courant courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié dié
5 Desember 2018
• Free • Gratis
Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 498 12 September 2018
5 Desember 2018
Die junior- en seniorkore van Hugenote Laerskool het as deel van hul prys as die streekfinaal-wenners van die Sing in Harmonie-koorkompetisie elk hul eie musiekvideo gewen. Hierdie video's is die afgelope week op ‘n plaas buite Wellington verfilm. ‘n Hele span van KykNet Nou het spesiaal na Wellingtong gereis om hierdie videos te kom verfilm. Die koorlede moes soos wafferse akteurs hul liedjies langs ‘n dam en tussen die boorde Sing, terwyl die kameras gerol het. ‘n Hommeltuig-kamera is ook vir die verfilming van die musiekUitgawe 486 12 September 2018 videos ingespan. Die musiekvideos sal binnekort op KykNet Nou te sien wees.
•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM •LANDWYE INISIATIEF OOK OP WELLINGTON
Moderne vrou se Rhoda: passievol rol in samelewing oor opvoeding
•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking metZeeman CS Cybershield, Sanlam en Golden •Jaomi Thread Communications, ‘n spesiale inligtingDie Wellingtonner Charmaine Rhoda is iemand sessie virkan plaaslike sakevroue aangebied waar wat nie stilsit nie en voordurend konstruktief die voordele en gevare van sosiale media en moet besig wees. die kuberruim die loepen geneem Haar energieonder is aansteeklik sy hou is. dit beslis insiggewende sessie het op Dinsdag nieHierdie vir haarself nie. 4 September BoschenmeerenLandgoed Haar passieby vir die die opvoedkunde plaasgevind. die bemagtiging van vroue het haar al Talle plaaslike besigheids- laat en sakevroue het diep spore in ons gemeenskap trap. die geleentheid en groot baat gevind Charmaine isbygewoon in Stellenbosch gebore by praatjies. daar volendie hetinteressante haar skoolloopbaan Anine vanvander tooi. As een vyf Westhuizen kinders met ‘nvan pa Golden Thread Communications, wat hulle vroeg verlaat het,‘nhetspesialis sy die op die gebied van die van swaarkry-kant vansuksesvolle die lewe leeraanwending ken. sosiale in die “Mymedia ma het die besigheidswêreld, meeste van ons het die dames oor die voordele van die gebruik van die klere self gemaak en haar inkomste kuberruim in diekoek werkplek aangevul deur te bak.ingelig. Baie maal Anine gegaan, kan sosiale platforms hetVolgens dit broekskeur maarmedia ons was baie suksesvol in die voorbevoorreg om elke dagsakewêreld iets te ete te en hê,”tot vertel sy. deelAangesien van besighede benut op word. Charmaine ‘n jong ouderdom “Sosiale media platfoms reeds besef het dat eerlike, hardesoos werk facebook, die enigste instagram en linkedin ‘n kragtige hulpmiddel manier is om jouself teis verbeter en te bemagtig, om te adverteer en netwerke het jou sy nabesigheid skool onderwys gaan studeer. Sy en haar met besighede man,ander Len, het in 1978 en na moontlike Wellington kliënte verhuis te en bewerkstellig. Charmaine was vir baie jare ‘n voorslag grondslag"Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen verfase-onderwyseres. bruikers, 80% van volg besighede “Dwarsdeur myverbruikers onderwysloopbaan het ek op hierdie en 30% van verbruikers altyd gepoogplatform om die beste vir my leerders te gee. koop hulle op instagram gesien Ek hetprodukte hulle vanwat vroeg af geleer om selfstandig te het,” sy gesê. weeshet en hul man te staan. Anine hetlewenswyse hierdie platform ook as ‘ngeword plek "My eie het ‘n bloudruk waar kan uitbeeld, vir mybesighede studente. hul My kreatiwiteit grootste kompliment in die ‘nlewe besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan is as ek ‘n oud-student raakloop en hy of sy skep, treffende kan plaas en subtiele verklaar trots datfoto’s hulle ‘n gekwalifiseerde onderhandelsmerksigbaarheid kanof mediese bewerkstellig, wyser, prokureur, verpleegster dokter voorgehou. is. Alhoewel daar ook diegene was wat minder Volgens haar is Twitter nog is‘nek goeie sukses in die lewe behaal het, trotsplatform op almal wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy
wat ‘n leidende rol in die samelewing speel,” vertel haar gesog gemaak in opvoedkundige kringe. Sy is in 2002 gevra om die babasorg-kursus by die sy oor haar passie vir die onderwys. Sy het na baie jare in die onderwys probleme Wamakersvallei Opleidingsentrum aan te bied. “Weereens kon ek beide my passies uitleef, met haar stembande ondervind. “Daar was ‘n stadium dat ek vir maande nie onderwys en die bemagtiging van vroue uit ons kon praat nie en slegs geluide kon gemeenskap,” vertel sy van hierdie ondervinding. In 2009 het die Stigting vir die Bemagtiging van uitkry. Die dokter het gesê dat my stembande nie die boodskap van Afrikaans (SBA) vir Charmaine genader om vir hulle ‘n kindersorgkursus aan te bied. Hierdie kursus my brein wou aanvaar nie. "Na twee operasies om hierdie het, behalwe klasse by die Breytenbach Sentrum uitgroeisels te verwyder, het my en Butterfly House, so wyd soos Rawsonville, Kuilsdokter my aangeraai om op ver- rivier en Sarepta gestrek. “In Rawsonville was die vroue selfs bereid om vroegde pensioen te gaan. Ek het dus die onderwys in 1996 verlaat, hul seisonale werk in die wingerd op te gee om hul maar nie my passie agtergelaat nie,” eie kleuterskool te begin,” vertel Charmaine. In 2016 het die Breytenbach-sentrum verantsê sy. Charmaine se passie vir kinders woordelikheid vir die SBA-kursus oorgeneem en het nie net so ver as