Cassie Carstens, Patrick Hall en ADT se Armed Response offisiere.

Kermis beloof groot vermaak

Wellingtonners kan uitsien na ‘n dag van baie vermaak, groot opwinding en talle interessante aktiwiteite wanneer daar op 1 Desember ‘n groot Kermis op Hugenote Laerskool se sportvelde aangebied word. ‘n Kulkunstenaar en ponieritte sal die jongspan opgewonde maak. ‘n Reptielvertoning met ‘n verskeidenheid slange as eregaste sal besoekers na hul asems laat snak en ‘n teetuin sal ouers heerlik laat ontspan. Talle interessante stalletjies sal vir ‘n verskeidenheid heerlike eet- en drinkgoed sorg. Roomys, spookasem, slush, pannekoek, halaal-disse, hamburgers en chipstix sal die monde laat water en die wit olifant tafel sal vir talle winskope sorg. Met ‘n mallemeule wat talle opwindende en angswek-

kende ritte beloof, ‘n skyfskietbaan en ‘n paint ball-oorlogsone sal daar oorgenoeg aksie wees om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit. Die speelgoedstalletjies en springkastele sal ‘n ekstra trekpleister vir die jongspan wees. Aktiwiteite soos slym-maak en vang-‘n-trol-en-wen sal boonop vir ure se pret sorg. Die reptielvertoning sal om 09:00 afskop, waarna die kulkunsvertoning van 10:00 tot 10:30 sal plaasvind. Om 12:00 is daar ‘n gratis hondeskou. Daar word ook ‘n verrassingsvertoning vir kleuters beplan. ‘n Toegangsfooi van R200 verseker onbeperkte deelname aan al die aktiwiteite, ritte en vertonings by die Kermis. Belangstellendes kan 021-873 1362 of 021-873 4879 vir meer inligting kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

THE BIGGEST

DEALS OF THE YEAR 23 NOVEMBER 2018 SEE MORE DEALS IN-STORE. WHILE STOCKS LAST.

