499 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

12 Desember 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 499

12 Desember 2018

•PIKETBERGER IN OUBOET EN WORS TE SIEN

Eldon raak Elvis •Charlotte Lesch Eldon van der Merwe, boorling van Piketberg, het op die ouderdom van 24 reeds bewys dat hy ‘n talent het wanneer dit by toneelspel kom. Hy doen dit wéér voor die skerms. Dié keer as Elvis Prinsloo (links agter op foto) in die treffer komedie, Ouboet en Wors waar hy die rol van Ouboet, (Frank Opperman) se vakleerling vertolk. Van der Merwe wat al op die planke in die teater, op die kassie in televisieproduksies en die silwerdoek in films te sien was, beskryf sy rol as Elvis as ‘n groot geleentheid wat hy met ope arms aangegryp het. Willie Esterhuizen, die regiseur van Ouboet en Wors, het reeds Van der Merwe se talente voor die kameras raakgesien toe hy gekies is vir die rol as Spyker Lamoer in die Suid-Afrikaanse komedie, Koelpixels in 2015, kort nádat hy sy studies voltooi het. Esterhuizen het hom aan die begin van die jaar gebel om te hoor of hy sou belangstel in die rol van Elvis. “Ek kon nie glo dat hy my genader het vir die rol nie en sonder om te huiwer het ek ingestem vir die geleentheid en dis tóé dat ek my metaforiese sokkies begin optrek het vir die rol.” Van der Merwe beskryf die eerste dag op stel as angswekkend. “Ek het amper nie ‘n woord uitgekry tussen legendes soos Frank Opperman en Liz Meiring nie, maar hulle het my gou laat tuis voel en kort voor lank is ons soos ou vriende en kollegas,” vertel hy opgewonde. Komedie beskryf hy as ‘n groot uitdaging, veral omdat dit nie voor ‘n gehoor plaasvind nie. Hy geniet dit steeds en leer elke dag iets nuuts. Van der Merwe se pa en twee broers is ongelooflik trots op hom en ondersteun en motiveer hom voluit in al sy doelwitte waarvoor hy baie dankbaar is. Hy keer gereeld

terug huis toe waar die dorpenaars hom steeds soos en van hulle behandel. Sy eerste bekendstelling aan die vermaaklikheidswêreld het reeds op die ouderdom van 12 gebeur toe hy in Hoërskool Piketberg was. Dít is ook waar sy liefde vir die bedryf begin het. Sy afrikaanse onderwyseres het gehoor van oudisies vir die verhoogproduksie, Fiela se kind en hom daarvoor gestuur. Nie lank daarna nie ontvang sy skool ‘n oproep wat bevestig dat hy die rol van Tollie Komoetie losgeslaan het. Dit was nie net enige verhoogproduksie nie, maar ‘n Lefra-produksie met Sandra Prinsloo as regisseur wat tussen 2007 en 2008 by die Artscape, die Staatsteater, City Carnival en verskeie kunstefeeste te sien was. Hy ontvang kort daarna cum laude vir sy deelname in beide Citrusdal én Wes-Boland se eisteddfod tot sy laaste jaar in skool. Dit is tydens sy skooljare wat sy talent as ‘n begaafde akteur reeds deur talle raakgesien is. Sóveel so dat hy reeds in Gr. 7 as die beste junior akteur in die Boland genomineer is. Ná matriek in 2012, verlaat hy Piketberg vir ‘n loopbaan in die vermaaklikheidswêreld. Drie jaar later voltooi hy sy Btec-diploma in toneelspel en drama, aangebied deur Edexcel London by Northlink College in die noordelike voorstede. Gedurende dié tyd vertolk hy die rol as Berger in

die musiekteaterproduksie, Hair wat by die SuidOosterfees in 2013 te sien was. Hy het ook een van die hoofrolle as Ché Guevara in Evita vertolk. Dié kursus slaag hy boonop met agt onderskeidings. Van der Merwe is aan die einde van sy studies in 2014 as die beste manlike vertoner deur Edexcel London aangewys. Hy skop sy loopbaan in die grootmenswêreld af met ‘n industriële teater produksie. Dit is in dié selfde jaar wat hy die rol as Spyker Lamoer losgeslaan het. Van der Merwe word toe gekies vir ‘n Afrikaanse Musiekblyspel, bekend as Die Sideboard wat tussen 2015 en 2016 by verskeie feeste, insluitend die Woordfees te sien was. Hy sien toe ‘n geleentheid raak om by opvoedkundige teater betrokke te raak wat onder meer die Sektrum Kinderteater insluit. Hy is mal daaroor om die liefde vir teater by jong kinderharte te kweek. Verlede jaar is van der Merwe deur ‘n Internasionale Industriële-teatermaatskappy raakgesien en opgeraap. Vóór Ouboet en Wors, was hy ook te sien as Jamiel in Sara se Geheim. "My volgende projek is ‘n verhoogproduksie by US Woordfees in Maart, maar ek sal graag binne die volgende paar jaar by n sepie wou aansluit." Daar bestaan nie ‘n stokperdjie vir hom wat hy nie voor toeskouers uitleef nie, behalwe vir tuinmaak. Sy ander passie in die lewe is musiek. Hy kan onder meer sing, die klarinet speel, asook die klavier én die orrel. Hy wil graag nog eendag sy eie musiek skryf én sy eie tuin ontwerp. Dit is nou maar eens ‘n feit soos ‘n koei - Van der Merwe het talent wat ons nog vir baie jare gaan vermaak en bekoor.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
499 dié courant Weskus en Bergrivier by DieCourant - Issuu