haar klaskamer Charmaine was die logiese keuse om hierdie kurgestrek nie. Haar betrokkenheid in die gemeen- sus voltyds aan te bied. Die Breytenbach-sentrum het hul betrokkenskap wat dit betref, getuig ook van hoe sterk haar heid in hierdie verband ‘n stap verder geneem deur hart hiervoor klop. “Ek het met Norsa, ‘n nie-regeringsorganisasie leerders in graad 3 te help om beter te lees. “Dit help die kinders om hul skoolwerk oor die wat ongewenste babas vir aanneming plaas, in kontak gekom. Ek en my man het vir ‘n tydperk algemeen te verbeter. Tans het ons sewe afgetrede van sestig dae na die babas omgesien totdat die onderwyseresse wat by vyf skole in die omgewing babas geplaas was. So was dit ons voorreg om oor besig is om leerders se leesvermoë te verbeter ‘n tydperk van agt jaar na 16 babas van alle rasse deur middel van die Doen-Leer-en-Lees Program,” om te sien. In die meeste gevalle het ons daardie vertel Charmaine. Anine der Westhuizen van Golden Francis van die Hierdie vrou, wat in murgNieuwoudt en been ‘n opvoeder babas van hul eerste bad en bottel gegee, en inThread som- Communications, Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik en Helét Borchardt Sanen Cybershield gemeenskapsmens is, glo vas dat van opvoeding mige gevalle het ons hul name ook gegee. Stander Met die van lam. koms van ons eie kleinkinders, ons het vyf, het hier- bemagtigend is. gegee. gesê. Hoe het, lyk die pad vorentoe vir Charmaine? die fase in ons lewe tot ‘n einde gekom,” vertel sy. gemaak Hy het ook die vooren nadele van Jan-Hendrik van CS Cybershield “Solank ek goeie gesondheid geniet, salgratis ek my Charmaine Stander se betrokkenheid by Norsa het het kliënte en besighede bespreek. Anine praatjie opgevolginmet inligtingsessie passieviruitleef. weer se nuwe afdraaipaaie haar‘nlewe teweegge- Wi-Fi “Wanneer jy gratis gebruik, jou oor die Norsa kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. "Verder probeer ons asWi-Fi gesin om soveel is moontbring. het haar genader om die hoof van hul en datamet nie mekaar beskermdeur nie.teKuberkrakers Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting lik kwaliteit-tyd bring,” is haar crèche in Newrest te word. e-posse antwoord. en baksake onderskep, virusse op die internet, sosiale media, e-posse, eenvoudige Haar kundigheid, ondervinding enrekenaars, passie het kan selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
5 Desember 2018
Drakenstein loods stedelike Hugo Rust hou Kerskonsert herlewingsinisiatief Die Drakenstein Munisipaliteit het in 2017 ‘n langtermyn strategiese plan, die Visie 2032, goedgekeur. Volgens hierdie plan het die munisipaliteit sekere strategiese prioriteite om ‘n stad van uitnemendheid binne die volgende 14 jaar te bou, uiteengesit. ‘n Sleutelkenmerk van hierdie plan behels die stedelike herlewing van sentrale besigheidsareas in die Paarl en Wellington. Met hierdie doelwit in gedagte het die munisipaliteit met ‘n reeks inisiatiewe wat die sigbare stedelike herlewing ‘n hupstoot sal gee, begin. Die voordurende kwessie van misdaad, effektiewe wetstoepassing en sosio-ekonomiese ontwikkeling word hierdeur aangespreek. In Augustus 2018 het die Drakenstein Munisipaliteit die Western Cape Economic Development Partnership (WCEDP), onder leiding van Andrew Boraine, wat die suksesvolle herlewing van Kaapstad se sentrale stadsgebied gelei het, aangestel. Die WCEDP sal die munisipaliteit met die implementering van verskeie inisiatiewe wat gedurende die samestelling van die Visie 2032plan geïdentifiseer is, bystaan.
Hierdie inisiatiewe sluit die volgende in: tussenhandel vir ‘n hoofooreenkoms tussen aandeelhouers om saam te werk om gemeenskaplike oplossings te vind om die stedelike herlewingsprojek te dryf; die ontwerp van ‘n onderling verantwoordbare bestuurstruktuur om vennootskapsaktiwiteite in hierdie areas te onderhou; en die versekering dat die relevante rolspelers ooreenkom om ‘n gesamentlike projek-prioriteitslys vir die hede, sowel as die volgende 14 jaar saam te stel. Die Drakenstein Munisipaliteit sal voortgaan om belanghebbende betrokkenheid in die Wellington en Paarl middedorp te verseker. Daar word verwag dat die eerste fase van die projek teen 30 Junie 2019 voltooi sal wees. Die munisipaliteit moedig alle rolspelers in die verskeie areas aan om hulle te kontak indien hulle aan die proses van die gesamentlike implementeringsprojek wil deelneem. Belangstellendes kan Jodi Allemeier by jodi@ wcedp.co.za vir meer inligting kontak.
• Kerke • Churches • Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondagoggende
om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar
Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Dewald Louw sing saam met Hugo Rust se Seniorkoor. Hugo Rust Laerskool het op Vrydag 1 Desember ‘n Kerskonsert by die Linton Park-wynlandgoed gehou. Wellingtonners kon teen die laatmiddag op die groot grasperke van die Landgoed op piekniekkomberse en kampstoele uitspan, terwyl hul na ‘n ongelooflike program met ‘n verskeidenheid optredes kon luister om in die Kersstemming te kom. Die aand is deur Herman le Roux van Linton Park geopen, waarna items van sang, voorlesings en samesang mekaar spontaan gevolg het. Die bekende sanger, Dewald Louw, het as gaskunstenaar by die geleentheid opgetree en Hugo Rust se Seniorkoor het vir talle pragtige vertolkings van Kersliedere gesorg. Anneke Goosen en Carli Louw het gepaste voorlesings gedoen.