o nes yo e h t o t * t u lo e G ve from just R599

O N AV E R AG E , 38% CHEAPER THAN ANY OT H E R LO WCOST AIRLINE IN SA

7 D E S T I N AT I O N S , 12 ROUTES & 6 0 DA I LY F L I G H T S

MOST ON-TIME AIRLINE IN THE WORLD TWICE I N A R O W: 2017

3

TRUSTED DOMESTIC CA R R I E R OF THE SPRINGBOKS

Book now at flysafair.co.za OAG Rating October 2017

*T’s and C’s apply

BEST AIRLINE A F R I CA & INDIAN OCEAN


4

NUUS • NEWS

21 November 2018

Gun, guns, gunstig Van der Mentals sing plaaslik

Leerders in ons vallei is op die oomblik byna almal besig om eksamen te skryf. Talle feite, prosesse, definisies en toepassings moet ter voorbereiding van hierdie finale evaluering ingestudeer word, gememoriseer word en verstaan word. In Afrikaans moet almal, van graad 1 tot graad 12, byvoorbeeld die korrekte vorm van die bywoord by die trappe van vergelyking ken. Die woord “gun” is nie ‘n bywoord nie en kan nie progressief in trappe van vergelyking eskaleer nie. ‘n Onderwyser wat só ‘n vraag in ‘n eksamen sou vra, moet liefs weer sy handboeke nader trek. Tog wens ‘n mens soms dat dit wel die geval kon wees; dat “gun” trappe van vergelyking gehad het. Wanneer ‘n mens na die afguns, selfgeregtigheid, wedywering en die lelike strategieë van mense wat hul eie tekortkominge met vuilspel wil verdoesel in die wêreld rondom ons kyk, het “gun” definitief ‘n oortreffende trap nodig om sy plek vol te staan. Veral op die vooraand van die Feestyd wil ‘n mens vir “gun” ‘n groter plekkie in die kollig, wel, gun. Die HAT beskryf “gun” as om nie iemand iets te beny nie, om met welgevalle te sien dat ‘n ander iets het of kry en om iemand iets te laat toekom. Heel toevallig is die woord reg onder “gun” in die woordeboek, “guns” - amper asof dit sy vergrotende trap moet wees. ‘n Guns is ‘n ‘n blyk van goedgesindheid, ‘n goedgunstige toegewing. En net 5 woorde laer in die woordeboek pryk “gunstig” - die kroon op “gun” en “guns”, want dit is iets wat bevorderlik is vir vooruitgang, iets wat ‘n blyk van welwillendheid weerspieël. Gun, guns, gunstig is gelukkig iets wat talle Wellingtonners al gesnap het. Die Drakenstein Plaaswag, in samewerking met ander veiligheidsinstansies, gun almal in ons omgewing toegang tot basiese gesondheidsorg. Daarom het hulle die afgelope naweek gratis mediese evaluering aan plaaswerkers verskaf. Die gemeenskap van Wellington weet dat wanneer ons ons dierevriende veiligheid en goeie sorg gun, guns en ‘n gunstige, gesonde omgewing ons almal se erfdeel sal wees. Daarom het talle individue en instansies bygedra om skenkings tot die beveiliging van die plaaslike DBV-tak te maak. Die Breytenbach Sentrum het die afgelope week met die inwyding van hul nuwe buitelugverhoog nie net ‘n gunstige omgewing vir kunstenaars en die gemeenskap geskep nie, maar ook getrou aan hul visie van “’n plek van uitdagende skepping” gebly. Die Van der Mentals musiekgroep gaan die dorp eerskomende Vrydag ‘n guns bewys deur gratis op hierdie nuwe verhoog op te tree. Die lede van WAG/Stopmisdaad gun elke kind toegang tot die nodige hulpmiddels in hul opvoeding en het onlangs skryfbehoeftes aan leerders in omliggende skole uitgedeel. Die plaaslike VLV-tak het dieselfde gedoen deur handgemaakte potloodsakkies en skryfbehoeftes aan die Ma’s vir Wellington se leerders te skenk. By Sunfield Home word daar verby mense se gebreke gekyk en op hul potensiaal gefokus. Met hul onlangse Kersmark en die inwyding van hul nuwe saal en sentrum het hulle die verwesenliking hiervan ten toon gestel en die vaardighede van hul inwoners op ‘n gunstige wyse aangewend. Keagen Gertse gun alle kinders dít wat hy deur musiek en harde werk vermag het. Daarom het hy die EduRewards-program ontwikkel en gaan hy binnekort sy idee aan verteenwoordigers van die Verenigde Nasies voorlê - iets wat in die guns van baie kinders sal tel en ‘n gunstige toekoms vir talle sal verseker. William Arthur Ward het geskryf dat diegene wat geleer het om te bewonder sonder om afgunstig te wees, om te volg sonder om na te aap, om te prys sonder om te vlei en om te lei sonder om te manipuleer, geseënd sal wees. Mag elkeen hierdie week ander mense iets gun, iewers ‘n guns bewys en só ‘n gunstige, gesonde gemeenskap vir almal help bou.

