496 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

21 November 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 496

21 November 2018

•PIKETBERG SPOG MET OEFENTOERUSTING

Nuwe gimnasium belê in gesondheid

•Charlotte Lesch “Die buitelug-gimnasium is meer as net ‘n projek, dit is ‘n belegging in goeie gesondheid en welstand”. Só sê die uitvoerende burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, Ray van Rooy toe hy met die bekendstelling van Piketberg se buiteluggimnasium die belangrikheid van ’n aktiewe lewenstyl uitgewys het. Volgens hom is dit vir almal ‘n geleentheid om te kan oefen en aktief te bly. Bergrivier Munisipaliteit het onlangs die langverwagte buiteluggimnasium amptelik op Piketberg geopen wat geleë is op die hoek van Kloof- en Sarel Cilliersstraat. Die gimnasium, wat sentraal geleë is en toeganklik is vir alle lede van die gemeenskap, bestaan uit 14 verskillende soorte gimnasiumtoerusting wat ontwerp is om ’n persoon se liggaamsmassa te gebruik as gewigte gedurende oefensessies. Die toerusting sluit altesaam 11 verskillende apparate in wat alle liggaamsdele teiken. Die fasiliteit kan boonop 26 mense wat gelyk oefen, akkommodeer. Die onthulling van die buiteluggimnasium dui op die voltooiing van fase 2 van die streeksosio-ekonomiese program. Verskeie mense, jonk en oud, het reeds begin om van die toerusting gebruik te maak in hul strewe om ’n meer aktiewe lewenstyl te begin lei. Van Rooy lê klem op die feit dat kinders onder die ouderdom van 12 onder konstante volwasse toesig moet wees wanneer toerusting gebruik word. “Die fasiliteit is nie ’n speelpark nie, maar is uitsluitlik ontwerp vir oefeninge en fiksheiddoeleindes”. Burgemeesterskomiteelid, Jakobus Daniels, het die gaste verwelkom en het al die rolspelers bedank vir hul bydrae tot die suksesvolle implementering van hierdie projek.

R3.49 billion for Western Coast

Sho-anne van Wyk en Nasherine Boois voer ‘n demonstrasie uit.

Die munisipaliteit moedig alle inwoners aan om die fasiliteit te geniet, maar ook verantwoordelik te gebruik.

Petisie aan polisie oorhandig

“Ons wil graag alle inwoners aanmoedig om eienaarskap te neem van die fasiliteit en die reëls ten alle tye te volg”.

Hengelaars vlieg na Wallis

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.