Die Seniorkoor se engelstemme het liedere soos Ere aan God, Christmas day is on it’s way, Carol of Hope, Do you hear what I hear en Angels all around oor die grasperke laat opklink. Die gehoor kon met ou bekende liedjies soos O, die goeie tyding, Kom alle getroues en Stille Nag aan die sangfees deelneem. Dewald het met sy vertolkings van Grown-up Christmas list, Mary did you know en Last Christmans bekoor. Een van Hugo Rust se eie onderwyseresse, Ronel Saayman, het ook ‘n paar solo-items gelewer en ook die gewilde Sonneblom uit Bethlehem saam met die skoolkoor gesing. Dit was ‘n heerlike aand van samesang, saamkuier, vreedsaamheid en mooi musiek - net reg om in die regte Kersstemming te kom. -Jaomi Zeeman
NUUS • NEWS
5 Desember 2018
•DEEL VAN WELLINGTON-HART
Museum-gesprek met Joan du Toit •Jaomi Zeeman Die Wellington-museum voer gereeld gesprekke met Wellingtonners wat al lank deel van die dorp se gemeenskap en bedrywighede is. Hierdie gesprekke word dan op video opgeneem en as inligtingstukke van ons dorp se ryke erfenis bewaar. Op Donderdag 28 November is só ‘n gesprek met Joan du Toit by die Museum gevoer. Isadene Pienaar van die Vriende van die Museum het hierdie gesprek geïnisieer. Joan is vir jare al ‘n bekende gesig in Wellington en deel van die dorp se aktiwiteite en stories. Sy het tydens die gesprek, wat deur Isadene, haar man Chris en Christine Siebrits, almal van die Vriende van die Museum, sowel as Olivia le Cordeur, kurator van die museum bygewoon is, meer oor haar geskiedenis en haar verbintenis met ons dorp gedeel. Volgens Joan was dit vir haar wonderlik toe hul in 1963 van Milnerton na Wellington verhuis het. “Hier was so baie kerkbasaars en so baie dinge om te doen!” het sy gesê. Sy het meer oor die destydse bioskoop in Kerkstraat vertel, asook oor die interessante karakters wat die winkeltjies rondom die fliek bedryf het. “Almal het mekaar altyd by die bioskoop gekry. Die een man wat ‘n winkeltjie langs die fliek gehad het, was blykbaar van Rusland. Nadat ek ‘n boek met ‘n Russiese agtergrond gelees het, wou ek by hom daaroor uitvra, maar hy was baie ontsteld,” het sy vertel. Volgens Joan was die munisipale swembad ook ‘n belangrike plek waar die gemeenskap bymekaargekom het. Flappie Lochner se vrou moes destyds haar seun, Pieter, leer swem sodat hy ook veilig by die dorp se swembad kon swem. “My seun kon ook sommer met sy fiets na sy maats wat onder Groenberg geboer het, gery het. Dit is iets waaroor ‘n mens nooit in Milnerton sou droom nie. Die kinders het ook soms by die bure geklop om vir hulle te sing, en dan sommer vir geld gevra!” het sy laggend vertel. Hul huis by Jan van Riebeeckstraat 13 was volgens Joan haar “Ragel”-huis. “Dit was die wonderlikste plek - ‘n Victoriaanse huis, ruim met hoë plafonne. Die kinders het altyd konserte op die groot agterstoep gehou. Die kleiner huis waarheen ek later moes trek, was my ‘Lea’-huis. Ek kon nooit so lief wees vir die nuwe huis as vir die een in Jan van Riebeeckstraat nie,” het sy gesê. Joan het ook interessante stories oor die lewendige sosiale lewe in Wellington vertel. Volgens haar was dit lekker om hier van hul ou studente- en skoolvriende raak te loop en deel van die gemeenskapslewe te wees. “Hier was ook sulke lekker winkels op die dorp. Hier was rokwinkels en mansklerewinkels en ‘n mens het al die eienaars geken. Die eienaars het ook elkeen se styl en smaak geken en
as hulle aankope gedoen het, het hulle dit met spesifieke kliënte in gedagte gedoen. So was daar eenkeer ‘n vrou wat spesiaal Kaap toe gery het om ‘n uitrusting vir ‘n funksie te koop. Toe sy by die funksie opdaag, het iemand anders, wat haar rok sommer in Wellington gekoop het, presies dieselfde rok aangehad!” het sy kleurvol vertel. Christine het Joan oor haar liefde vir lees uitgevra. Volgens Joan is dit iets wat sy al sedert haar kinderjare koester. Hierdie liefde het haar ook interessante ervarings in haar professionele lewe besorg. Sy het onder andere by Athlone Kollege en Girls High skoolgehou. Sy het later ook lank by die Afrikaanse Taalmuseum gewerk. “Ek het elke oggend met ‘n lied in my hart gaan werk,” het sy gesê.
Naalwerkskool skenk handgemaakte komberse
Die I love Sewing-naaldwerkskool het op Donderdag 28 November 45 handgemaakte komberse aan kinders by Ma’s vir Wellington oorhandig. Hierdie skenking is moontlik gemaak deur die naaldwerkskool se Mandela Dag inisiatief wat reeds in Julie afgeskop het. I love Sewing het tydens Mandela Maand ‘n “Sew-a-thon” ten bate van die kinders by Ma’s vir Wellington gehou. Met hierdie inisiatief wou hulle ‘n bydrae tot die gemeenskap lewer deur soveel as moontlik komberse vir die kinders by Ma’s vir Wellington te maak. Alhoewel hulle besef het dat dit nie iets is wat hulle binne ‘n dag sou regkry nie, het hulle die afgelope weke en maande onverpoosd gewerk om hierdie inisiatief gestalte te laat kry. Die lap-skenkings wat hulle tydens Mandela Maand in reaksie op hul versoeke hiervoor op sosiale media ontvang het, is intussen in 45 van die mooiste laslappie-komberse omtower. Die bokse en sakke vol lappe wat hul as skenkings ontvang het, moes sedert Julie in netjiese blokke geknip word, volgens kleur gesorteer word, uitgelê, vasgewerk en tot komberse afgewerk word. Dit was volgens Hestie van Wyk van I love Sewing ‘n reusetaak. “Daar is soveel mense wat ‘n bydrae tot hierdie projek gelewer het en gehelp het om dit moontlik te maak. Buiten die lap-skenkings wat ons ontvang het, het ‘n klomp mense ongelooflik baie van hul tyd afgestaan om hierdie komberse ‘n werklikheid te maak. Iemand het ook al die komberse by ‘n kettingwinkel gaan opkoop om
3
aan ons te skenk vir die agterkante van ons handgemaakte komberse. Party mense het by hul huise hieraan gewerk en ander by ons naaldwerkskool,” het sy gesê. Tydens I love Sewing se naaldwerkskool vir kinders in die Junie-vakansie het leerders wat die kursus bygewoon het ook elkeen ‘n lappie gemaak. Alhoewel hul aanvanklik hierdie lappies in die komberse wou gebruik, het hul uiteindelik besluit om dit in ‘n muurbehangsel vir Ma’s vir Wellington te omskep. “Elke kind het ‘n lapppie met ‘n mooi, inspirerende boodskap op gemaak. Hierdie lappies pryk nou as inspirasie op die muurbehangsel wat ons saam met die laslappiekomberse aan Ma’s vir Wellington geskenk het,” het Hestie verduidelik. Die gelukkige ontvangers van die laslappiekomberse was die leerders van die Juweeltjie-klas by Ma’s vir Wellington. Hulle gaan almal volgende jaar graad R toe. Die kinders was in die wolke oor die pragtige komberse wat hulle ontvang het en het hulself dadelik daarin toegedraai. “Ma’s vir Wellington doen ontsettende belangrike werk in ons gemeenskap. Ons kinders is die toekoms en as ons in hulle belê, sal daar oor ‘n paar jaar goeie vrugte gepluk word. Ons wil sommer nou al wegspring om met die maak van nog komberse te begin sodat ons volgende jaar weer dieselfde vir die Juweeltjie-klas kan doen,” het Hestie gesê.