Wat kry jy as jy ‘n vrugteboer, ‘n rekenaarprogrammeerder en drie ingenieurs bymekaar gooi? Dit blyk dat só ‘n interessante kombinasie heel moontlik ‘n enigmatiese musiekgroep tot gevolg kan hê, want dit is presies hoe die Van der Mentals-musiekgroep saamgestel is. Die Van der Mentals tree op Vrydag 23 November gratis by die Bôrdienghuis se buitelugverhoog op. Vir die twee Wellingtonners in die groep, Louis Pienaar en Neil Fourie, sal dit ‘n hoogtepunt wees om in hul tuisdorp voor hul eie gemeenskap op te tree. Die Van der Mentals het eintlik hul ontstaan aan ‘n vorige groep, Slowboat, te danke. Nadat Slowboat ontbind het omdat 2 lede uit Stellenbosch nie meer so ver vir oefeninge kon ry nie, het Louis en Neil hul plekke ingeneem en die nuwe groep, die Van der Mentals, is gestig. Louis is ‘n siviele ingenieur en Neil ‘n elektriese ingenieur. Die ander lede van die groep is Nico Lubbe, ‘n hout- en metaalingenieur, Grant Clarck, ‘n vrugteboer en Rob Nagel, ‘n rekenaarprogrammeerder. Hierdie drie is almal van Tulbagh. Die Van der Mentals beskryf hul musiek as ‘n “verskeidenheid”. “Ons dek ‘n wye spektrum genres soos rock, blues, rock ‘n roll, jazz, country, soul, pop en selfs doo-wop. Ons het 5 sangers, 4 kitaar- en basspelers en 2 dromspelers. Ons ruil gedurig instrumente en rolle om vir ‘n ryk en diverse ondervinding te sorg. Daar is vir elkeen iets!” vertel Rob. Hy kan sing, sowel as saksofoon, mondfluitjie, baskitaar, kitaar en dromme speel. Hy het boonop, as die oudste lid van die groep, 45 jaar se ondervinding in musiekgroepe en het onder andere in die bekende Blues Broers gespeel. Rob is ook tans die hoofliedjieskrywer van die Van der Mentals. Grant is ook ‘n sanger en hy speel baskitaar en kitaar. Hy is ook ‘n liedjieskrywer. Nico sing en speel dromme en is gewoonlik vir die ligte verantwoordelik. Louis sing, speel baskitaar en kitaar en is die groep se klankingenieur. Neil, die nuutste toevoeging tot die groep, sing en speel ook baskitaar en kitaar. Volgens Rob is die liedjieskryfproses een wat 5% inspirasie en 95% perspirasie verg. “Dit vereis dat jy gedurig op die uitkyk moet wees vir daardie vonkie, ‘n klein insident, frase of hoofopskrif wat ‘n liedjie inspireer. Wanneer die vonkie eers vlamvat, moet jy maar die harde werk doen om dit te voltooi en ‘n demo aan die band voor te lê. Almal dra dan ietsie by. As almal daarvan hou, speel ons dit dan by ‘n gig,” verduidelik hy. Die Van der Mentals het al by ‘n wye verskeidenheid geleenthede opgetree. “Ons het al in kroeë, brouerye, restaurante, by fondsinsamelings, verjaarsdae, werksfunksies, feeste en troues opgetree. Dit is baie

bevredigend op by so ‘n wye verskeidenheid plekke te speel. In ons eie omgewing het ons al by talle plekke opgetree en het ook al by die TP Rally in die Wildernis, Malgas, Swellendam en Saldanha gespeel. Aangesien die band nie ons hoof inkomste is nie, kan ons kies. En by die paar geleenthede waar ons gratis speel, is daar ‘n volle ‘money back’ terugbetaling gewaarborg!” skerts Rob. Alhoewel daar baie musiekgroepe is wat oral optree, probeer die Van der Mentals getrou bly aan hul standaard en unieke karakter wat hul van ander groepe onderskei. “Daar is al hoe meer bands, en nie soveel meer gigs nie. Daar is ook so baie tipes vermaak dat mense wye keuses het. Maar ons probeer deur die goeie standaard van ons optredes al hoe meer gewildheid en bekendheid verwerf om so meer gesog te word,” sê Rob. Die Van der Mentals oefen een keer per week en wissel hul oefeninge af tussen Tulbagh en Wellington. “Dit is groot pret en ons geniet baie ons boy’s night of ramnag wanneer ons kan vergeet van werk en persoonlike probleme en net ons gate uit kan geniet,” lag Rob. Omdat hulle gratis by die Bôrdienghuis in Wellington oefen, het die Van der Mentals besluit om ‘n gratis vertoning by die teater aan te bied. “Ons het gedink ons wil graag vir hulle dankie sê deur ‘n gratis vertoning daar aan te bied waarheen hulle ook mense gratis kan nooi. ‘n Soort ‘Rock for Pizza’-aand,” sê Rob. Wellingtonners kan uitsien na ‘n vertoning van ‘n verskeidenheid genres en selfs ‘n paar instrumentale nommers tydens hierdie gratis vertoning. “Dis amper soos om 3 of 4 bands te sien! Wat ons ook uniek maak, is dat ons nie te hard speel nie. Ons vertel ook swak grappe,” skers Rob. Volgens hom is dit al die groeplede se liefde vir musiek wat hul motiveer om aan te hou doen wat hul doen. “Dit is die voordeel van musiek maak vir ‘n stokperdjie. Dit beteken ons kan kies wat ons wil speel, nie wat mense verwag of wil hê nie. Ons doen dit want ons geniet dit, en dit word duidelik weerspieël in hoe baie pret ons op die verhoog het. Dis aansteeklik en vir die gehoor ook lekker om te sien,” sê Rob. Die Van der Mentals is baie opgewonde oor hul toekomsplanne. “Dit is seker vir enige band ‘n kortermyndoelwit om hul eie album op te neem. Ons het reeds die helfte van die liedjies en die lysie groei elke week. Ons stel ook ‘n besondere hoë standaard vir onsself en hou na elke gig ‘n ‘post mortem’ om ons foute uit te stryk en verbeteringe aan te bring wat ons spel en optrede betref. Ons hoop om eendag ‘n paar groot konserte en gigs te speel,” droom hulle.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.


