497 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

28 November 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 497

28 November 2018

•LEGENDARIESE STORIE RAAK 'N WERKLIKHEID

See loop in sy are •Madi Pieterse Vir jare het daar ‘n storie op Velddrif die rondte gedoen van die vrou met die kind wat altyd saam met die skipper van die skuit Wildegans van Gansbaai af hier kom visvang het. Die storie wou dit hê dat dit die skipper se houvrou en kind was wat saamgebring is, wanneer hy hier kom visvang het. Verlede week, tydens die halfeeuvieringe van die amptelike ingebruikneming van die mensgemaakte riviermond by Laaiplek, is die storie opgeklaar en het die waarheid die lig gesien. Die “houvrou” was die skipper se vrou en die kind was hulle kleinseun, Jaco, wat altyd saamgekom wanneer die skuite hier kom visvang het. Die “kind” is nou ‘n 40-jarige man wat hierdie storie en sy ongelooflike liefde vir die see en visvang en skuite en alles rondom die visbedryf met die gaste wat die vieringe meegemaak het, gedeel het. Jaco Louw se lewe draai rondom die visbedryf en alles wat daarmee gepaard gaan. Sy familie van vader- en moederskant is vissermanne. Hy het op Gansbaai grootgeword. Hy vertel dat, tussen 1983 en 1994, om een of ander onverklaarbare rede, kort na Paasnaweek elke jaar, pelagiese vis uit Gansbaai-waters weggeraak het. ‘n Plan moes gemaak word, want as daar nie vis is nie, is daar nie werk nie vir ‘n hele klomp mense nie. Skuite het toe met toestemming van Marine Products omgeloop diekant toe en hier kom visvang. Dit is hoe Jaco met Laaiplek/Velddrif te doen gekry het. Dit het sy tweede tuiste geword... Terwyl hy student was, het Jaco gereeld die vissery-museum in Houtbaai besoek. Sy besoeke was so gereeld dat hy ‘n goeie verhouding met die bestuur opgebou het. Toe dit blyk dat die

Hoërskool Porterville gaan groen

BO: Jaco Louw is die kleinseun van die skipper wat destyds op die skuit Wildegans op Velddrif aangekom het. museum tot niet wil gaan, het Jaco die aanbod gekry om die museum oor te neem en na Gansbaai te skuif. Gansbaai het reeds ‘n klein museum by Franskraal gehad en die spasie was heeltemal te klein om nog museumstukke te kon akkommodeer. Hierdie struikelblokke het nie Jaco se entoesiasme gestuit nie. Met die hulp van skipper Renè Zamudio, ‘n man wat ook ‘n groot liefde vir die visbedryfgeskiedenis gehad het en bevriend was met André Eigelaar van Marine Products, het ‘n geboutjie wat dateer uit die 1800’s, die vissery-museum se nuwe tuiste geword, kompleet met ‘n ekstra vertrek aangebou, sodat alles ‘n spesiale plek kon vind. ‘n Besoek aan die museum is ‘n belewenis vir talle. Veral Jaco se bootmodelle wat lewensgetroue replikas is van die ware Jakob. Besoekers staan verstom oor die detail hierin. Jaco vertel dat hy in sy grootword-jare tussen die skuite gespeel het wat in aanbou was by sy oupa se houtbootwerf, Louw & Halgerson. Sowat 90% van houtskuite wat in Suid-Afrika en Namibië op see gewerk het, is hier gebou. Herstelwerk is ook hier gedoen. Dit is hier waar hy begin het om ‘n plankie hier en ‘n skroe-

fie daar op te tel en huis toe te dra. Die dromme op die bootwerf was ‘n goudmyn, waar hulle weggooigoed Jaco se bootbouprojekte geword het. Min wetende dat dit ‘n lewenslange passie sou word! Niks wat Jaco gebruik om sy bootmodelle te bou, kan in ‘n winkel gekoop word nie, behalwe gare wat as toue moet diens doen. Bote word presies op skaal, plankie vir plankie, aanmekaar gesit. Elke plankie word met die hand gesny na grootte en dimensie, gevyl, gestoom en met koperspykers vasgesit. Wanneer hy nie self ‘n part op die draaibank kan maak nie, neem hy ‘n skets na ‘n ingenieursfirma sodat dit daar gemaak kan word. Selfs die detail van die letters van elke skuit se naam verskil. Vir Jaco is hierdie die skuit se gesig, sy uniekheid. Daarom word ook dit ‘n presiese replika. Elkeen van sy bootjies beeld ‘n spesifieke jaar uit en neem tussen 2000 en 2500 ure om te bou. Die grootste model wat hy gebou het, die Jopie Fourie, het vier jaar geneem om te voltooi. Jaco droom elke dag daarvan om skipper van sy eie skuit te word. Eendag miskien. Intussen bou hy lewensgetroue modelle. En dink aan die see...

Nagrit 'n groot sukses

S & H Scales vier dekades van sukses

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.