4
NUUS • NEWS
5 Desember 2018
Laastes kan lekker wees Kinderland-akademie hou sluitingsfunksie
Die jaar is op sy laaste hoepel. Sommiges voel miskien asof hulle op hul laaste bene is en party mense mag selfs voel asof hulle hul laaste asem wil uitblaas. Dit is soms die laaste strooi wat hier aan die einde van die jaar die kameel se rug wil breek. Almal wil op die laaste nippertjie nog ‘n paar dinge afhandel, ‘n laaste eer aan iemand bewys, einde ten laaste met ‘n paar verpligtinge klaarspeel en laaste, maar nie die minste nie, gaan vakansie hou. Wie laaste lag, lag immers die lekkerste. Die laaste deel van ‘n jaar is gewoonlik ‘n tyd vir refleksie, ‘n tyd vir familie, ‘n tyd van besinning en ‘n tyd vir bestekopname. Soms is dit ‘n tyd van dankbaarheid, maar partykeer ook ‘n tyd van hartseer en verlange. Vir die meeste mense is dit ‘n baken - amper soos een bo-op ‘n bergkruin. Hier in Wellington maak mense ‘n groot affêre van die laaste paar weke van die jaar. Daar word dankie gesê, afskeid geneem, erkenning gegee, geskenke uitgedeel en fees gevier. Die Rapportryers het onlangs Wellingtonners wat deur die jaar presteer het en positiewe bydraes tot die gemeenskap gelewer het, met spesiale toekennings tydens ‘n uithaler-geleentheid vereer. Silwerkruin Huis vir Bejaardes het die jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hulle ‘n deftige Kersete gehou het. Die Kermis op Hugenote Laerskool se sportgronde het die einde van die jaar soos ‘n groot partytjie laat voel en oud en jonk van alle spanning en bekommernisse wat die jaar kon meebring, laat vergeet. Die Kinderland Akademie het die werk wat hul die afgelope jaar met die bemagtiging en opleiding van onderwyseresse met ‘n sluitingsfunksie en die toekenning van sertifikate gevier. Die I love Sewing Naaldwerkskool het die gemeenskapsprojek wat hulle gedurende die jaar aangepak het met groot welslae voltooi. Hulle het 45 pragtige handgemaakte laslappiekomberse aan die kinders by Ma’s vir Wellington geskenk. Jong hokkiespelers kon die jaar met ‘n leersame hokkiekliniek afsluit. Hugo Rust Laerskool se pragtige Kerskonsert met hul koor en ander kunstenaars het vir ‘n hoogtepunt op Linton Park Wynlandgoed se grasperke gesorg - iets wat nie net die jaar op ‘n hoë noot afgesluit het nie, maar almal ook in die regte stemming vir die Feesseisoen gebring het. Die spesiale musiekvideo wat van Hugenote Laerskool se kore gemaak is, span die kroon op die harde werk en welslae wat hul hierdie jaar op nasionale vlak behaal het. Charmaine Rhoda se passie vir opvoeding en bemagtiging is iets wat nie met die jare getaan het nie, maar hier aan die einde van die jaar juis sterker brand. Wellington se laastes vir 2018 is voorwaar lekker.Amy Jalapeño het geskryf dat alle laastes die geleentheid bied vir rus en asemhaal, sowel as om te reflekteer op die einde van ‘n reis - alles in die voorbereiding van nóg een. Mag elkeen hierdie week ‘n paar lekker laastes vir 2018 beleef.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Marlea January sing liedjies uit die Liedjies vir Pikkies en Peuters-boek terwyl Ilse Human, hoof van Kinderland Kleuterskool, die boek vir haar vashou. Die Kinderland Akademie, ‘n nie-winsgewende organisasie wat opleiding aan opvoeders vir kleuterskole verskaf, het op Saterdag 1 Desember hul sluitingsfunksie gehou. Hierdie geleentheid het in die kerksaal van die Wellington-Noord gemeente plaasgevind en opvoeders wat tydens die jaar opleiding by Kinderland ontvang het, het sertifikate vir hul welslae ontvang. Die Kinderland Kleuterskool, wat alreeds vir ‘n hele aantal jare ‘n bekende en geliefde heenkome vir ons dorp se kleuters is, het sedert die begin van die jaar met ‘n nuwe been, die Kinderland Akademie, begin. Met hierdie inisiatief het hulle aan die voorpunt van ontwikkelingsprogramme gebly deur daarop te fokus om opvoeders wat in arm woonbuurte by kleuterskole werk, in diens op te lei en toe te rus sodat hulle gehalte opvoeding aan die kinders in hul sorg kan bied. Aangesien die onderwysdepartement nou verwag dat graad R-leerders ook ‘n program volgens die KABV-kurrikulum moet volg, het Kinderland, wat reeds ‘n program in plek het wat aan al hierdie vereistes voldoen, hul kennis en kundigheid hierdie jaar deur die Akademie met ander onderwysers begin deel. Verskeie borge, waaronder die Hanlie Rupert Getuienis Trust en DGB, het dit vir die Akademie moontlik gemaak om die bemagtiging van ander onderwysers moontlik te maak. Tydens die sluitingsfunksie het Ise Human, hoof van die Kinderland Kleuterskool, die gaste verwelkom, waarna