NUUS • NEWS

21 November 2018

Gratis mediese evaluering op plase gedoen

Black Friday MOR SPECIAEL IN-STOR S E

OFFERS VALID: 23 - 30 NOVEMBER

R89

Gratis mediese evaluerings is vir honderde mense beskikbaar gestel. Die Drakenstein Plaaswag het op Saterdag 17 November gratis mediese evaluering aan honderde plaaswerkers rondom Wellington voorsien. Hulle het hierdie inisiatief in samewerking met Fidelity ADT, Second Harvest en die Wellington Aksie Groep/Stopmisdaad geloods. ‘n Mediese span veldwerkers was slaggereed by die Indigo Berrie Plaas op die Perdeskoenpad en honderde plaaswerkers en hul afhanklikes het vir die gratis diens opgedaag. Basiese mediese evaluerings soos suikertoetse en bloeddrukmeting is gedoen, waarna

elkeen ‘n geskenkpak met ‘n pet, ‘n veiligheidsfluitjie en ander bederf-items ontvang het. Second Harvest, ‘n nie-winsgewende organisasie wat kos aan minderbevoorregte mense verskaf en pap by skole uitdeel, het aan elkeen ‘n heerlike worsbroodjie gegee. Die kinders kon ook heerlik op ‘n springkasteel en waterglybaan baljaar. Volgens Julius de Waal van Fidelity ADT het hulle hierdie gratis diens vir al die plase in die omgewing beskikbaar gestel. Hulle het die boere in kennis gestel, wat op hul beurt hul werkers vir die evaluering gestuur het.

LIMIT TO 5 PER CUSTOMER

R199

3 DRAWER STORAGE

Die standaardprosedure wat van toepassing is op onwettige bouwerk sal ingestel word waar ongemagtigde bouwerk ná die aanvangsdatum van die amnestie-periode begin het. Die relevante bouplan-aansoeke moet binne die ses-maande amnestie-tydperk ingedien word. ‘n Aansoekfooi, sowel as alle ander relevante fooie, sal steeds van toepassing en betaalbaar wees ten opsigte van amnestie-aansoeke. ‘n Aansoekvorm is beskikbaar en moet voor die indiening van die bouplan-aansoek voltooi en ingedien word. Sonder die indiening van al die nodige dokumentasie en betalings sal ‘n amnestie-aansoek nie geprosesseer kan word nie. Enige bouplanne wat vir ongemagtigde bouplanne in terme van hierdie amnestie ingedien word, sal aan inspeksie van die Bou-inspeksie Eenheid onderworpe wees. In die geval van goedkeuring, sal ‘n Okkupasie-sertifikaat uitgereik word. Eiendomseienaars het versekeringsmaatskappye in die verlede geweier het om eise uit te betaal waar goedgekeurde bouplanne en okkupasie-sertifikate nie aan die eienaar uitgereik is nie. Hierdie amnestie moet geensins as ‘n verslapping van enige standaarde, regulasies en wetgewing ten opsigte van die boubedryf beskou word nie. Enige strukture wat nie aan die vereiste standaarde en wetgewing voldoen nie, sal nie goedgekeur word nie en sal in terme van die bestaande magtigingsprosedures hanteer word. Die bouplanne sal afgekeur word en toepaslike stappe sal geneem word om óf die ongemagtigde struktuur af te breek, óf om dit te verskuif. Vir meer inligting rakende hierdie saak kan belangstellendes die Munisipaliteit se Departement van Beplanning en Ontwikkeling by 021-807 6324 (Fickerie Toyer) of 021-807 4658 (Carmen Bruintjies) kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

