499 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

12 Desember 2018

89.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 499

12 Desember 2018

Feesgety skop af

Die NG Moedergemeente van Malmesbury het hul jaarlikse Kersspel in die kerk opgevoer. Die liedere en beeld wat uitgebeeld is, het die Kersgevoel onder kerkgangers laat posvat.

•SONDEZA-JEUGKAMP SKOP AF OP GANZEKRAAL

'Raak lewens aan' Die Sondeza-leierskapkamp het verlede week vir die 15de keer op Ganzekraal-vakansieoord langs die Weskus afgeskop waartydens 90 leerders ‘n geleentheid kry om die toekoms ná skool met kaal vuiste aan te pak. Die Sondeza Afri-Jeugkamp, aangebied deur die Swartland Munisipaliteit , in samewerking met Weskus Distriksmunisipaliteit, Absa Bank en die plaaslike regering, huisves vanjaar 60 SuidAfrikaners en 30 internasionale studente. Tydens die kamp word ‘n geleentheid aangebied vir die Suid-Afrikaanse leerders om in aanmerking te kom vir die Sondeza/Absa studiebeurs. Dit is ‘n volle studiebeurs wat ABSA Bank vir leerders gee wat die kamp bywoon. Daar word altesaam vyf beurse per jaar ná afloop van die kamp en onderhewig aan sekere kriteria toegeken, wat op sigself ‘n groot voorreg is. “As ‘n leerder die kamp bygewoon het en hy of sy oor drie of selfs vyf jaar wil studeer, kan hulle nog steeds in aanmerking kom vir die beurs,” verduidelik Ilse Loock, die koördineerder van die kamp. Leerders aan die Weskus word jaarliks aangemoedig om vir die kamp in te skryf. Die aansoeke word oorweeg en uiteindelik gekeur. Internasionale leerders word op hul beurt na die kamp genooi. Uitgebreide kontak is intussen met Duitsland gebou. Die leerders wat vanjaar die geleentheid van Taiwan bywoon, is deur die ambassade in Kaapstad gewerf. Daar is vanjaar ook leerders van Namibië en Rusland. Die tema vir vanjaar se kamp is, Touching Lives. De motiveringspreker gedurende die openingsaand was Adele Grosse van Proud 2Bme wat op haar beurt die tema, It starts with me, bygevoeg het,”. Die tema word deurlopend

Bo: Die kamp is deur burgemeester Tijmen van Essen (tweede van links) geopen. Regs: Die groep Suid-Afrikaners op die kamp is oorgehaal vir die ervaring wat op hulle wag. vir die volgende nege dae, wat die duur van die kamp is, gebruik. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling het vanjaar ook die leerders verwelkom deur ‘n toespraak te lewer. Volgens hom moet die kamp benut word om verhoudinge oor grense te bou, uitdagings in gemeenskappe in die gesig te staar, geleenthede deur ervaring en vaardighede te skep en die jeug te bewerkstellig om effektief in ‘n groep te werk. Daar is al altesaam 1 266 kinders wat die kamp sedert die begin bygewoon het.

Die geheim tot die sukses van die kamp is toewyding deur die plaaslike munisipaliteit,” sê Loock. Sy voeg by dat die samewerking deur die munisipale bestuurder en die plaaslike burgemeester en hul geloof in die program, ‘n groot bydrae lewer tot die volhoubaarheid daarvan.” Die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, is boonop die beskermheer van die kamp, voeg sy by. Volgens haar is die terugvoering van die leerders en die resultate ná die kamp, ook ‘n goeie aanduiding dat dit ‘n groot sukses is.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.