Milandre Vlok, een van die fasiliteerders van die Akademie, die verrigting geopen het. “Aan die einde van die jaar voel ‘n mens ‘n bietjie uitasem, asof jou asem op is en jy net ‘n klein kersie sal kan doodblaas. "Dit is nou die tyd om te onthou wat in die Woord staan en te sorg dat ons ‘n bietjie asem skep. Ons moet onsself toelaat om nou goed vir onsself te wees sodat ons die nuwe jaar met genoeg asem om ‘n groot ballon op te blaas, kan begin,” het Milandre gesê. Sy het ook aan elkeen ‘n pakkie met ‘n klein kersie en ‘n ballon as simboliek hiervan gegee. Een van Kinderland Kleuterskool se leerders, die vyfjarige Marlea January, het die gaste met sang vermaak. Sy het verskeie liedjies uit die boek, Liedjies vir Pikkies en Peuters, wat deur mev. Gertie Smit, uitvoerende beampte van die Kinderland Akademie, geskryf is, gesing. Die geleentheidspreker was dr. Johannes Erasmus, ‘n voormalige predikant wat tans met navorsing oor kinderontwikkeling besig is. Hy het die belangrikheid van die invloed wat die insette gedurende ‘n kind se eerste lewensjare het, beklemtoon. “Volgens navorsing is die eerste 2 tot 3 jaar
sedert swangerskap en ‘n kind se geboorte krities en bepalend vir wat later in die kind se persoonlike lewe gaan gebeur. ‘n Kind se brein word deur interaksie met mense gevorm en ontwikkel. Dink net wat die potensiaal hiervan vir jong kinders is,” het dr. Erasmus gesê. Volgens hom speel die mense naaste aan ‘n kind ‘n deurslaggewende rol in die kind se ontwikkeling. Liefdevolle ouers, sowel as ‘n juffrou, kan maak dat ‘n kind suksesvol kan oorleef. “Die hartseer realiteit is egter dat 80% van kinders aan die einde van graad 4 nie verstaan wat hulle lees nie. 33% van kinders in die Wes-Kaap los skool voor matriek. Daarom is julle skooltjies broodnodig en vrek belangrik. Alhoewel die primêre stelsel vir die ontwikkeling van ‘n kind die ouers bly, kan die skool as ‘n sekondêre stelsel ‘n vangnet word waar ouers soms faal,” het dr. Erasmus beklemtoon. Hy het ook die belangrikheid van liefde in die opvoedingsproses benadruk. “Mense het dikwels selfsugtige verwagtinge. Liefde is egter sonder sulke verwagtings en voorwaardes. Hou aan doen wat julle uit liefde vir kinders doen. Ons eer julle vandag vir dit wat julle elke dag met soveel opregte liefde doen,” het Erasmus afgesluit. Tydens die oorhandiging van die sertifikate het onderwysers wat opleiding in die opvoeding van babas (1-2 jaar), van peuters (2-3 jaar), van kleuters (3-4 jaar) en van graad RR-leerders erkenning ontvang. Die sertifikate is deur die fasiliteerders, Ilse Human, Milandre Vlok, Ronell van Tonder en Gertie Smit aan die onderwyseresse oorhandig. Wendy Claasen het die bedankings namens die onderwyseresse gedoen. “Ons het aan die begin van die jaar almal gedink: ‘alweer, nóg ‘n kursus’. Hierdie kursus is egter iets heeltemal anders as waarmee enigeen van ons al ooit te doen gekry het. Ons het baie goeie goed hier gekry en is oneindig dankbaar vir wat die Kinderland Akademie gedoen het om ons beter toe te rus en ons te bemagtig om die beste vir ons kinders te gee en te doen,” het sy gesê. Tydens sy bedankings het dr. Thys Smith, voorsitter van die Akademie se direksie, die onderwyseresse gelukgewens en bedank. “Julle is ‘n droom wat waar geword het. Julle is die eerste groep wat Kinderland Akademie op hierdie manier kon bemagtig. "Julle sertifikate is ‘n droom wat waar geword het. Daar het in 2018 onverdiende seën op Kinderland neergereën,” het hy dankbaar gesê. Die oggend is met ‘n heerlike geselligheid rondom eet- en drinkgoed afgesluit. Die Kinderland Akademie het ook die onderwyseresse se inskrywings vir 2019, met die voortsetting van die opleiding, bevestig.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
NUUS • NEWS
5
01
Re
0 0 0 7 1
tu
*2
7
dy
5 Desember 2018
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
OVER
SHOPPERS
N O W Y D A E R L A HAVE THEIR SHOPPING
2
Win your shopping Promotion is valid from 26 Nov – 30 Dec 2018. R50 minimum spend. For more info, go to www.picknpay.co.za. Ts & Cs apply. E&OE.
S TORE . E VE Y R E V E . S R E P P O H S
RY DAY.
QUEENSBURGH MENLYN MAINE
GLENGARRY MAYFIEL
CARLTON CENT
D
KROONS
RE
TAD
RE
KENSINGTON
ILANGA
Y IS W TH E W H O LE C O U N TR
IN N IN G
MALL @ LEBO
QUEENSBURGH
CAPE TOWN CAROLS AT
Kirstenbosch
39
R
99
Rotary
Hosted by the Club of Kirstenbosch
SAVE R19
PnP Large All Grain Eggs 18 + 6 FREE Per Pack
NOW ONLY
54
R
99
no name™ Frozen Chicken Braaipack with Brine-Based Mixture 2kg
SAVE R11
Tickets and delicious, pre-packed Pick n Pay picnics available at webtickets.co.za.