20L JERRY CAN KAR20SQ90N

PLUS FREE

5L WATER & CAP

SAVE R140

(BLACK ONLY)

WIDE 3 DRAWER STORAGE (BLACK ONLY)

Amnestie-tydperk vir ongemagtigde bouwerk Die Drakenstein Munisipaliteit is vasbeslote om ‘n veilige beboude omgewing in die Drakenstein area te verseker. Om hierdie rede sal hul daadwerklik optree teen enigeen wat enige strukture sonder die nodige, goedgekeurde bouplanne oprig. Die munisipaliteit het egter vasgestel dat talle nuwe strukture, of dit nou tydelik of permanent van aard is, sonder die verlangde goedgekeurde bouplanne verrys het. In ‘n poging om ‘n veilige beboude omgewing te verseker, het die Drakenstein Munisipaliteit ‘n amnestie-tydperk van ses maande ingestel. Die eienaars van eiendomme het gedurende hierdie tydperk nog ‘n kans om bouplanne vir ongemagtigde bouwerk by die munisipaliteit se Afdeling vir Beplanning en Ontwikkeling vir assesering en oorweging in te dien. Bouwerk, wat deur die Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde gereguleer word, sluit toevoegings, veranderings, uitbreidings, wysigings aan bestaande strukture, sowel as enige nuwe strukture, of dit nou tydelik of permanent is, in. Die Drakenstein Munisipale Raad het hierdie besluit in September vanjaar goedgekeur. Dit gee die eienaars van eiendom die geleentheid om enige onwettig strukture, wat aan die minimum tegniese standaarde van die NBR en die vereistes van ander toepaslike wetgewing moet voldoen, goedgekeur te kry sonder om ‘n boete te betaal. Hierdie amnestie sal vanaf 1 Desember geldig wees en die Stadsbestuurder van die Drakenstein Munisipaliteit, dr. Johan Leibbrandt, is by magte om hierdie tydperk vir ‘n verdere drie maande te verleng indien nodig. Dit is belangrik om daarop te let dat die amnestie net van toepassing is op bouwerk wat voor die aanvang van die amnestieperiode begin het.

SAVE R25

LIMIT TO 5 PER CUSTOMER

R259

LIMIT TO 5 PER CUSTOMER

R99

100L BLACK STORAGE BOX WITH HINGED LID

SAVE R140

SAVE R60

6 FOOT FOLDABLE TABLE LIMIT TO 5 PER CUSTOMER

R499 SAVE R100

ambo s

STORAGE

&

HOME

HEAD OFFICE: 021 911 5555 WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805, GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029 , KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH: 041-368 6551, BAYWEST: 041 492 0372, EAST LONDON: 043 726 3679 THESE DEALS ARE NOT AVAILABLE IN MTHATHA

VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA

5


6

21 November 2018

NUUS • NEWS

Buitelugverhoog se Shafiek se toespraak aan opening sorg vir vermaak leerders inspireer

Heelbo: Mike & the Harmonix het vir groot vermaak gesorg. Meer as 150 mense het vir die opening van die Bôrdienghuis se nuwe buitelugverhoog se opening opgedaag. Die binnehof van die Breytenbach-sentrum is in ‘n gesellige kuierarea omskep met talle tafels waarrondom gaste kon aansit. Die perfekte somersaand het as agtergrond vir die 60’s en 70’s-vertoning deur Mike and the Harmonix gedien. Die Bôrdienghuis se pizza-oond het oortyd gewerk om al die gaste van eetgoed te voorsien terwyl die klanke van ou bekende gunstelinge die voete laat jeuk en almal hartlik laat saamsing het.

