c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
28 November 2018
91.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 497
28 November 2018
Bale hoog gestapel
Op die plaas Doringkloof word daar hard gewerk om nog 'n suksesvolle oesjaar af te sluit. Hier is die werkers druk besig om die bale in rye te stapel. Die oestyd kom eersdaags tot 'n einde, met slegs enkele produsente wat nog koring van die lande haal. Foto: Cor Cronjé
•MATRIKULANTE POSITIEF OOR EKSAMEN
‘Harde werk’ maak vraestelle ‘maklik’
Die meeste matriekleerlinge reg oor die land het die afgelope Maandag die matriekeindeksamen vaarwel geroep toe hulle ná vyf weke met die derde Engelse vraestel afsluit. Algemene indrukke van matriekleerlinge reg oor die Swartland en dele van die Bergrivier Munisipaliteit, was dat vanjaar se eindeksamen hulle goedgesind was. Leerlinge is dit eens dat hulle baatgevind het by goeie voorbereiding vir die rekordeksamen vroeër in September vanjaar. Anje Botha, ‘n matriekleerling van Hoërskool Swartland op Malmesbury, sê die matriekeksamen het tot dusver regtig goed gegaan. “Ek het goed voorberei en hard gewerk. “ Volgens haar het die voorbereiding vir die rekordeksamen baie gehelp vir die eindeksamen. Hoewel die tweede Wiskunde vraestel en die Verbruikerstudie vraestel haar met sommige vrae ‘n bietjie ontkant betrap het, was alle vraestelle baie goed gebalanseerd. Die maklikste vraestelle vir haar was tale, terwyl sy die lekkerste geskryf het aan Biologie. Sy is oor die algemeen baie positief oor die uitslae wat op 4 Januarie volgende jaar bekend gemaak sal word. Botha wil baie graag volgende jaar fisioterapie gaan studeer. Chariz Russell, ‘n matriekleerling by Wesbank
Sekondêr en boonop een van hul top-leerlinge, was Maandag oorweldig kort nadat sy haar laaste vraestel in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen klaar geskryf het. Sy het oor die algemeen ‘n lekker eksamen gehad, behalwe vir ‘n paar vraestelle wat effens aan die moeilike kant was. Die tweede Wiskunde vraestel was seker die moeilikste vraestel, terwyl sy die lekkerste geskryf het aan Lewenswetenskappe. Volgens Russell het sy dwarsdeur deur die jaar hard gewerk en baie geleer. Goeie voorbereiding vir die vorige rekordeksamen het ook beslis in haar guns getel. In so 'n mate dat sy byna geen leerwerk vir dié eksamen gehad het, behalwe hersiening nie. Haar vertroue in die Hemelse Vader en die volgehoue liefde en ondersteuning van haar familie en ouers, het volgens Russell ‘n deurslaggewende rol in die sukses van haar eindeksamen gespeel. Sy is volgende jaar op pad na Stellenbosch Universiteit waar sy haar Bsc-graad gaan najaag. Nico Hanekom van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg voel baie positief oor sy eksamen wat Maandag tot 'n einde gekom het. Dit was volgens hom die eksamen waarvoor hy die meeste in sy skoolloopbaan geleer het. "Die skool se voorbereiding vir die meeste
vakke was baie goed. Ek wou net my beste gee. Om deur die eksamen nog te geleer het, gee jou net daardie ekstra selfvertroue, wanneer jy dalk stres oor die eksamen." Hy bieg egter en sê dat hy nie baie gestres het gedurende dié eksamen nie. "Sedert ek in Graad 9 besef het ek moet net my beste gee, het ek minder begin stres en beter begin vaar op skool." Hanekom is nou wel siek in die bed, maar gee tog 'n sug van verligting dat dié fase van sy lewe verby is. Hy gaan volgende jaar Ingenieurswese aan die Stellenbosch Universiteit studeer en kyk waarheen die pad hom van daar neem. Sy moeilikste vraestel was "heel moontlik Afrikaanse Literatuur, omdat ons aan agt moontlike lang vrae gewerk het en nie een daarvan gekry het nie". Die Engelse vraestel was op sy beurt weer sy maklikste vraestel, terwyl hy lekker aan Biologie geskryf het. "Dit was ook een van sy gunsteling vakke op skool." Twee dinge wat hom deur hierdie eksamen gekry het, was baie slaap en oefening, wat hom gehelp het om sy brein 'n effense blaaskans van die eksamen te gee."
NUUS • NEWS