ANY 2 R
34
69
R
90
Jacobs Krönung Instant Coffee Assorted 200g Jar or 250g Refill Pack (Excluding Decaf) Each
99
99
SAVE R6
Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
29
R
SAVE R8
Yum Yum Peanut Butter Assorted 400g Jar or Box of Sachets 15s Each
99
SAVE R7
Sunlight Dishwashing Liquid 750ml and Laundry Bar 500g Combo Pack
Per kg
SAVE R20
49
PnP Bulk T-Bone and Club Steak
R
90
9
R
99
Sasko More Slices Brown Bread 700g
16
R
99
SAVE R3
Coca-Cola Regular 2 Litre
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 6 - 9 DECEMBER 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE
99
R
SAVE R17
Bokomo Weet-Bix 1.35kg
Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.
15
R
SAVE R40
21
R
79
13-16 DEC 2018
Gates open at 18h00 with Pick n Pay’s festive pop-up stalls offering food, gifts and decor. Carols start at 19h45.
no name™ Frozen Mixed Vegetables or Straight Cut Frying Potato Chips 1kg
99
ALEX MALL
QUEENSBURGH
MOKOPANE
2kg
R
UA MAYFIELD SQ
SAVE R49
Bobtail Dry Dog Food Assorted 5.5-8kg Each
VALID 6 - 9 DECEMBER 2018 MMWCHS2673_COPPERFIELDSTUDIOS_W40
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
5 Desember 2018
NUUS • NEWS
Museum-fotokompetisie: Sy was vir jare betrokke by die Taalmuseum in die Paarl. Sy het al 'n ontelbare aantal boeke gelees. Sy woon tans in Silwerkruin. Wie is sy? Stuur jou antwoord na shandre@telkomsa.net of skakel Wellington-museum by 0218734710 of besoek die Museum en handig jou antwoord daar in. Die antwoord van die vorige foto is Eerwaarde JMN Breedt.
Groot pret by Hugenote Laer se kermis
Talle Wellingtonners het op Saterdag 1 Desember na die kermis op Hugenote Laerskool se sportgronde gestroom. Talle opwindende mallemeule-ritte, springkastele en stalletjies het die velde, waar daar gewoonlik hokkie of rugby gespeel en atletiek geoefen word, in ‘n hutspot van adrenalien en feestelikheid omtower. Ongekende vermaak, interessante aktiwiteite, groot opwinding en ongelooflike verto-
nings het vir ‘n onvergeetlike dag van groot pret gesorg. Oud en jonk het aan die lekkernye by die talle kosstalletjies weggelê en voortydig Kersinkopies by die ander stalletjie gedoen. Die lang rye by die verskillende mallemeule-ritte het van talle se waagmoed en lus vir pret getuig. Kinders het lustig aan die slym-maak en vang-‘n-trol-en-wen aktiwiteite deelgeneem terwyl hul tussendeur ponieritte onderneem, hul
skyfskiet-vernuf getoets en paint ball gespeel het. ‘n Hondevertoning en ‘n kulkunstenaar met talle kunsies en kwinkslae het vir ekstra vermaak gesorg. Die reptielvertoning het oud en jonk in verwondering laat ril vir dié diere se interessante voorkoms en gewoontes. “Dit voel nie of ek by ‘n skoolveld is nie, dit voel of ek al met vakansie is,” het een van die entoesiastiese kinders na ‘n rit op die swaaie laat hoor.
NUUS • NEWS
7
5 Desember 2018
Jean Oosthuizen se boek op Somerpret op Wellington Wellington bekendgestel As daar hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie gery moet word, hoef Wellingtonners gelukkig nie in sak en as te sit nie. Ons pragtige dorp met sy mooi berge, skilderagtige wingerde en asemrowende natuurtonele bied wonderlike kos- en wynervarings, sowel as talle familie-vriendelike aktiwiteite. Die koms van die somer beteken dat dit tyd is om die buitelug en die prag van die Kaapse Wynlande te geniet. Staproetes, voël- en wildbesigtiging, sowel as bergfiets- en 4x4-roetes is maar ‘n paar van die buitelugaktiwiteite wat in die bergagtige en pragtige omgewing rondom Wellington geniet kan word. Die natuurskoon kan ook deur buitelug-pieknieks en -etes geniet word om vir ‘n onvergeetlike vakansie-ervaring te sorg. Die Winelands Meander webtuiste (http:// www.winelandsmeander.org.za) is ‘n gerieflike manier om die omgewing te verken en meer oor die verskillende roetes, plekke en aktiwiteite in en om ons dorp te wete te kom. Wellington bied vyf verskillende roetes op die Meander, sowel as sy eie erfenisroete en ‘n wyn-en-eet roete. Die Bo-Vallei Roete is teen die voet van die Bainskloofpas genestel en bied wonderlike wynkelders, restaurant en talle buitelug-aktiwiteite, insluitend staproetes en bergfietsroetes, aan. Die Village Roete verken weer die ryk geskie-
Links: Jacques Steenkamp en Jean Oosthuizen na afloop van die bespreking. •Jaomi Zeeman Jean Oosthuizen, voormalige nuusredakteur van die Kerkbode, se nuwe boek, Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, is op Donderdag 22 November by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater bekendgestel. Hierdie bekendstelling is deur die Breytenbach-boekklub georganiseer. Talle belangstellendes, waaronder plaaslike leeraars, het die bekendstelling bygewoon. Oosthuizen is ook ‘n oud-Wellingtonner wat bykans 10 jaar lank tydens sy amp as nuusredakteur van die Kerkbode in ons dorp woonagtig was. Jacques Steenkamp, ‘n voormalige NG-predikant van Stellenbosch, het tydens die bekendstelling met Jean oor sy nuwe boek gesels. Jacques het die gesprek heel gepas met ‘n aanhaling uit een van Breyten Breytenbach se gedigte, wat ook as deel van die inleiding van die boek vervat is, geopen. “Mag die bome groen bly en die sterre wit, en mag daar altyd mense wees wat mekaar sonder skaamte in die oë kan kyk want die lewe is ‘n asem lank en die sterre op die Anderplek donker -“ (Uit: “26 November 1975”, Ysterkoei-blues) “Waarom hierdie aanhaling aan die begin van die boek en hoekom het jy die boek geskry?” het hy aan Oosthuizen gevra. Volgens Jean het hy die boek in opdrag van Penguin Random House Uitgewers, wat hom gevra het om die boek te skryf, geskryf. “Die titel van die boek is ook as werkstitel deur die uitgewers aan my gegee. Die ‘opkoms’ in die titel verwys na die invloed wat die NG Kerk oor die jare op politieke gebied in ons land gehad het. Die ‘ondergang’ verwys na hoe hulle hul mag op politieke, maar ook op leerstellinge gebied, verloor het,” het hy verduidelik. Jacques het Oosthuizen gepols oor waar hy dink dié boek in die boekwinkel hoort. Alhoewel Oosthuizen aangedui het dat dit waarskynlik in die nie-fiksie en aktuele sake afdeling hoort, het Jacques daarop gesinspeel dat dit waarskynlik outobiografies van aard is. “Dit ís mý storie. Dalk is dit biografies? Die boek is uit my oogpunt, met my gewaarwordinge en die ondervinding wat ek in die binnekringe van die NG Kerk gehad het, geskryf,” het Oosthuizen gesê. Jacques het ook na die “waarskuwing” wat in die Woordfees se program betreffende die bespreking van die boek tydens dié fees geplaas het verwys. “Die Woordfeesprogram dui aan dat die bespreking nie vir ‘bleeksiele’ en ‘sensitiewe’ mense is nie. Hoe voel jy oor die sensitiwiteit wat daar jeens die boek heers en die kritiek wat jy uit sommige geledere daaroor kry? Hoe verryk jy en bewerkstellig jy ‘n oop gesprek met sogenaamde ‘verkramptes’?” het Jacques gevra.