Treffers soos The Lion sleeps tonight, Pretty Woman, Those were the days my friend, I feel good en Down Town het deur die naglug weerklink. Verbygangers in die straat het selfs aan die feestelikheid meegedoen en lustig saamgesing. Ander gunstelinge wat tydens die vertoning gesing is, is My girl, Brown eyed girl, Hotel California, Crocodile rock en Queen se Crazy little thing called love. Die vertoning is op ‘n hoogtepunt met ‘n Abba-treffer afgesluit. Die volgende vertoning op die Bôrdienghuis se nuwe buitelugverhoog is ‘n gratis een deur die Van der Mentals op Vrydag 23 November.

Die Wellingtonner Shafiek Mouton het onlangs ‘n motiveringspraatjie by Van Wyksvlei Primêr gelewer wat die vallei aan die gons het. Sy praatjie, wat tydens die skool se prysuitdeling gelewer is, het soveel kinders en onderwysers gemotiveer, dat die strekking daarvan wyd en syd verkondig word. Hier is ‘n verkorte weergawe van die praatjie wat almal aan die praat het" "Ek glo dis belangrik dat ons erkenning gee wanneer iemand presteer, op watter vlak dit ook al mag wees en op watter wyse die erkenning ook al mag geskied. Hetsy ‘n diploma, trofee, medalje, seremonie of al is dit in die vorm van ‘n Facebook- of WhatsApp-status. "Ons gee as mens alreeds so min komplimente vir mekaar en daar heers soveel jaloesie in ons samelewing dat ons in my beskeie mening elke geleentheid moet aangryp om mekaar se suksesse te vier en erkenning daarvoor te gee. Die vormingsjare vir ‘n kind hou die sleutel tot die sukses wat hy of sy later in hul lewe as jongmens en volwassene sal ervaar of, ongelukkig in baie gevalle, die teenoorgestelde, want nie almal van ons behaal sukses in die lewe nie. Dit is dus ons as volwassenes, as ouers en as opvoeders, se verantwoordelikheid om kinders tot die beste van ons vermoëns toe te rus om hulle ‘n regverdige kans in die lewe te gee. Elke liewe kind wat in die wêreld kom, het die reg tot ‘n liefdevolle omgewing waar sy welstand deur twee ouers en hul onderskeie ondersteuningsisteme op die hande gedra word. To all the Wykkies present here tonight, you are reaping the rewards of your hard work, but your job is not done yet. In fact, it’s only just begun! Ek wil julle aanmoedig om na hoër hoogtes te reik en om dit te kan doen wil ek ‘n baie klein tassie vir julle pak vir die pad vorentoe. Dis eenvoudige goedjies, maar ek glo julle paaie sal gelyk wees as julle die tassie met die drie klein goedjies saam met julle neem op julle lewensreis. Respek.

In English there’s a saying that goes “respect goes a long way”. I found a quote on the internet by Lamar Odom that explains respect in the following way, “Respect goes a long way when you carry yourself in a certain way and show manners when you meet someone for the first time. If you do that, then it’s hard for somebody not to like you.” Respek vir jouself en vir ander is iets wat almal saam op hul reis deur die lewe moet vat. "En respek kom gewoonlik van twee kante af. Dis eenvoudig: as jy iemand gaan respekteer, is die kanse dat daai een vir jou gaan respekteer, baie goed. "En op die einde van die dag is dit al wat ons almal in die lewe wil hê; wedersydse respek. Dissipline. As jy sukses in die lewe wil behaal, moet jy dissipline hê. Niemand vanaand hier kry ‘n prys vir die meeste op juffrou of meneer se nerves werk nie, né? Die laaste dingetjie wat ons in ons tassie gaan pak, is liefde. Ja liefde, good old plain and simple love. As ons nie liefde vir mekaar gaan hê nie, gaan die lewe net vol hartseer en verdriet wees. Ons moet liefde teenoor ons ouers, broers, susters, oumas en oupas, ooms en tannies toon om die wêreld ‘n beter plek vir almal te maak. Ek sluit af met ‘n kort boodskappie aan ouers en opvoeders. Whitney Houston het in 1985 ‘n wêreldwye treffer gehad met haar liedjie, “The greatest love of all”, waarin sy sê: ”I believe the children are our future, teach them well and let them lead the way”. Ek gaan egter vanaand met Whitney verskil, en diegene wat my ken, weet ek verskil nie sommer met enige Whitney nie! Ek gaan ‘n beroep op ouers en opvoeders doen om Whitney Houston se woorde effens aan te pas na die volgende: “I believe the children are our future, teach them well and let US lead the way”, ek herhaal, “let US lead the way”.


