courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
5 Desember 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 498
5 Desember 2018
•SKOONHEDE NEEM INTERNASIONAAL DEEL
Warrelwind-kind met hart vir mense •Madi Pieterse Twee Weskus-skoonhede neem volgende week aan die Hope International-kompetisie deel wat by die V&A Waterfront in Kaapstad aangebied word. Anita Senekal van Saldanha is al ‘n ou-bekende by sulke kompetisies. Die elfjarige Fatima Lee van Langebaan het onlangs maar eers dié wêreld betree, maar het reeds die aandag van bekendes in hierdie kringe getrek. Fatima is onlangs aangewys as Teen West Coast Langebaan en haar liefdadigheidswerk, wat sy met groot entoesiasme behartig, werp alreeds vrugte af. Hope International is ‘n Christengebaseerde kompetisie wat van deelnemers verwag om liefdadigheids- en opheffingswerk in hulle onderskeie gemeenskappe te doen om sodoende mense se lewens te help verbeter. Kompetisies word beoordeel meer op wat deelnemers doen in hulle gemeenskappe as op hul uiterlike skoonheid. Anita se jarelange betrokkenheid by skoonheidskompetisies het meegebring dat sy al verskeie aspirant modelle en skoonhede onder haar vlerk geneem het op verskillende dorpe waar sy saam met haar gesin gewoon het en hulle touwys gemaak in hierdie uiters mededingende wêreld en bewus te wees van slaggate, maar ook die satisfaksie wat daaruit verkry kan word. Anita is ‘n gebore Namibiër en het as kaalvoetkind in die stofdorpie Marienthal grootgeword, ‘n skaam, teruggetrokke kind met geen selfvertroue nie wat selfs nie eers mondeling kon doen nie! Dit is wêrelde verwyder van vandag se warrelwindkind wat aanhoudend babbel, dinge organiseer, liefdadigheidswerk doen en vroue van alle ouderdomsgroepe motiveer en inspireer om ‘n verskil te kan maak daar waar hulle elke dag beweeg. En dat dit nie die uiterlike is wat die persoon definieër nie, maar dit wat van binne kom, liefde en omgee vir mense in die gemeenskap. Anita se lewe het ‘n paar draaie geloop voordat sy vandag se mylpale bereik het. Toe sy in graad 3 was, het haar ouers die eenvoud van Marienthal agtergelaat en Kaapstad toe getrek, ‘n baie traumatiese ervaring vir die jonge Anita. Hier het almal gekompeteer: die een wou mooier wees as die ander, mooier aantrek, vin-
Sporthelde deur raad vereer
niger hardloop, die slimste wees. Die groot wanpersepsie dat wanneer jy maer is, jy mooi is, het in haar kop posgevat. Anita het anoreksia gekry. Soos die meeste anoreksielyers, wat meesters in die kuns is om hulle siekte te verbloem, het oorgroot klere vir baie lank haar geheim verbloem. Vandag glo sy dat ‘n spinnekop destyds haar lewe gered het. Sy moes in die hospitaal opgeneem word nadat dit haar gebyt het en haar anoreksia-geheim was uit! Haar prognose was sleg, maar met God se Genade is haar lewe gespaar en het sy ‘n tweede kans gekry. Klaar met skool en kort nadat sy begin werk het, het Anita se pad op die strand gekruis met die fotograaf Tony Wannenburg, wat juis besig was met ‘n fotosessie. Met die goedkeuring van haar ouers het Anita die stap geneem en haar eerste voorbladfoto het kort daarna op Landbouweekblad gepryk! Onder Tony se leiding het Anita die bedryf betree: fotosessies, modelwerk, aktrise wees, radiowerk. Hy het haar etiket geleer, hoe om
Nuwe staproetes vir Porterville
haarself te handhaaf. En dat dit nooit ooit die moeite werd is om jou waardes prys te gee vir geld nie. Die eerste skoonheidskompetisie waaraan sy deelgeneem het, was ‘n Mej Bene-kompetisie in Worcester, wat sy gewen het! Dit was die eerste van vele kompetisies. En sy geniet dit terdeë! Alhoewel die fokus van die kompetisies waaraan Anita deelneem, geskuif het na meer liefdadigheids-georiënteer, bly elkeen vir haar ‘n uitdaging. Sy moedig haar modelle van West Coast Pagaents & Events aan om vir soveel moontlik kompetisies in te skryf, dit te geniet en ondervinding op te doen en leer hulle die waardevolle lesse wat Tony haar geleer het. Dat mooiwees iets is wat van binne kom en nie dit is wat met die oog gesien kan word nie. Die kompetisie waaraan Anita en Fatima gaan deelneem, is van 11 - 15 Desember en ander deelnemende lande is onder andere Japan, Venesië, Namibië en die Filipyne.
Christmas comes early for schools
NUUS • NEWS