“Ek kan met mense wat nié met my saamstem nie, ‘n gesprek voer - solank ‘n mens altyd die mens agter die mening kan raaksien. As ‘n mens nie eers iemand in die oë kan kyk nie en hom kritiseer, nou ja. Dit het met die aanhaling van Breyten voor in die boek te make,” het hy geantwoord. Jacques het ook na die sogenaamde “Woordfees-debakel” van 2013, waar ‘n gespreksreeks deur Die Kerkbode geborg sou word, dié publikasie toe hul borgskap onttrek het en Jean Oosthuizen summier in die pad gesteek het, verwys. Volgens Oosthuizen het Bybelmedia en die NG Kerk met hierdie debakel die “wreedheid” wat hy in sy lang loopbaan as politieke joernalis waargeneem het, “oorskry”. Oosthuizen is ook van mening dat die probleem van die NG Kerk moontlik in sy leierskap gesetel lê. “’n Klein groepie mense regeer die hele organisasie met ‘n ysterhand. Dit is spesifiek ook by die Kerkbode die geval. ‘n Klein groepie magspelers oefen ‘n amperse staatsgreep op die redaksie uit en beperk die vryheid en geleenthede vir oop gesprekke op hierdie manier,” het hy gesê. Jean het ook oor die verskillende karakters of persone wat in sy boek ter sprake kom, gepraat. Vir sommiges het hy groot agting en ander het hom diep teleurgestel. Jacques het Jean gepols oor waarmee hy dink die kerk besig is en nié besig is nie. “Ek dink die kerk is besig met ‘n magspel. Waarmee moet hulle besig wees? Miskien moet hulle hul beheptheid met mag, sowel as die dogma, laat vaar. Jesus se boodskap kan vir almal iets beteken. "Dalk het Willie Esterhuizen ‘n punt beetgehad toe hy gesê het dat die kerk daardie ding is waarteen Jesus ons gewaarsku het,” het Jean laat hoor. Volgens hom sluit die kerk mense te maklik uit, in plaas van om inklusief te wees. “As jy nie glo soos wat daar binne die geskepte raamwerk verwag word nie, is jy uit. Georganiseerde godsdiens boer moontlik as gevolg hiervan agteruit,” was Jean se mening. Op ‘n vraag of daar darem nog iets moois en goed in die kerk is, het Jean positief geantwoord. “Daar is nog baie goeie goed wat op gemeentvlak in die kerk gebeur en dit is hierdie dinge wat die kerk veronderstel is om te doen. Die temas wat ongelukkig soms meer aandag geniet, soos die leiding van die Gees, gays, die wetenskap en skrifgesag, oorskadu partykeer die goeie dinge. Die groot olifant in die vertrek is natuurlik myns insiens skrifgesag. Hoe mense die Bybel lees en vertolk veroorsaak probleme. Wat as letterlik en wat as figuurlik verstaan moet word, plaas die kerk in ‘n catch 22. Dogma en konserwatiewe, funtamentalistiese lidmate maak dinge ook nie makliker nie,” het hy gesê. Op ‘n vraag uit die gehoor oor waarom hy juis die NG Kerk in sy boek bespreek, het Jean geantwoord dat dít die kerk is wat hy die beste ken en waarvan hy vir ‘n ruk lank in die binnekringe beweeg het.
denis en diverse argitektuur van ons dorp, sowel as verskeie winkels en eetplekke. Mense wat die Off-the-beaten Track Roete aan die buitewyke van Wellington volg, sal die geleentheid kry om naby die natuur te kom by ‘n wildsplaas en gasteplase, óf die enigste kommersiële whiskey distilleringsaanleg in die land kan besoek. Die Horseshoe and Beyond Roete sal mense aan die eklektiese vermenging van bekende wynkelders, ‘n landelike landgoed-leefstyl, perdry en selfs ‘n boegoe-plantasie bekendstel. Die Bainskloofpas Roete beslaan pragtige natuurtonele met wyn- en brandewynproeë en wonderlike restaurant. Die pas self is ‘n nasionale monument en bied pragtige uitsigte, inheemse fauna en flora, helder bergpoele, kampeerterreine en staproetes. Talle kindervriendelike plekke maak spesiaal vir kinders voorsiening met heerlike spyskaarte, spesiale speelareas en prettige aktiwiteite. Vir meer inligting kan belangstellendes www. wellington.co.za, of die Wellington Inligtingskantoor in die Hoofstraat besoek. Vir gereelde opgedateerde inligting kan die facebook-blad, https://www.facebook.com/pg/visitwellingtonZA/events/, besoek word. Daar is ook ‘n spesiale navigasie-toep wat vir VisitWellington op ‘n foon se “app store” afgelaai kan word.