NUUS • NEWS

7

21 November 2018

Keagen Gertse se hande staan vir niks verkeerd •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Keagen Gertse is nie net ‘n baie talentvolle musikant nie - sy entrepreneursvernuf het hom onlangs ‘n uitnodiging as een van slegs 100 kandidate van regoor Afrika na die African Youth Development Summit, sowel as ‘n uitnodiging na die Asia Model World United Nations konferensie wat in Februarie 2019 in Thailand plaasvind, besorg. Volgens Keagen is die African Youth Development Summit (AYDS) ‘n forum wat uit ‘n byeenkoms van organisasies soos die Junior Chamber International, Africa80, Global Citizen en die African Peer Review Mechanism bestaan. “Dit is ‘n wêreldwye netwerk van aktiewe jongmense wat positiewe verandering in hul gemeenskappe wil bewerkstellig. Amper 200 000 mense is deel van die Junior Chamber International. "100 jongmense met briljante idees om Afrika en sy mense vorentoe te neem, kry deur hierdie inisiatiewe die kans om bymekaar te kom en saam die uitdagings op die kontinent aan te spreek, hul idees voor te lê en te motiveer hoe dit ‘n verskil in die lewe van hul medemens kan maak,” verduidelik Keagen. Hy is uit meer as 700 aansoeke as een van die 100 verteenwoordigers van ons kontinent by hierdie byeenkoms gekies. Die AYD-beraad sal aan die einde van November by die Pan-African Parlement in Johannesburg plaasvind. Die blink entrepreneurs-idee wat Keagen ‘n plek by hierdie beraad besorg het, is sy EduRewards-inisiatief. In die tyd dat hy ‘n onderwyser in Langebaan was, het hy by die Gladiators of Life-projek betrokke geraak. Hierdie projek het na die gemeenskap uitgereik deur onder andere tweedehandse skoene bymekaar te maak en aan behoeftiges uit te deel, sowel as om kinders aan buitemuurse aktiwiteite bloot te stel. Keagen het ook gehelp om ‘n klassieke konsert te organiseer waarmee fondse vir minderbevoorregte musikante in die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes ingesamel is. “My betrokkenheid by al hierdie inisiatiewe het my na EduRewards, die inisiatief waarmee ek huidiglik besig is, gelei. EduRewards is ‘n teg-

nologiese program wat vir skoolgaande kinders ‘n geleentheid skep om punte te verdien sodat hulle na hul eie opvoeding kan omsien. "Die punte wat hulle kry, word uitgereik deur hul vordering en konstante skoolbywoning te monitor. "Die punte kan dan gebruik word om skooluniforms, skryfbehoeftes, boeke, sportklere en ander skoolnoodsaaklikhede te bekom. Die program sien toe dat elke kind netjies lyk en alle skoolnoodsaaklikhede het om ‘n suksesvolle skoolloopbaan te kan voltooi om te verseker hulle bou ‘n stewige ekonomiese toekoms vir

hulself,” verduidelik Keagen sy EduRewards-konsep. Volgens hom het hierdie konsep by hom opgekom toe hy aan sy eie uitdagende s ko o l l o o p b a a n gedink het en die rol wat sy musikale talent in die skep van geleenthede op sy pad gespeel het. “Ek het besef dat my musikale talent vir my geleenthede geskep het om ‘n inkomste vir myself te genereer en dis op daardie wyse wat ek wil uitreik na kinders en verseker dat hulle huidige vordering hulle ‘n geleentheid gee om hul onmiddellike omstandighede in iets positief te kan verander,” vertel hy. Alhoewel die 23-jarige Keagen al vir ‘n paar jaar in Langebaan skoolgehou het, is hy sy lewe lank ‘n Wellingtonner. Hy het sy skoolloopbaan aan St. Albans Primêr en Wellington Sekondêr, waar hy ook hoofseun was, voltooi. Volgens hom is sy liefde vir en talent in musiek iets wat in sy gene is. “My oupa se kant van die familie, die Fieliese, word in Wellington geken as die musiekmense. My grootoupa was ‘n pianis en orrelis. My ouma se kant, die Albertusse, is weer sangers, sowel as my pa se mense, die Gertses, wat ook welbe-

kende musici in die streek is,” sê hy. Keagen se eerste blootstelling aan musiek was in die kerk, waar hy van ‘n jong ouderdom af geleer het om blokfluit te speel en in die Sondagskoolkoor te sing. “My liefde vir musiek bestaan daaruit dat dit my letterlik uit my dop gehaal en vir my in die diepkant gegooi het op die mees ongerieflike tye. Dit was my steunpunt deur soveel persoonlike uitdagings. "Dit was ook ‘n uitweg toe baie opsies nie beskikbaar was nie. Dit is ‘n tipe kleed wat ek nie kan afhaal nie, ek het al probeer,” sê Keagen. Hy het as 12-jarige vioollesse by ‘n priester by sy kerk begin neem. Daarna het hy die geleentheid gekry om lesse by die Frank Pietersen Musiek Sentrum in die Paarl te neem. “Ek is eers deur meneer Hadley Duminy en daarna deur mevrou Eunici Geldenhuys onderrig. Saam met die viool het sanglesse ook gekom. "Dit was juffrou Jonette Lekay wat my gehoor het en aangeraai het om solosang as ‘n tweede instrument te neem. Dit is waar my liefde vir opera begin het. Ek het later by meneer Arno Jones sang geneem en dit is onder sy leiding dat ek aan die Pieter Kooij Klassieke Kompetisie deelgeneem het. "Ek het die tweede plek in die kompetisie behaal en was hiermee die eerste sanger wat ‘n plek in die instrument-kategorie by dié kompetisie behaal het,” vertel Keagen. Volgens hom het musiek hom gehelp om talle struikelblokke in sy lewe te oorkom. “Musiek het my met ander oë na uitdadings laat kyk. In plaas daarvan om dit as kettings wat jou vasbind te sien, het ek besef dis geleenthede vir my om ‘n verskil, nie net in my lewe nie, maar ook in dié van ander, te maak. "Musiek het my maniere gewys om te oorleef wat ek nie anders sou kon nie. Musiek het my laat besef dat die lewe is wat jy daarvan maak; dat as jy besluit om iets beter te doen of te word, vasbyt en hard werk, daar altyd geleenthede kom,” sê Keagen. Keagen is nog op soek na borge wat sy toere na die AYD-beraad, sowel as die konferensie in Thailand kan help moontlik maak. Belangstellendes kan hom by 081 063 7749 of keagengertse@gmail.com kontak.


courant

NUUS • NEWS

21 November 2018

diĂŠ

8

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

21 November 2018

Hugenote Laer se swemmers presteer

Jukskei:

Hierdie leerders van die Hugenote Laerskool gaan die Kaapse Wynland verteenwoordig by die SA Junior Jukskei-toernooi te Kroonstad vanaf 8 tot 14 Desember 2018. Christell Rossouw gaan saam met die groep as spanbestuurder. Die leerders is gekies in die volgende spanne: Hugo Visser (o/13 A seuns), Elzaan Bredenkamp (o/13 dogters A1), Marelize Meyer (kaptein), Franchelle Behm, Ane Visser o/13 A2 dogters. Hul vertrek alreeds op 6 Desember 2018.

Motorfiets:

Baie geluk aan Stefan Zybrands van Hugenote Laerskool (graad 6) wat die 2018 Wes-Kaap Offroad motorfietskampioen is.

Swem: Hierdie is al Hugenote Laerskool se medaljewenners by Wellington Preparatory School se swemgala.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.