8
courant
dié
5 Desember 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
5 Desember 2018
Rapportryers vereer Wellingtonners Wellington se Rapportryerskorps het op Woensdag 27 November ‘n Meriete-toekenningsaand by Up the Alley gehou. Tydens hierdie geleentheid het hul drie Wellingtonners vir hul bydraes op verskeie terreine vereer. Willem Liebenberg, voorsitter van die plaaslike Rapportryers, het tydens sy verwelkomingstoespraak die belangrikheid van erkenning aan mense wat ‘n positiewe bydrae in die gemeenskap lewer, beklemtoon. Die toekennings is aan Leana Engelbrecht van Hugenote Laerskool, Janet Myburgh van die ACVV Dienssentrum en Olivia le Cordeur van die Wellington-museum gemaak. Koos le Roux het die motivering vir die toekenning, wat deur Johan Rademeyer geskryf is, voorgehou. Janet, wat aan die einde van hierdie jaar aftree, is vir haar jarelange diens en bydrae by die ACVV Dienssentrum vereer. Volgens die motivering het sy ‘n besondere, onvergeetlike bydrae by dié sentrum gelewer. “Janet was die een persoon wat as anker in die proses van herstrukturereing by die Sentrum gedien het. Die uitdagings was legio, maar telkens het sy met haar kalm, natuurlik rustige houding die leisels ‘n bietjie stywer getrek en al die ‘weerbarstiges’ in ‘n rigting gestuur wat altyd tot voordeel van die groter geheel was. Sy het nooit in die tou gestaan om op die skouer geklop te word nie, nooit ‘n wenkbrou gelig nie en sy was altyd gereed met ‘n bietjie opbeur waar nodig en altyd gereed met ‘n glimlag,” het Koos gesê. Janet se administratiewe vermoë, sowel as haar presisie en stiptelikheid, was volgens die motivering ook bates wat die Dienssentrum se werksaamhede versterk het.
Haar spesiale vermoë om met mense te werk, het verder tot die sukses van die sentrum bygedra. “Janet kon elke lid van die Dienssentrum se stem oor die telefoon identifiseer en sommer ook dadelik weet of sy die oggend met ‘n gousblom of ‘n donderwolk te doen het. Met haar droë sin vir humor het sy menigeen laat skater en so ‘n reuse-verskil aan ander mense se lewens gemaak. "Sy het deur die jare ‘n groot netwerk van persone en instansies opgebou op wie se nommer sy kon druk om oor ‘n wye spektrum waarde tot die sentrum toe te voeg. Dit het gewissel van mediese sorg, finansies, sport en sommer net aanbieding van interessante aktiwiteite. Die uitstappies wat sy vir lede van die sentrum gereël het, sowel as die etes wat lede daar kon kry, het talle mense se lewens verryk. Sy het die Dienssentrum werklik tot ‘n veel hoër vlak as die aanvaarde norm geneem. Sy verdien dus om ‘n oorkonde van die Rapportryers te ontvang vir haar onskatbare diens en volgehoue toewyding,” het die motivering gelui. “Dit was vir my ‘n eer om elke oggend op te staan en uit te sien na my werk. Dan weet ‘n mens dat dit nie ‘n werk is nie, maar iets wat in jou hart brand,” het Janet met die ontvangs van haar toekenning gesê. Heinrich Gabler, ‘n onderwyser by Hugenote Laerskool en Mnr. SA-finalis, het die motivering vir die toekenning aan Leana Engelbrecht voorgehou. Sy en die skool is vir hul prestasies by die Sing in Harmonie koorkompetisie, waar hulle as die landswye kampioene gekroon is, vereer. “Dit is vir my ‘n groot voorreg om die motivering vir juffrou Leana se toekenning te doen. Ek
Bo: Willem Liebenberg van die Wellington Rapportryers saam met die wenners van die toekennings. Hulle is Olivia le Cordeur, Leana Engelbrecht en Janet Myburgh. "Na meer as 10 jaar in hierdie pos is dit haas was as laerskoolseun self in haar klas en sy het onmoontlik om die museum sonder hierdie my in liefde toegevou. "Vandag is ons kollegas en ek kan net getuig verfynde en bekwame vrou voor te stel. Sy het van haar ongelooflike liefde vir kinders en ‘n nuwe era ingelui wat die breër gemeenskap musiek. Buiten haar puik akademiese werk, wy kon betrek en sodoende ons museum meer toesy elke moontlike ekstra uur aan die skoolkore en ganklik vir al ons mense kon maak,” het Christine musiek. Dit is ongelooflik om die nommer 1 koor gesê. Sy het ook Olivia se reuse-aandeel in die in die land te wees en dit is die beloning op al haar harde werk, haar kundigheid en die passie optekening van die verhale van die mense wat vir wat sy doen. Sy is ‘n supervrou wat deur die deur gedwonge verskuiwings in die dorp geraak skool, die kinders, die gemeenskap en haar kolle- is, beklemtoon. Haar betrokkenheid by diens aan die gemeengas waardeer word,” het Heinrich gesê. Christine Siebrits het die motivering vir skap, die manier waarop sy die skole by die Olivia le Cordeur se toekenning voorgehou. museum betrokke gekry het, die wyse waarop Olivia se lang verbintenis met Wellington en sy besoekers se ervaring by die museum positief haar liefde vir die dorp en sy mense, sowel as maak, haar betrokkenheid by die opgradering haar bekwaamheid as kurator van die plaaslike van die museum en hul uitstallings, sowel as museum, het haar ‘n geskikte kandidaat vir die haar betrokkenheid by gemeenskapsgebeure en -instansies soos die Stasiefees, die Winnie Rust toekenning gemaak. “Sy is ‘n Wellingtonner in murg en been. Sy Toekenning en die ATKV, is alles in die motivering het hier grootgeword en skoolgegaan en is in vir haar toekenning vervat. Na afloop van die toekennings kon gaste 2008 as die nuwe kurator van die museum aanheerlik saam eet en kuier. gestel.